Gawes uit die Hemel (Uittreksels)
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26.

01] Vrae rakende My Opstanding en die Johannes Evangelie
{mt.28,01; mk.16,01; lk.24,01; joh.20,01} (GH3,356)
02] Eerstens het Ek reeds voorheen dikwels vir My apostels en dissipels gesê, dat Ek op die derde dag - en nie eers na die verloop van volle drie dae nie - uit eie krag sal opstaan, soos Ek ook die mag het, die lewe van die liggaam vrywillig af te staan, sodat die hele skepping tot saligheid kan kom. {mt.16,21; lk.24,46; hos.06,02; 1 kor.15,04}
03] Wat die verskillende variasies in die Evangelies betref, is hulle almal gegrond op dieselfde rede waarop ook die teenstrydighede berus, wat reeds aan julle verduidelik is. Alleenlik wat Johannes gesê het, is volkome waar. Dit sou net so volkome waar wees, wat die ander Evangeliste en Apostels oor die aangeleentheid gesê het. Rakende die egte Evangelie van Matthéüs weet julle reeds wat die omstandighede daarvan is; die pseudo-Evangelis Matthéüs was wel `n volkome eerlike, waarheidsoekende man en was vir twintig jaar lank hoogs ywerig met die navorsing van die waarheid wat daar gebeur het, , totdat hy sy Evangelie saamgestel het en begin het om te skryf. In daardie tyd was daar geen apostel van My in die hele Judea teenwoordig nie, alhoewel daar geen tekort aan ander getuies was nie. Maar soos dit by sulke geleenthede nou maar gebeur, het baie mense uit baie oorde wat Ek besoek het, verskeie dinge gehad om van My te vertel; gewoonlik net dit wat hulle self in hulle dorpe van My gesien, gehoor en beleef het. En so is dit ook begryplik dat dit vir l'Rabbas, net soos baie ander Evangeliste, selfs met die beste bedoelinge, onmoontlik was om oor alles wat Ek gedoen, geleer en aan Myself volbring het, volkome duidelik te bekom. 
04a] Ja, sal `n mens hier vra: Waarom het Ek dan nie Self sulke mense meer helderheid gegee nie, sodat hulle dan in staat kon wees om slegs die volkome reine waarheid op perkament te bring? Maar Ek sê daarop dat Ek by baie eerlike mense, wat daarna gestreef het, ook nooit die lig weerhou het nie.  
04b] Maar wat die reeds baie selfsugtige wêreld later uit sulke eerlike oorlewerings gemaak het, daarvoor kan Ek nie instaan nie, aangesien elke mens sy volkome vrye wil het. Dat Ek dit nooit aan sifting tekort laat kom het nie, toon die groot en klein vergaderings reeds in My tyd al vir julle, aan wie daar die taak gestel was deur My Gees, om die kruipende leuen van die waarheid te skei en dit te verwerp voor die hele gemeente. Alhoewel die onkruid vanuit alle oorde onder die koring gewoeker het, was dit vir hulle nie moontlik om dit geheel en al uit te roei nie. 
04c] En so geskied ook in hierdie tyd, soos hier - en ook ander oorde - geweldige siftings, en die vyand van die waarheid sal nie meer in staat wees om iets teen hulle te vermag nie. 
05] Daarom bou Ek nou indrukwekkende damme teen die vloed van die leuen, en stel die ware rots Petri op, wat die poorte van die hel nie sal oorwin nie.
