Boek 40 - Aanmanings en waarskuwings
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

'N WYS OP DIE NATUURKATASTROFE. DRINGENDE AANMANING OM USELF VOOR TE BEREI
B.D.3949 - l Januarie1947
U almal wat My woord ontvang, roep Ek toe: Berei u voor op die komende tyd, wat groot veranderinge van u lewensituasie sal bring, wat u vir groot probleem sal stel, geestelik en aards, en wat u daarom nie ernstig genoeg sal kan neem, as u geen skade aan u siel wil berokken nie. Want u moet al vooraf krag put, omdat daar oorgrote eise aan u gestel sal word, sowel geestelik as liggaamlik. Die aardse lewe sal so swaar op u druk, dat u dit slegs met My hulp sal kan uithou, en dus sal u in die eerste plek met My verbind moet bly, u sal nie wankelmoedig mag word in u geloof nie, en dink dat Ek u verlaat het nie, want alleen in die geloof in My kan u troos en krag vind, en dan sal u na My toe kom en Ek sal u help.
En of daar ook om u vele sal afval van die geloof in die aangesig van die groot nood, wat onherroeplik sal kom - bly standvastig en My toegekeer in u hart en u sal My en My aanwesigheid bemerk, u sal altyd die hulp vind wat Ek u beloof het. Nóg kan u nie geloof skenk aan dit wat Ek u steeds en steeds weer verkondig het nie, nóg lyk dit u twyfelagtig dat Ek Self duidelik sigbaar sal word. Maar die uur kom steeds naderby en daarmee `n totale ommekeer van die vertroude lewensomstandighede.
En daarop moet u uself voorberei, deurdat u uself vroeër al losmaak van alle materie, deurdat u die verdere leiding oor u lewe alleen aan My oorlaat en in die volle geloof in My nog net sorg vir u siel. Want die aardse, al dra u nog soveel sorg daarvoor, kan u nie behou, wanneer Ek dit vir u beter vind dat u dit verloor nie.
Maar wat Ek vir u wil behou, sal ook nie deur die natuurgeweld, waardeur Ek My sal openbaar, aangeraak word nie. Glo daarin dat Ek die lot van elkeen stuur in ooreenstemming met My Liefde en Wysheid en dat elke angstige sorg van u ongegrond is. Ek Self sorg so vir Myne, dat hulle nog op aarde so veel as moontlik rypheid van siel kan bereik. Want die tyd tot die einde is nog maar kort en dit beteken vir baie ook `n verkorte tyd van lewe op aarde, hulle moet en kan egter tog ook in `n korter tyd die doel bereik, omdat My Liefde hulle elke moontlikheid sal ontsluit. Neem daarom My woorde ernstig, hou rekening met `n spoedige einde en met die voor die einde plaasvindende natuurkatastrofe en verwag haar elke dag, want dit kom ook vir myne as `n verrassing. En vertrou u sonder beperking toe aan My, want Ek verlaat u ewig nie, as u maar net aan My dink, dan hoor Ek u wanneer u in u hart roep na My.
Maar gebruik die kort tyd produktief daarvoor, gee al die aardse strewe op en soek net om geestelike voordele te behaal. En bly My trou, ook in die grootste aardse nood, en u sal My as 'n voortdurende Helper aan u sy hê, u sal My, dikwels wonderbare hulp, duidelik ondervind, want dit het Ek aan u toegesê en My woord is en bly ewige waarheid.
Glo daarin en dus ook aan die komende groot tyd van nood en berei u voor daarop, deurdat u voortdurend krag sal put uit My woord, deurdat u My inniger sal soek as ooit en met My in voortdurende verbinding sal bly deur gebed en werke van liefde, want u sal baie krag nodig hê, sodat u nie swak sal word wanneer Ek Myself openbaar deur die natuurgeweld nie. Maar vrees niks wat daar ook mag kom nie, want myne beskerm Ek, sodat hulle vir My, in die laaste tyd voor die einde, tot sterk steunpunte sal word op aarde, wat My moet help om My woord te versprei, sodat daar nog siele gered kan word wat van goeie wil is.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205