Gawes uit die Hemel (Uittreksels)
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 18

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26.

Die onverstandige en verstandige boumeester
(GH3,323 - 17/3/1864)
01] Skryf `n belangrike woordjie, waarin Ek julle nog verskeie dinge wat Ek in My tyd vir die Apostels geleer het, van naderby wil belig.
02] Die teks uit die skrif sal nie vir julle onbekend wees nie, waar van twee mense melding gemaak word, van wie die een sy huis op sandgrond gebou het, wat ons die onverstandige wil noem; maar die ander soek vir hom `n vaste rots, en ons wil hom die naam verstandig gee.
03] Maar toe die onverstandige sien dat sy verstandige buurman sy huis op `n rots gebou het, toe sê hy vir hom: "Sou jy nie daar in die vallei met baie minder onkoste kan bou as op die rots daarbo, waarheen jy eers `n pad moet aanlê en die boumateriaal met baie moeite moet vervoer nie? Kyk hoe pragtig my huis in die vallei staan, en hoe maklik die toegang is! Jou huis daarenteen staan op `n rots nes `n arend se nes, en jy het `n moeilike toegang."
04] Maar die verstandige sê: "Wag jy `n bietjie; wie weet, of jy nie binnekort vir my daaroor sal prys, dat ek my huis op `n vaste rots gebou het nie?"
05] En kyk, nie lank daarna nie het sterk winde opgekom, in `n vreeslike orkaan oorgegaan, en daarby het `n geweldige wolkbreuk ontstaan, het die mooi huis in die vallei verwoes, waarop die onverstandige so trots was, en sodat hy sy lewe kon red, moes hy toevlug by sy buurman op die rots gaan soek.
06] Nou het hy goed ingesien dat sy verstandige buurman goed gedoen het om sy huis op `n rots te bou, en die voormalige onverstandige het dan ook besluit om nooit weer `n huis in `n sanderige vallei te bou nie.
07] En nou vra Ek, wat hierdie beeld in diepte der diepte moet beteken? - Want aan dit, wat die priesterskap van alle aan julle bekende sektes tot op enkeles, - wat in die leerstellings van Schwedenborg en andere (teosowe) en hulle in die gees opgewekte voorgangers staan, - tot hulle eie voordeel vertolk, en een vertolking teenoor die ander net so gelyk is soos die vuis teenoor die oog, kan daar nie `n enkele ware vonk teenwoordig wees nie.
08] Hoekom? sal julle vra. Omdat elke sekte, sê Ek, nie volgens die waarheid uit My nie, maar, soos baie ander dinge, tot hulle eie voordeel vertolk. Maar Ek sê:
09] "Alle sektes behoort, saam met hulle aanhang, in die omgewing van die onverstandige, wat sy huis op sand in die vallei gebou het, en net alleen daardie een, wat op My en My suiwer leerstellings bou, daarvolgens doen en handel, die behoort tot die skaars verstandige, wat sy huis op die rots gebou het. En toe die tyd van storms daar kom, het sy huis vas bly staan. Maar die huis en baie ander huise, wat in die vallei op die sand gestaan het, het weggespoel." 
10] Maar hoe moet die mens lyk, wat sy huis op die rots gebou het? - Hy moet deurgaans nie lig- of bygelowig wees nie, maar alleen die waarheid in alles soek, wat hom alleen vry en verlig kan maak.
11] Ja, sal sommige vra: Hoe moet `n mens dit nou aanvang? Die antwoord lê ook in My leerstellings, wat Ek My Apostels gegee het, en lui kortliks soos volg:
12] Wie in My glo, volgens My leerstellings leef en handel, na hom sal Ek self kom en My getrou aan hom openbaar, net soos aan julle nou.
13] Dat daarin ook die enigste kriteria van waarheid oor My leerstellings lê, het julle nou self meer as tasbaar in baie nog lewendige voorbeelde voor julle; want daarom het Ek ook vir My Apostels gesê, toe dit self nie heeltemal duidelik vir hulle was nie, vir wie hulle My nou eintlik moes beskou nie: "Indien julle aan My glo, en volgens My leerstellings handel, dan eers sal julle volledig in julle erken, dat die woorde wat Ek tot julle gespreek het, nie mens-, maar Godwoorde is."
14] En weer het Ek destyds aan My Apostels gesê: "Nie net julle nie, maar in die vervolg ook elke mens wat werklik na My toe wil kom, moet van God self geleer word. Want vir hom wat die Vader - of die ewige liefde in My - nie trek nie, die kom nie na My toe nie", of met ander meer verstaanbare woorde gesê: Vir wie die ware (suiwer) liefde nie na die waarheid en tot die lig trek nie, en wat in sy traagheid en slaperigheid behaaglik verkeer en in die wêreld so veel as moontlik in die arms van alle plesier en vermaaklikheid rus, sal hy eendag tot die lig van waarheid kom?
