Gawes uit die Hemel (Uittreksels)
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 1

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26.

GAWES UIT DIE HEMEL (slegs uittreksels)
Vertaal vanaf die oorspronklike Duits soos gepubliseer op die CD uitgawe 2000, deur Disk-plus-Buch Verlag, van G Gutemann. Die vertaling is gedoen deur AK Hoffmann in 2002)
“Vader” en “Seun”
GAWES UIT DIE HEMEL - BOEK 2 - Geopenbaar aan Jakob Lorber op 9 April 1842
00] Die eerste Brief Johannes 2de hoofstuk, vers 23: “Elkeen wat die Seun loën, het ook nie die Vader nie; wie die Seun bely, die het ook die Vader!”
01] Indien iemand `n maagd uitgekies het en hy verwag liefde van haar, maar sê terselfdertyd vir haar in haar gesig: “Jy het geen hart nie!” - aangesien hy dit vir haar sê en nooit wil toegee dat sy `n hart het nie - hoe kan die dwaas dan van haar verwag dat sy vir hom moet liefhê? - Verstaan julle dit? - Of kan daar iemand op `n ander manier by die liefde uitkom behalwe deur die hart, wat alleenlik die woonhuis van die liefde is?
02] Of indien iemand by `n plek wil uitkom, maar hy loën die pad daarheen - hoe sal hy sonder pad kan loop? - En wanneer julle vir iemand sê: “Kyk, indien jy dan die gemaakte pad ontken, loop dan oor die vlaktes, velde, grasperke en landerye!” Maar die ander een antwoord jou: “Ook dit bestaan nie, maar net `n ondeurgrondbare meer!” Sê dan net, hoe sal hy by die plek kan kom? - En indien die leier vir hom sê: “Indien jy dan niks behalwe `n klomp mere sien nie, klim dan in `n boot en laat die wind jou daarheen dra en stu!” Maar die ander een loën ook die skip. Sê net, hoe sal hy by die plek kan uitkom? Of hoe wil iemand by iemand uitkom en iets van hom hê, indien hy die werklike, wesenlike bestaan van die persoon ontken? - Kortom, en genoeg gelykenisse!
03] Maar hoe kan iemand na die Vader kom en terselfdertyd die Seun loën deur Hom, wat die wesenlikheid van die Vader Self is, nie aan te neem nie - terwyl die Seun en Vader tog volkome een is soos die hart en die liefde in die hart, of soos `n mens en sy lewe, of soos die lig en die warmte, of soos `n oord en enige moontlike pad daarheen. 
04] Maar wanneer die “Seun” dus die eintlike werklike wesenlikheid van die “Vader” en die magtige houer is waarin die “Vader”, of die “Ewige Liefde en Wysheid”, (waaronder verstaan moet word die allerhoogste “Volheid van die Godheid”) woon - hoe kan iemand dan na die Vader toe kom, wanneer die Seun vir hom so goed soos `n suiwer nul is?
05] Ek meen, dit sal vir julle voldoende wees, om bogenoemde vers uit die diepte te verstaan. Maar sou daar nog steeds iemand wees vir wie daar, ten spyte van hierdie tasbare onthulde daarstelling, die vers nog te donker is, dan raai Ek hom aan om te probeer, wanneer hy dan regtig honger is, dat hy versadig moet raak van `n brood waaraan hy net dink - aangesien dit onmoontlik is vir hom om te glo dat daar in die growwe, sigbare materie van die brood eteriese voedsel ter versterking van die geeste van die natuurlike lewe, teenwoordig is! 
06] Meer hoef Ek nie vir julle te sê nie. Want wie dit nie verstaan nie, vir hom is eers nog twee dokters nodig, naamlik `n oog- en oorarts. - Verstaan dit goed en hou vir julle by die “Seun”, dan sal die “Vader” nie vir julle verlore gaan nie, omdat die Seun en die Vader op een haar, soos julle gewoond is om te sê, een en dieselfde is.
07] Maar sonder die Seun bestaan daar geen Vader nie, en sonder die Vader geen Seun nie! - Verstaan dit ook goed in julle! Amen.

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205