Gawes uit die Hemel (Uittreksels)
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 12

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26.

Geskiedkundige oorsig oor die ontstaan van die Nuwe Testament
(GH3,397 - 25/4/1864 van 11:00 soggens tot 1:00 die middag)
01] "Ek het vir jou reeds gister op `n hele aantal ander kleiner teenstrydighede gewys, wat in die drie Evangelies van Matthéüs, Lukas en Markus voorkom, en Ek wil nog party ander onder jou aandag bring, wat in latere tye, nie net onder die drie bekende Evangeliste nie, maar ook by verre onder die groot aantal ander, Joodse sowel as heidense verspreiders van My leerstellings, wat ook evangeliste genoem was, in die verskeie gemeentes so ingewortel was, dat skaars 30 jaar na My - weens die verskillende uitsprake in die geskrifte oor My - letterlik oorloë en ander vegtery ontstaan het, waar daar onder andere gedurende Nero se tyd in Rome, tussen die baie Joodchristene en die heidenchristene, volgens Paulus, sulke vyandighede uitgebreek het dat Nero genoodsaak was om die groot en oorwegende aantal Joodchristene in Rome, saam met `n groot gedeelte van die stad waar hulle gewoon het, te vernietig, en selfs nie daardie Romeine gespaar wat die banier van die Joodchristene, so te sê as kenteken, openlik vertoon en gedra het nie.
02a] Maar ook hierdie grusame vervolging van die Joodchristene van die kant van Nero het weinig vrug gedra; want onder die latere opvolgers van hierdie Keiser het die Jode weer geweet hoe om hulleself in Rome in te smokkel en het van Rome `n tweede Jerusalem gemaak, net soos die Grieke van Konstantinopel. En soos wat dit gebeur het, en veral die Romeinse Jerusalem (Rome) steeds magtiger geword het, het hulle deels uit die Jood-evangelies, deels met die aanname van die ou Jerusalemse Tempelgebruike en ook met die van die Romeinse heidene, naamlik wat die Romeinse pontifikaat betref, hulle rituele gevorm.
02b] Die Romeine was daarvolgens in besit van alle moontlike Jode-evangelies, so ook die ou Joodse geskrifte en ook die heiden-evangelies, en het sogenaamde kerkvaders aangewys wat die hooffabrikante van die Roomse dogma was, maar wat dikwels lynreg teenoorgesteld aan die Griekse evangelies was, en dit des te makliker en des te meer, omdat die Romeinse owerhede niks meer ywerig te doen gehad het as om sy sendelinge na die Grieke toe te stuur, wat na driehonderd jaar, (325 na Christus) onder die gelowiges sulke verwarring tot stand gebring het dat baie van die Grieke weer begin het om heidense altare en tempels op te rig en daarin (in die tempels) vir die godin Minerva, vir god Apollo, vir Jupiter en vir Ceres hulle offers te bring.
03a] "Keiser Konstantyn, wat self `n ywerig Christen was, het besluit om perke aan hierdie onsin te stel, deur in die stad Nicea, as die hoofsetel van die verskeie geloofsmenings, `n groot kerkvergadering (325 na Christus) byeen te roep, waartoe ook die Hoofbiskop van Rome genooi was. Hyself was die voorsitter en het vir hulle op die nadelige gevolge gewys wat in die jongste tyd uit die groot geloofsverskeidenheid oor Christus gespruit het. 
03b] Hy het `n volledige sifting van al die geskrewe evangelies vir hulle voorgestel, en nog meer van die tradisionele evangelies en het gesê: "Dat `n mens van al die baie heel teenstrydige evangelies net een enkele een, naamlik dit van Johannes, moet gebruik, sodat die Christene eenstemmigheid in geloof kon bereik en nie meer mekaar weens geloofsverskille soos die wilde diere vervolg nie, en dat die heidene eerder nie na hulle ou heidendom moes terugkeer nie, en nie moes bly by sulke leerstellings, waarvan `n mens by die beste kennis en wil nêrens meer iets wat waar en reg is in ervaring kon bring nie.
