Verdere teksverklarings
(GH3,234 - 18/5/1847)
Baie is geroep, maar min is uitverkies {mt.22,14}
01] Hierdie plek in die Evangelie word - soos geen ander nie - totaal verkeerd verstaan deur alle Christelike geloofsrigtings, want byna almal is van mening, en by die Roomse word dit selfs van alle preekkansels af verkondig, dat net die bietjie uitverkorenes in die hemel sal kom, en al die ander, die baie wat geroep is, sal beslis na die, net so verkeerd vertolkte jongste oordeelsdag, reguit hel toe gaan en dit vir ewig! -
02] Maar sodat hierdie sin in die Evangelie deeglik verstaan kan word, sal Ek vir julle `n beeld gee soos wat dit eintlik in gees en in waarheid verstaan moet word. Luister dus na die beeld wat as volg lui:
Gelykenis van die koninklike feesmaal
{mt.22,08-14; lk.14,16-24}
03] In die ooste was daar `n groot, magtige en wyse koning. Sy ryk was groot en baie volkere het voor sy septer gebuig. Hierdie koning het op `n dag self besluit om die veelvoudige vaardighede van sy onderdane van naderby te leer ken, deur `n uiters groot feesmaal te hou, waarheen alle huisvaders, saam met hulle oudste seuns en dogters, genooi was, sodat die koning die mees wyse en geesryke seuns kon kies uit die baie wat genooi was vir sy baie uiteenlopende hof- en staatsdiens en om die dogters - indien hulle baie mooi en goed geleerd was - as vrouens en geselskapdames te kies.
04] Toe die onderdane van hierdie uitnodiging verneem het, was hulle heimlik ontsteld, aangesien hulle gedink het dat dit net `n slinkse voorwendsel van die magtige koning was om hulle almal na sy paleis te nooi en wanneer hulle daar is, hulle dan almal dood te maak, sodat hy hom kon verlustig aan die bloed van sy onderdane. - Daarom het elkeen `n verskoning aangebied en nie een van die genooide gaste het by die koninklike paleis opgedaag nie. Toe die koning agterkom oor watter heimlike rede die baie genooide gaste dit nie gewaag het om sy feesmaal by te woon nie, sê hy toe vir die boodskappers: "Wat moet ek nou doen? Kyk, die groot feesmaal is voorberei, wie moet dit eet? Ek sien egter baie nuuskieriges in die agterbuurte en op die strate en baie wat op die heinings klim en daar wag en oppas, om te kyk wat ek met die genooide en by die feesmaal aankomende gaste sal doen. Gaan dus met groot mag na die heinings, agterbuurte en strate en wie julle ookal daar aantref, bring hom in, sodat my groot maaltyd geëet kan word. Moet ook nie kyk na betaamlike klere nie, vir `n bruilof geklee of nie, dit maak nou nie meer saak nie; want nou gaan dit veral daaroor dat die maaltyd opgeëet moet word, sodat dit nie moet sleg word nie. Wanneer dit afgehandel is; dan eers sal ons ondersoek instel watter gaste by my feesmaal was en of hulle almal waardig was om aan hierdie tafel van my deel te neem."
05] Toe die gaste dit van die koning verneem het, het hulle baie bly geword en het die groot goedheid en wysheid van die koning geprys. Toe die werklik vele gaste dus jubel, was daar ook `n mislike skaap van `n gas onder hulle. - Terwyl al die ander gejubel het en vrolik was en vir die groot koning "Hosanna" toegejuig het - het hy begin om die koning te skel en het so `n eenvoudige eiewillige verwerdiging van die koning teenoor sy volk vervloek. {mt.22,11}
06] Die koning het hierdie een onmiddellik laat gryp en na hom toe laat bring. Toe hierdie enigste belediger, geklee in vieslike ou klere en lappe, voor die koning gestaan het, het die koning hom verbitterd gevra: "Ellendige belediger, wat my groot goedheid en liefde vir my volk vervloek het, hoe het jy met sulke onwaardige klere in my koninklike kamers gekom? Ek weet tog dat jy my goedheid en wysheid nog altyd teengestaan het! Jy het nog nooit bruilofsklere voor my gedra nie. Daarom, gryp hom, julle getroue diensknegte van my, en gooi hom in die donkerste kerker, waar hy sal ween en geweldig sal kners op sy tande!" {mt.22,12; mt.22,13}
07] Kyk, daar word net gepraat van hierdie een, en dat hy in die kerker gegooi was, maar nie die genooides nie. By hulle word net hulle wêreldse onverstandigheid, en nie hulle boosheid, berispe nie. Maar net die enkele mislike skaap kom hier as geoordeel voor. Leer daarom nou deur hierdie beeld wat die regte innerlike betekenis van bogenoemde Skrifgedeelte is en moet dus daarom nie net die uitverkore nie, maar ook die wat geroep is, as waardig vir My ryk beskou . Amen. Amen. Amen. {mt.22,14}
08a] Die land in die ooste beteken hier die ryk van God, wat die regte ryk van die lewe of die ewige lewe in homself is.
08b] Die koning is Ekself, die Heer en Skepper van alle wesens en dinge van ewigheid.
08c] Die groot feesmaal is My menswording (in Jesus Christus) en die daarmee verbonde groot verlossingswerk, tot watter deelname baie, ja uiters baie geroep is en veral die hoofstamme van Israel, maar wat soos bekend, nog nie tot op hierdie uur wou verskyn nie, deels uit vrees vir die wet van Moses wat nie verstaan word nie maar deels ook - as gevolg van die hardnekkigheid van hulle harte en die ongelowigheid daarin.