15] Ek sê vir julle, net so min (sal hy dit), soos `n trae student, wat sy studies meestal in restaurante en koffiehuise, op die dansvloer en in die kamers van maklike meisies deurbring, nie `n groot astronoom sal word nie; want om dit te word, vereis van jeugdae af uiterste fluksheid en `n groot hoeveelheid selfverloëning. Maar met groot liefde vir sodanig verhewe moeilike wetenskap kan hy in tyd wel daarin slaag, om dinge te bereken, waarvan die gewone wêreldmens nie kon droom nie. En daar wys dit weer: Wie die Vader nie trek nie, die kom nie na die Seun nie; want die Seun is dan die lig, voortspruitend uit die vlam en die vuur van liefde of die Vader.{joh.06,44}
16] Maar gaan heen na die meeste Christelike Sektes en ondersoek spesifiek hulle priesterskap en vra vir hulle: Watter liefde het dan vir julle na julle vermeende waarheid wat julle preek, getrek? En ongelukkig sal julle dikwels op hulle gesigte en hulle mae geskrywe vind: die bes moontlik tydelike versorging sowel as `n epikuristies gedekte eettafel met allerlei voorbereide lekkernye, wat net iewers op die lewe aangetref kan word; en hoe hoër sodanige priesterskap opgang kan maak, hoe meer epikuristieser word hulle deugdes en daarmee saam ook hulle selfsugtigheid en heerslus.
17] Sodanige volgelinge van My Apostels en Dissipels kom dit verseker nie na, wat Ek vir My Apostels en Dissipels gesê het, dat hulle nie vir die komende dag moet sorg - wat hulle moet eet en drink en wat hulle moet aantrek nie, maar net – om My ryk en sy geregtigheid te soek; alles anders, wat hulle benodig, sal vir hulle bygegee word.{mt.06,33}
18] Toe Ek My Dissipels uitgestuur het, het Ek vir hulle gesê: "Julle moet nie twee rokke dra nie en in julle klere moet nie sakke gewerk wees nie, om nie allerlei gawes wat vir julle aangebied word te bêre nie; ook moet julle nie stokke dra om julle mee te verdedig nie; want indien julle vir My lewendig by julle het, dan is julle in elk geval vir hier en die hiernamaals met alles versorg."{mt.10,10; mk.06,08; lk.09,03} 
19] Sou die priesters in die huidige tyd ook met hierdie versorging tevrede gewees het, wat hulle werke onder allerlei Godplaasvervangerskap bedryf, vir geld skynbare Godverdienstelike werke verrig, waaraan hulle dikwels self nie `n enkele vonk geloof heg nie? Sal hulle tevrede wees met een kleed sonder sakke, wat met goud omboorde klere rondloop en ywerig gemoeid is om die hele volk deur hulle glans te verblind? - `n Hedendaagse Biskop wil `n volgeling van enige van die Apostels wees! Loop hy sonder stok rond? O beslis nie! Verkoop sodanige stok (of staf), en julle kan `n arm familie vir `n lang tyd baie goed versorg. `n Hele land kan vir baie jare goed versorg word, indien dit net in besit kon kom van die pous se tiara en verskeie kardinaalhoede; want sodanige tiara bestaan uit suiwer goud en die grootste kosbare edelgesteentes soos diamante, robyne en smaragde en groot pêrels, en sal verseker so veel miljoene werd wees, as wat Ek Apostels getel het, en `n kardinaalhoed kos 80,000 Dollar! Sou dit nie `n aansienlike som geld vir `n arm land wees nie? (in terme van 1850! - die vertaler) Maar laat ons hulle bly by hulle sogenaamde ‘triomfantlike kerk'; ten spyte daarvan het hulle nog steeds nie hulle huise op `n rots gebou nie, en die groot storm staan voor die deur, wat vir hulle sal wys, hoe verstandig hulle was! - Maar wanneer die storm sal kom, dan sal daar baie geween en gekners van tande wees, en dan sal dit sê:{mt.10,10; mt.07,26; mt.08,12; mt.13,42 .50; mt.22,13; mt.24,51; lk.13,28)
20] Wee almal, wat wil vlug en probeer om hulleself op die vaste rotse te vestig. Want wie nie sal hê in daardie tyd nie, soos al hierdie, van hom sal ook geneem word wat hy gehad het, en hulle sal nie na die lig toe kom nie, maar deur My storm uitgestoot word in die buitenste duisternis in, en daar sal nog meer geween en gekners van tande wees - of met ander woorde gesê, nog meer wedersydse vervolging en verwensings. Die gelowiges wat bedrieg is, sal hulle ‘verskaffers van die hemel' oorval en hulle nie veel beter behandel as een grimmige vyand sy teenvyand nie. Want iemand wat bedrieg is, laat die bedrog net vir solank toe, as wat hy nog blind is, dat hy die bedrog nie kan insien nie; maar kom hy dit eers eenmaal agter, wee dan die bedrieër! - En hierdie wee staan nou reg voor die deur!! Daar is reeds `n groot aantal skerpskutters, en hulle sal die teiken nie mis nie.{opb.06,15; mt.13,12; mt.25,29; mk.04,25; lk.08,18; lk.19,26; mt.08,12; mt.13,42 .50; mt.22,13; mt.24,51; lk.13,28}
21] Ek meen, die van My aan die begin vir julle verskafte tekste uit My woord sal hierdeur vir julle voldoende insig verleen. -

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205