04] Want indien daar enigsins `n stigter van die Christelike leerstellings was, dan moes dit net een gewees het, wat ook net een boodskap aan die mense oorgedra het, en hierdie een boodskap moes een betekenis en een gees besit het. Maar so bestaan daar lankal reeds `n groot aantal mond tot mond oorlewerings van verskillende evangelies, waar elkeen van sy eie Christus praat, wat net rakelings met die ander christusse ooreenstem.  
05] Al die baie evangelies, behalwe een, wat waarskynlik die oudste is, moes volledig verwerp word. En as dit nie deur die biskoppe goedgekeur sal word nie, dan sal hy homself heeltemal afwend van die Christendom en die heidendom weer orals in sy groot ryk laat oprig, wat op sy eie - ten spyte van die baie gode - aansienlik meer eensgesindheid teweeggebring het as die versplinterde Christendom." -
06] "Toe het die Griekse biskoppe aan hom voorgestel dat die name Matthéüs, Markus en Lukas ook aan die ou Christendom behoort, en nie iewers dubbeld of meervoudig onder dieselfde evangelistenaam verskyn nie. En die Keiser het daartoe ingewillig, onderhewig aan die voorwaarde dat `n mens ook die boodskap van die heidense Apostel Paulus daarby in aanmerking moet bring en daarmee al die ander evangelies te vee. Hy is daarop gewys dat, Paulus met sy leerstellings, ook nie altyd dieselfde gebly het nie, omdat hy aan die heidene heel ander briewe geskryf het, en aan die Jode weer ander, wat in betekenis en gees nie heeltemal dieselfde was nie. En Konstantyn sê toe dat dit nie saak maak nie; want Paulus het tog die meeste deur woorde en dade bewys dat hy geen valse Christus preek nie, maar net Die', wie se gees hom voor Damaskus wonderbaarlik in die amp van `n Apostel geplaas het.  
07] "Na meer as dertig jaar van beoordeling is alles tog uiteindelik verwerp, buiten die vier nog teenswoordig behoue Evangelies, saam met die Apostelgeskiedenis van Lukas, die briewe van Paulus en sommige briewe van `n paar ou Apostels van Christus, insluitende die Openbaring van Johannes; en dit is alles ordelik in `n boek geskryf en is, volgens die twee briewe van Paulus aan die Hebreërs, "Die Nuwe Testament"! genoem, wat dan deur al die biskoppe aangeneem was. In latere jare daarna is dit egter weer sodanig hervorm dat die Evangelis Johannes na die agtergrond geskuif is en daar aan Matthéüs, Lukas en Markus voorrang gegee is; daar is ook, met betrekking tot die hoofstukke en verse, klein veranderinge gemaak en orals bepaal op watter feesdae die een of die ander Evangelie vir die volk voorgedra moes word (sogenaamde perikope indeling, die Duitse Uitg.), wat vandag nog deur die Grieke en ook sommige ander Christelike sektes gebruik word."
08] "Maar Rome het, ten spyte daarvan, nog steeds sy eie indeling gemaak en later vir die volk `n verkorte uittreksel-evangelie vir Son- en feesdae gefabriseer. Die hele Evangelie, sowel as die ou boeke van die Jode, was egter vir die volk ten strengste verbode om te lees en oortreders van hierdie gebod was selfs met die dood gestraf. 
09a] Op hierdie wyse het die teenswoordige ‘Nuwe Testament' dus ontstaan en dit is mettertyd so deur die Christene voor die jaar dertienhonderd (1300) aangeneem. 
09b] Maar veral deur die Romeinse biskoppe was daar nog allerlei veranderinge en, onder andere, eiemagtige toevoegings gemaak in die Romeinse Vulgata, wat veral deur die eksegese afkomstig van die Romeinse kerkvaders gesien en erken kan word, en enige ietwat helderdenkende mens kan vinnig agterkom watter gees se kinders dit is.
