Gawes uit die Hemel (Uittreksels)
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26.

Verdere skrifverduidelikings
(GH3,359 - 1/4/1864)
00] Betreffende die drie opmerkings: die walvis van die profeet Jona; oor die mens sonder bruilofsklere by die feesmaaltyd wat deur My gegee was, en oor die vlugtende jongeling tydens My inhegtenisname by die Olyfberg in die tuin Getsemane. {jona.02,01; mt.22,11; mk.14,51}
01] Wat die "walvis" betref, is dit natuur-histories, sowel as geestelik korrek; want daar moet die een sowel as die ander een reg wees, aangesien daar sonder hierdie korrektheid of sonder die natuur-historiese basis daar geen geestelike betekenis sou wees nie.
02] Maar om die natuurlike deel te verstaan, moet `n mens weet dat daar in daardie tyd, spesifiek in die Middellandse See, `n soort reusevis bestaan het, wat van sommige, vernaamlik die Egiptenare, die naam "Leviatan" en by die ou Grieke ten tye van die bekende skrywer Herodot, die naam "Phalos" gehad het. Hierdie vissoort, waarvan daar ook in die boek Job gepraat word, het kort na die deurbreek van die see (by Gibraltar) verdwyn en is dan in die Atlantiese Oseaan deur geweldige seestrome na die suide gedryf, waar hulle grotendeels in die koue waters, nes ander groot vastelanddiere, ten volle tot niet gegaan het.
03] Hulle het ongelooflike groot bekke gehad, wat met net so `n groot maag deur `n wye opening verbind was - het geen tande, ook geen tong, maar in plek daarvan, nes die huidige noordwalvisse, `n groot aantal vinne gehad, wat by `n volkome uitgegroeide Phalos dikwels `n lengte van twee tot drie vame gehad het en wat vir die reusevis van nut was, soos die olifant se slurp. Met hierdie vinne het hulle die voedingsbuit gevang en onbeskadig in die groot maag gestoot, wat geen water, maar `n soort sap aan die binnewande uitgesweet het, wat na `n paar dae begin het om enige buit wat nog in daardie maag gelewe het, te verteer en dit mettertyd heeltemal te vernietig., Hierdie was ook `n soogdier, het lewendige kleintjies in die wêreld gebring en het nes die huidige noordelike walvis asemgehaal en moes dikwels op die oppervlakte van die see deurbring om nie te verstik nie. Om hierdie reusevis was `n groot aantal baie reusagtige haaie nodig, wat vroeër in die noordelike Middellandse geleef het, maar gedurende die deurbreek van die aan julle reeds bekende "deukaliese" (Duits: ‘deukalischen') landvernouing, waaruit dus die huidige see vernouing van Konstantinopel en die Dardanelle ontstaan het, in die teenswoordige Middellandse See ingeburger het. Hierdie indrukwekkende seesnoek het begin om sterk jag op die groot Phalos te maak, het hulle vinne afgebyt en ook die ander nie-onbeduidende uitgroeisels, waaronder spesifiek die groot borste, en so ook aan weerskante van hierdie borste, reusagtige swemvinne wat byna soos `n mens se hand gelyk het. Hierdie uitgroeisels kon die haaie goed as voeding gebruik, en die Phalosse het dan ook meer en meer op die vlug geslaan en het in die Middellandse See `n meer en meer seldsame verskynsel geword; en in Jona se tyd was daar skaars meer as `n paar honderd stuk in die genoemde see woonagtig. Jona, toe hy tydens `n baie onstuimige see oorboord gegooi is, was nog - deur My toelating - baie gelukkig om deur so `n Phalos verslind te word en daarop drie dae in sy maag deur te bring. - En Ek het verder toegelaat, dat juis hierdie Phalos, deur haaie vervolg, sy toevlug tot `n vlak Asiatiese oewer geneem het, en by die geleentheid van die kos in sy maag ontslae geraak het. Wat ook `n eienskap van hierdie reusagtige vis was, dat hulle op land gekruip het, wanneer hulle `n gevaar in die water bespeur het, of hulle kleintjies, wat gewoonlik op `n vlak seeoewer grootgemaak was, so te sê besoek en hulle met voedsel, hetsy uit hulle borste, of ook met nog lewendige buit, uit hulle mae voorsien. Want hulle het hulle kleintjies nie in die dieper water toegelaat, alvorens hulle nie `n sekere grootte, krag en sterkte bereik het nie. By sodanige geleentheid het ook ons Jona by die Asiatiese kus aangekom, toe hy deur die Phalos oor bogenoemde rede in die vlak oewer opgegooi is, het hy hom vinnig reggeruk, land toe gehardloop, waarheen die ou Phalos of een van sy vier kleintjies hom nie verder kon volg nie.{jona.02,01}
04] Nou is vir julle die natuurlike verloop van sake beskryf, soos wat dit in daardie tyd was, en nou ook sedert baie lang tye nie meer is nie.
05] In die voormalige museums, spesifiek in Alexandria, was daar nog oorblyfsels van ribbes van hierdie destydse reusevis, maar is gedurende latere tye, net soos die boeke, deur die Sarasene vernietig. `n Paar stukke bevind hulle egter vandag nog in Londen so ook in Parys, en dit word as ribbes van destydse uiters groot, hetsy land- of seediere, beskou, alhoewel meer uit die waterryk afkomstig, omdat hulle gewoonlik hier en daar in die sanderige omgewing in die nabyheid van die see gevind is. `n Hoofribbebeen van `n volgroeide Phalos het dikwels `n lengte van vyf tot sewe vame (1 vaam ongeveer gelyk aan 2m) en `n gewig van twintig tot dertig sentenaar gehad. Hierdie reuse vissoort het, soos gesê, nes die ander groot landdiere, totaal uitgesterf en het sedert drieduisend jaar nie meer voorgekom nie. `n Mens moet beslis nie die Phalos met die Leviatan, `n bepaalde see-ongedierte, verwar nie, en wat so nou en dan voorgekom het in die Atlantiese Oseaan, veral in die omgewing waar daar voor die algemene vloed `n eilandketting in `n taamlik reguit lyn gestrek het van Wes-Afrika tot by die oostelike punt van die teenswoordige Brasilië. Daar kom vandag nog groot en uitgestrekte sandbanke in daardie omgewing voor, en is dikwels gevaarlik vir kleiner skepe.  
Hierdie see-ongedierte is beslis geen vis nie, maar net `n baie indrukwekkende seepoliep, wat uit die modderinhoud van die sandbanke wat in see teenwoordig is, nes die ander poliepe, ontwikkel en vir so lank op die bodem vassit, totdat hy deur een of ander ondersese seeuitbarsting aan die oppervlakte van die see gebring word en dan dikwels soos `n drywende klein eiland lyk.
06] Met die walvis in die Middellandse See van Bybel, wat moeilik geglo kan word, is ons nou klaar. Alle verdere dinge oor hierdie Profeet kan elkeen in die Bybel oplees.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205