06] Daar sal wel nog baie stryery en gevegte op hierdie aarde onder die mense voorkom, by welke stryery en gevegte die leuen voortdurend aan die korter ent sal trek, en dit totdat daar vir `n heel groot vrag hooi, wat net uit onkruid sal bestaan, geen mens ook maar net een duit meer daarvoor sal aanbied nie, en waar elkeen sy hoogste vreugde sal hê by die strale van die ware lig uit die hemele. - 
07] Wat die geestelike verduideliking oor die wyse van My opstanding nog verder betref, dit is reeds lankal van My gegee, net so ook alles wat elke mens van die drie-enigheid moet opneem en verstaan. Wat die verwekking van Lasarus aanbetref, sal Ek gedurende die verloop van die verdere boodskap in die Johannes Evangelie daarvan praat en so ook oor sommige ander aspekte. -
08] "Van `n bepaalde geleerde kant word daar nou die bewering gemaak dat die Johannes Evangelie nie deur sy hand geskryf was nie. Natuurlik, solank as wat hy as Apostel saam met my rondgetrek het, het hy net gedeeltes, dit wil sê die mees gedenkwaardige gebeure aangeteken. Maar in sy sogenaamde ballingskap op die eiland Patmos (wat vir hom hoegenaamd geen verbanning was nie, omdat `n redelike en maghebbende Romein hom net beskerm het teen die vervolgingswoede van die Jode), kon hy in die kasteel, wat beskrywe is in die Groot Johannes Evangelie, en wat reeds aan julle bekend is van die Griek Cado, wat ook in Jerigo geleef het, ongehinderd sy Evangelie, aan die sy van Maria, in orde bring en het vir die nageslag net soveel daarin opgeteken, as wat vir hulle saligheid nodig is. Maar van al die ander dinge sê hy ten slotte, dat; "Ek nog baie ander dinge gedoen en geleer het, wat nie in hierdie boek geskrywe is nie, en sou iemand dit in boeke skryf, dan sou die wêreld sodanige inhoud (nog) nie verstaan nie". En met hierdie treffende opmerking het hy sy Evangelie afgesluit, juis presies in die tyd (70 na C), toe Jerusalem deur die Romeine vernietig is, waarna Johannes vir nog `n geruime tyd geleef het en sy gesigte onder die titel ‘Openbaring van Johannes' op perkament gebring het.{opb.01,09; jev08.171; joh.21,25; 70 n. Chr}
09] By hierdie geleentheid was hy dikwels deur `n besonder goeie vriend met die skrywery ondersteun, aangesien hy reeds oor die honderd jaar oud was. Daardie vriend van hom het ook die naam Johannes gedra, wat hy egter vir hom deur Johannes per geleentheid laat gee het, toe die Evangelis hom gedoop het en My Gees oor hom uitgegiet is. Want van geboorte af was hierdie Johannes `n Griek en het natuurlik ook `n heel ander naam gehad, waaraan daar weinig of niks vir ons geleë is nie, omdat hy deurgaans histories geen beroemdheid verwerf het nie, ofskoon hy een van die bediendes van die Griek Cado was.
10] Wie die tyd het en vermoënd is, kan hom vandag nog van die blyplek van Johannes in die suidooste van hierdie Asiatiese skiereiland oortuig, watter skiereiland egter in die tyd van die vloed van die seë byna heeltemal `n eiland geword het, aangesien dit net deur `n uiters smal rotsagtige landtong met die vasteland Asië verbind is.{opb.01,09}
11] En sodoende weet ons nou ook dit, hoe dit met Johannes in waarheid verloop het; hy is, hy was en bly My liefling, en wie volgens sy Evangelie lewe en handel, sal deur My - net soos hy beskou word.
12] Indien daar vir julle in die evangelies nog enige iets skynbaar teenstrydig gevind kan word, wend julle dan tot My daaroor, en Ek sal dit vir julle verduidelik, soos wat Ek dit tot nou toe verduidelik het. Maar Ek dink dat julle nie meer veel des aanstoot daarin sal vind nie; want baie is reeds in Johannes verduidelik, en dit wat vir al die geleerdes ter wêreld die meeste aanstoot gee, kan Ek nou vir julle verduidelik.  
13] Maar Ek sal in hierdie tyd nog heel sonderlinge wêreldgeleerdes oor My laat lostrek. Ek vestig julle aandag daarop, sodat julle nie aan hulle skrifte moet aanstoot neem, wanneer julle hulle onder julle oë sal kry nie; want Ek laat dit toe, om `n einde aan die heidense priesterskap op alle kante te maak. Want indien hulle Salvator Mundi (Heiland van die wêreld, die uitg.) tot niet gemaak word, wat sal hulle self en hulle kerklike instellings dan wees? Ten slotte niks anders as betaalde graftegrawers; en by hulle sal dit dan geld: Laat die dooies die dooies begrawe, maar julle lewendiges volg My. Amen. - {mt.08,22; lk.09,60}

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205