Boek 40 - Aanmanings en waarskuwings
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

ERNSTIGE AANMANING OM TE DINK AAN DIE LEWE NA DIE DOOD
B.D.5180 - 29 Julie 1951
Aan u mense op aarde roep Ek `n herhaalde waarskuwing toe: Dink aan u siel en u toestand na die dood. Want dit is `n bomate moeilike ommekeer in u aardse lewe, enkel en alleen met die doel dat u sal besin oor die dood van u liggaam en op dit wat daarna kom. Ek wil u opmerksaam maak daarop en u in alle liefde op die sware wys wat oor u sal kom, omdat u dan daarin sal glo, wanneer u nou nog nie kan glo nie, wanneer u nou nog alles as gefantaseer verwerp wat ernstige waarheid is.
U is in groot gevaar, want u gaan so maklik deur die aardse lewe heen, asof dit vir ewig sou duur en daar bly vir u nog net so 'n klein tydjie oor, dat ontsetting u sou aangryp as u op hoogte daarvan sou wees. U verspeel die lewe, onbeduidende sorge hou u besig en tog is slegs een ding belangrik: Dat u aan u siel dink, sodat sy al die moeilike gelykmoedig kan verdra om in die ryk hierna die ware lewe in lig en krag te begin.
Maar dit lê by u mense self, in welke toestand u siel die geestelike ryk sal binnegaan. Steeds dringender vermaan Ek u om u gesindheid te verander, wat weliswaar nie sleg hoef te wees nie, maar wat te wêrelds ingestel is om dienstig te wees vir die geestelike ryk.
Net soos `n liefdevolle vader roep Ek My kinders op aarde toe: Wees besorg oor u siel, dink aan die eintlike doel van u lewe en wees haastig, want die tyd tot by die einde is nog net kort. Verander uself voordat dit te laat is, dink daaraan welke lot op u wag as u aardse lewe ten einde geloop het en glo dat die lewe van die siel nie ophou met die dood van u liggaam nie, inteendeel dat sy voortleef, maar in die toestand wat u vir uself deur die aardse lewe self geskape het.
U is verantwoordelik vir u lot in die ewigheid, dit wil sê, u sal self die gevolge van u lewe op aarde op u moet neem, naamlik `n lot in duisternis as u die lewe verkeerd gebruik het. En u leef dit verkeerd, wanneer u sonder geloof en sonder liefde voortgaan, wanneer u My as u God en VADER nie erken nie en daarom ook nie My gebooie vervul nie, wanneer u maar net vir die wêreld leef, maar nie vir die geestelike ryk, wat u ware vaderland is en wat u onvermydelik sal moet betrek, wat net in sy sfeer so verskillend is, dat dit beide die hoogste geluk asook die bitterste kwelling kan beteken vir die siel, na gelang van haar toestand van rypheid.
En vir hierdie toestand van rypheid is u mense verantwoordelik. Dit roep Ek u weer toe uit die hoogte, sodat u uself aan `n selfondersoek sal onderwerp en uself verander, sodat u die aardse lewe agterweë los om die geestelike lewe van u siel te bevorder.
Luister na My roepstem uit die hoogte, besin u, draai om voordat dit te laat is, want die dag wat Ek aangekondig het, kom onherroeplik. U het nie meer veel tyd nie, benut dit daarom en dra sorg vir u siel, sodat u die einde, wat vlak voor die deur staan, nie hoef te vrees nie.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205