10]Veral die toegevoegde leerstelling wat daarin voorkom, waarvolgens die siele van afgestorwenes tot op die jongste (laaste) dag moet slaap, welke leerstelling met die Griekse uitdrukking, “sieleslaap” aangedui word. Hierdie leerstelling het net solank behoue gebly, totdat `n pous die vandag nog bestaande Roomse misoffer ingevoer het en daarby met alle grootdoenery vir die Roomse Christene verduidelik het dat dit, as `n nie-bloedige offer, dieselfde krag en mag het as die destydse bloedige offer van Christus aan die kruis, en dat Christus Homself op `n wonderbaarlike wyse, vir die ware Christengelowiges van die Roomse kerk, voortdurend aan Sy Vader opoffer, en dat `n opreg gelowige Christen, wat sodanige offer tot sy heiliging sal laat lees, in ruil vir `n klein wêreldse offer, onmiddellik na die dood van die liggaam, sonder `n lang sieleslaap deur Christus opgewek sal word en tot ewige geluksaligheid beroep sal word. En indien die Christen nie heel volmaak is nie, dan kan hy meer sulke offers gee, en hy sal daardeur die ewige verdoeming ontgaan, en sal in die hiernamaals, na `n kort suiweringsperiode in die sogenaamde vagevuur, nog steeds in die hemel kan kom."
11] Dus sou die behoud van die dogma van die sieleslaap, en die nuut uitgedinkte misoffer nie winsgewend wees nie, en het dit mettertyd self gaan slaap, so ook die uiters belaglike dogma, wat in alle erns bepaal het dat God egter net `n geringe deel van die mense vir die hemel, maar die grootste deel vir die hel geskep het!
12] Hierdie twee dom leerstellings is mettertyd uiteindelik in geheel opgehef (in die Roomse kerk), maar in ruil daarvoor is die bekende vyf kerkgebooie en etlike nuutkragtige sakramente ingevoer, wat Ek nie vir julle hoef te noem nie, aangesien elkeen dit self maklik kan raaksien.
13] Ofskoon, op streng aanbeveling van die Keiser Konstantyn, die Christelike leerstellings aansienlik daardeur vereenvoudig is, het daar nog steeds baie vullis in oorvloed agtergebly, ten spyte van die dikwels toegelate en voorgenome siftings, waarvan elkeen `n bepaalde sekte-afstigting tot gevolg gehad het, waardeur daar dan weer verskeie Christusse ontstaan het, wat tot op hierdie uur mekaar se hare as aartsvyande trek.  
14] Daarom moet die laaste en grootste sifting nou plaasvind, en - soos reeds vroeër genoem - heet hierdie siftingsmasjien: "Die Wetenskap". Die Christusse wat mekaar vyandiggesind is, moet uit, saam met hulle aanhangsels, sodat die EEN Christus waarvan Johannes gespreek het, onder die mense kan verskyn en woning neem.
15] Dit sal `n harde en moeilike geveg meebring, waarvoor die ware aanhangers van Christus nie hoef te vrees nie; want hulle sal in alles veelvoudig versterk word, waaruit daar dan ook vir die ander, tot nou toe minder gelowiges, `n lig sal opgaan wat hulle nie in staat sal wees om te blus nie.
16] En Ek, die Heer, wat dit al destyds, deur die mond van Johannes, vir julle gespreek het, sal die aarde beproef op alle plekke en punte, met allerlei oordele en kalamiteite soos geweldige oorloë, hoë pryse en hongersnood, allerlei pestilensies onder mense en diere, groot aardbewings en ander aardstorms, groot oorstromings en ook verskeie vure. Maar diegene wat aan My behoort, sal Ek in My groot liefde behou, en hulle sal geen tekort hê nie.
17] Wie nou sal poog om My met hierdie My tweede koms (as die reine waarheid) hoe en waar ookal te vervolg, vir hom sal Ek van die aarde af verdelg.
18] Maar wat die ander teenstrydighede in die vier behoue Evangelies betref, hulle sal vanself in die Johannes-werk verdwyn, en Ek sal in die plek daarvan, soos gesê, ten slotte nog `n eie aanhangsel toevoeg, waardeur alles wat nie korrek is nie, volledig en deeglik herken sal word.
19] En dus wees voorlopig tevrede met dit wat Ek julle gegee het, en werk fluks aan die lewendige studie van Johannes, want daarin sal julle nog `n oorvloed van lig bekom.
20] As iemand nog iets het wat hy wil weet, dan kan hy vra, en ek sal bereid wees om `n kort en helder lig vir hom te gee daaroor!

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205