Gawes uit die Hemel (Uittreksels)
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 15

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26.

UITTREKSELS VAN "GAWES UIT DIE HEMEL - BOEK 3"
Lasarus
(GH3,258 - 26/6/1847)
01] Asseblief o Heer, U, heilige liefdevolste Vader! Indien dit U heilige wil is, dan maak ons harte bly deur vir ons `n beskrywing te gee van U vriend Lasarus, die broer van Maria en Martha, vir wie U - tot ergernis van die geestelike maghebbers in Jerusalem - uit die dood opgewek het, en met wie U na sy opwekking aan tafel gesit het. -
02] My liewe "Woordywerig", jy is tog nie `n portretkunstenaar, sodat jy spesifiek `n liggaamlike beskrywing van Lasarus, `n broer van Maria en Martha, van my vereis nie! Maar terwyl jy vir My daaroor gevra het, dan kan Ek dit mos vir jou gee. Sien, Lasarus het baie dieselfde gelyk soos jou broer Andreas, hy was net sowat tien jaar jonger (as jou broer nou, 1847) en was volgens sy uiterlike bates nog baie ryker as jou broer, en sy hart het nog meer aan die uiterlike glans van rykdom gehang as die hart van jou broer, wat egter by tye ook baie sterk daaraan hang, dikwels heelwat sterker as aan My.
03] Lasarus het met sy twee susters uiters groot rykdom besit en het dit baie goed bestuur. Hy was daarby baie regverdig en hoogs konsensieus en het die buite besigheid met dieselfde sorgvuldigheid gehandhaaf as wat sy suster Martha die huislike aangeleenthede behartig het.
04] Hy was `n man wat die wet volkome geken het en het ook as `n egte Judieër streng daarvolgens geleef, het ook groot verwagtinge gekoester oor die komende Messias, maar het van Hom, net soos al die ander Judeërs, `n baie materiële voorstelling gehad.
05] Maar nietemin het hy nog steeds groot stukke op Jesum gehou, dit wil dus sê, op My, en het My, naas Elia, as die grootste Profeet beskou, soms ook hoër as Elia. Hy het baie vreugde oor My gehad, en wanneer Ek na hom toe gekom het, dan het hy alle besigheid opsy geskuif en het al sy tyd net aan My spandeer, het baie graag die Profete bespreek en in besonder die koms van die Messias. - Hy kon dit nie so goed verstaan en volledig aanvaar dat Ek die beloofde Messias moes wees nie, aangesien Ek aards gesproke veels te arm was, wat die rede was waarom hy meer as eenmaal aan My die voorstel gemaak het, dat, indien Ek werklik die Messias sou wees en as sulks aardse skatte sou benodig, sy hele groot rykdom ten volle vir My tot beskikking sou wees.
06] Maar nadat Ek hom vanuit die dode opgewek het, en hy My weer met `n nuwe lewe herken het, het al sy twyfel oor my Messias-status gewyk, en hy het God openlik in My geprys, tot die grootste ergernis van die skrifgeleerdes en die fariseërs. Maar daarom is hy, in besonder na My - uiters ergerlike opstanding vir die hoëpriesters - juis sodanig deur die hoëpriesters, fariseërs en skrifgeleerdes vervolg, dat hy `n paar jaar later al sy goedere aan die Romeine verkoop het, en toe met sy twee susters na Egipte getrek het, waar hy in totale oorgawe aan My geleef het, baie Egiptenare ware Christene gemaak het, en in die boonste Agter-Egipte, `n gemeente gestig het wat vandag nog bestaan.
07] Maar Lasarus was reeds te alle tye (dit wil sê, ook voorheen) uiters weldadig en het baie feesmaaltye gehou, meer vir die armes as die rykes, alhoewel laasgenoemde nie uitgesluit was nie. Daarby het hy sedelik gelewe terwyl hy ongetroud was, dieselfde ook sy twee susters, ten spyte daarvan dat hulle baie mooi en besonder ryk was. Maria het, voordat sy vir My ontmoet het, wel ietwat meer geleef as Martha, maar toe sy My erken het, was die wêreld- en wellus onmiddellik in haar geblus, en in haar hart was daar nie plek vir iets anders langs My nie.
08] Indien jy Lasarus nou in sy volle persoonlikheid voor jou wil sien, stel dan jou broer in oud Joodse kleredrag voor, met `n donker baard, dan kan jy werklik `n volmaakte ewebeeld van hom laat teken. Meer kan Ek jou nie oor die persoonlikheid van hierdie betekenisvolle broeder sê nie, omdat jy net oor sy voorkoms gevra het, maar wat ook goed is, en jy kan dit nuttig vir jou gebruik! Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205