Boek 40 - Aanmanings en waarskuwings
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

AANSPORINGE (JOHANNES14). INTREK IN DIE HARTSWONING
B.D. 3238 - 30/31 Augustus 1944
U hart moet rein en vlekkeloos wees as u My daarin wil opneem. En dus moet u u bes doen om edeler te word en slegs goeie gedagtes in u te hê, elke opwelling moet ver van u bly, u moet mekaar in vreedsaamheid en liefde bejeën, geen wrok of haat in u laat opkom nie, u moet steeds tot hulp bereid wees en u krag gebruik om in die liefde te werk; u moet herhaaldelik versonke wees in gebed en ook aan die gestorwenes dink (onder gebed), u moet barmhartigheid beoefen en in alle geduld die swakhede van die medemense verdra en nie wil uitblink nie, veel eerder in deemoed en sagmoedigheid diensbaar wees waar u maar `n werk van liefde kan verrig. Want dan alleen gaan u aard na My, wanneer u uself inspan om My in alles na te volg, wanneer u voortdurend werk aan uself en alle foute en swakhede aflê. Dan kan Ek My Heer maak van u hart en in u woon en werksaam wees.
Dit is al `n bomatige groot geluksaligheid op aarde, want wanneer Ek Self by u is, bestaan daar geen nood meer nie, geen aardse leed en geen smart nie, want u liggaam voel niks meer nie, slegs vir die wêreld skyn dit nog gevoelig te wees, ter wille van die mense wat nie `n hoë graad van rypheid het nie, of wat nie My teenwoordigheid toelaat nie. En dus is Ek ook nie duidelik te herken nie, maar die mensekind wat die voorwaarde vervul het om te geniet in My teenwoordigheid, voel My nabyheid en is bomate geluksalig. Dié hoor My en is gelukkig met My stem.
En elke mens kan homself die geluk verskaf as hy ywerig na volmaaktheid streef, as hy alles doen om My welgevalle te verwerf en sy hart vorm tot liefde. Want dan trek hy My onvermydelik tot homself en Ek verblyf in sy hart en gaan nooit meer van hom af weg nie. As u egter gebreke het en u nie inspan om dit kwyt te raak nie, rig u `n hindernis op vir My en My werksaamheid en Ek bly dan ewig onbereikbaar vir u. U sal ernstig moet wil en van My die krag vra om die wil te realiseer en u sal alles moet doen om vooruit te gaan in u ontwikkeling, u sal uself moet ondersoek en u foute bestry, u sal in die goeie moet wedywer en steeds daarna strewe om u te vervolmaak, dan sal My liefde u bystaan en krag sal u toestroom - u strewe sal resultaat hê, u sal Myself kan opneem in u hart, en dit beteken geluksaligheid, alreeds op aarde, en ewige vereniging in die geestelike ryk.
Want die vereniging met My neem alle aardse node van u weg, sy maak u vry en vol van krag, sy onthef u van u gebondenheid aan die aarde en daar word in u `n kennis ontsluit wat u gelukkig sal maak en aanspoor om tot die uiterste werksaam te wees in liefde. Want My stem weerklink dan aanhoudend in u en Ek onderrig u en lei al u weë, u dade, u gedagtes en u wil. Dog dwing Ek u nie, maar u hart, wat u My vrywillig aangebied het, het dieselfde wil in haarself, wat uself totaal onder My Wil geplaas het en daarom kan die mens nie meer anders dink en wil nie, en dit is die grootste saligheid om een te wees met My Wil.
Strewe daarom met alle ywer hierdie vereniging met My na, werk aan uself en vorm u tot liefde, sodat Ek in alle volheid by u kan wees, sodat Ek My intrek kan neem in u hart en u nie meer eensaam en verlate sal wees nie, sodat My liefde u gelukkig kan maak en My krag u kan toestroom, sodat u die weg oor die aarde nie meer alleen sal gaan nie, maar in My `n voortdurende Begeleier sal hê.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205