08d] Die bekwame seuns, wat vir My diens uitgesoek moes word uit die baie wat geroep is, is die bepaalde verkondigers van My (nou weer gereinigde) woord en die mooi en opgevoede dogters, wat daar tot vrouens en byslaapvrouens gekies moes word - is die nog hier en daar ou leerstellings, tradisies en gebruike wat suiwer gebly het, en wat nog nie hulle knieë voor Baal en Mammon gebuig het nie. -
08e] Die boodskappers is deels engele, profete en laastens al die Apostels, dissipels en evangeliste en uiteindelik ook al daardie knegte wat My woord en My leerstellings onvervals aan die mense oorgedra het en dit nog sal doen.
09a] Diegene in die agterbuurte, strate en heinings is al daardie mense wat op die aarde geleef het, nog leef en wat nog in die toekoms sal kom.
09b] Waar diegene in die agterbuurte hulle is wat nog op aarde lewe en wel in die een of ander Christelike sekte (of kerk) sit, maar ten spyte daarvan, met alle dwaashede van die wêreld belaai is en die regte lig nie wil of kan opneem nie, sodat hulle tog net die ware ewige lewe moet verkry en daaruit heeltemal vry en salig word.
09c] Die op die strate is hulle, wat egter ook nog op aarde lewe, maar aan enigeen van die meer of minder bekende heidendom behoort, (d.i. ongelowiges);
09d] en daardie op die heinings is almal wat reeds volgens die liggaam gesterf het en hulle in die geestelike wêreld - volgens hulle siele - bevind, en ook daar voortdurend nog tot die groot feesmaal van verlossing deur die regte omkeermiddele genooi word.
09e] En ten slotte is daar onder al die genooide gaste, wat nou letterlik met geweld (deur die liefde) na die feesmaal gedryf en getrek moes geword het, ook die een sonder bruilofsklere, dit is die Satan en in `n breër sin al diegene wat aan hom getrou gebly het en deur geen middel tot omkeer gebring kon word nie; hulle lot - soos die gelykenis dit sê - sal daardie kerker wees waarin daar ewige duisternis heers en wat vol is van ween en tandegekners. Ween beteken alle valshede, dit wil sê, die teenoorgestelde van die hemel en tandekners beteken aartsboosheid en toorngloed uit die hel, omdat, wanneer iemand in uiterste woede ontbrand, hy met die tande begin te kners en hy begin dan te blaf, nes `n kwaadgemaakte hiëna of `n woedende grimmige tier.
10a] Met hierdie min woorde is nou al die ooreenkomstighede tussen die materiële beeld en innerlike betekenis daarvan onthul.
10b] Maar wie die saak nog dieper wil verstaan, hy moet soos `n wyse plantenavorser en versamelaar optree, wat by homself beraadslaag en sê: "Wat moet Ek nou doen? Die plante en grassoorte van die landerye, grasvlaktes, tuine, woude en velde, berge en vlaktes ens. ken ek presies; want wat op die Alpe groei, het ek nagevors en ook wat in die moerasse voorkom en selfs dit wat in die see groei, is nie vir my onbekend nie. Van dit alles ken ek die naam, plek, wortel, stingel, blare, bloeisel en vrug; wat moet ek nou nog verder met hierdie wetenskap doen? Kyk, nou val dit my by! Ek sal my oog beter en beter bewapen en daarmee die innerlike konstruksie van pypies, vesels en selle deurgaan, dan sal ek sekerlik voldoende materiaal vind om my gees verder te ontwikkel.
11] Goed gedink en nog beter gedoen! Die botanikus is heeltemal reg. Wie die materie en sy pad ken, of wie die woord en sy bedoeling ken, moet maak soos die botanikus, dan sal hy in die dieptes van die gees deurdring.
12] Maar as iemand vra hoe hy sy geestelike sig vir die diepere betekenis van God se woord moet bewapen, en om met sy karige sig daarheen te kom waar daar nou huidiglik net groot duisternis vir sy sigvermoë heers?!
13] O vriend, dit is makliker as wat julle vir julleself kan voorstel. Die geloof is gewoonlik die ongewapende sig van die hart. Maar die geloof verwek die liefde, wat die vuur, die warmte en die lig is, watter drie dinge in die Een liefde alles uitrek, wyer maak, meer vergroot en uiteindelik volledig ontvou, net soos wat die vuur, die warmte en die lig van die son dit reeds op natuurlike vlak vir elkeen se oë sigbaar maak. Die liefde moet deur die geduld vergesel word, wat die bemesting vorm, dan die nederigheid, wat die vrugbare reën is, en die sagmoedigheid, barmhartigheid, getrouheid en waaragtigheid, wat die goeie winde is, wat al die bose onweer verdryf. Hierdie dinge, vrywillig in die hart opgeneem en daarvolgens gehandel, met die buitengewone bewapening van die geestelike sig wat in alle volheid tot stand gebring is, is waarmee elkeen van julle, wat nie `n omgekrapte maag het nie, in veelvoudigheid die innerlike eindelose wonderwerke van My gegewe woord vir ewig steeds duideliker en dieper sal kan beskou, waarvoor elkeen genooi en geroep is vir ewig. Amen! Amen! Amen!