Boek 40 - Aanmanings en waarskuwings
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

AANSPORING OM YWERIG TE ARBEI VIR DIE RYK VAN GOD
B.D.3931 - 8 Desember 1946
Waar die geleentheid homself voordoen, moet u praat vir My en My woord versprei, want die nood om u heen is groot en u kan dit alleen teengaan deur die gedagtes van die medemense op My te rig. Ek alleen kan die aardse nood ophef en Ek sal dit ook doen, sodra die mense hulleself self inspan om vir eers die geestelike nood op te hef. Hulle staan vlak voor die afgrond en alleen die eie wil kan hulle daarvan wegruk, want hulle moet self eers wil dat Ek hulle bystaan met My barmhartigheid en krag, dan is ook My Liefde bereid om hulle nog ter elfder ure te help. En om hierdie rede sal u hulle My leer (van die liefde) moet verkondig, u sal hulle in kennis moet stel van My woord, sodat hulle op die hoogte kan wees van My Wil, en soos hulle My woord gelowig aanneem, ook probeer om daarvolgens te lewe. En hulle siele sal gered wees.
En as u nou weet hoe dringend nodig u arbeid is vir My ryk, as u bereid is om hierdie arbeid te verrig om die siele van die medemense te help, dan sal dit ook vir u begryplik wees dat daar goed vir u gesorg sal word, waar u in My diens is, want iedere werkgewer sorg vir Sy knegte en des te sorgsamer, hoe bereidwilliger instrumente hulle vir Hom is.
En so roep Ek u steeds weer toe: Laat alle aardse sorge van u afval, neem alleen u geestelike arbeid ter harte, wees ywerig werksaam vir My en al die ander wat u vir u aardse lewe nodig het, sal Ek vir u doen, Ek sal u weg op aarde gelyk maak en u ongedeerd na die doel voer. Elke dag is kosbaar en elke dag moet u vir My en My ryk arbei.
Steeds weer sal u mense teëkom wat voortgaan sonder om op hoogte te wees van hulle opdrag op aarde, steeds weer sal u uself kan oortuig van die swak geloof van die medemense, of van hulle totale ongeloof, en steeds weer sal u vir My kan bly praat, u sal getuienis kan aflê van My groot Liefde en Erbarming wat aan u geopenbaar is deur die toekom van My woord. Oral sal u geleentheid hê om in My Naam te praat en opheldering te gee, dwaallere reg te stel en dus algehele waarheid te versprei, net soos wat dit My Wil is. Hoe die mense hulleself daarteenoor instel, word aan hulle self oorgelaat, maar sonder die oordrag van die suiwere waarheid, sonder kennis van My woord, is die weg na My vir hulle verborge, en u moet hulle wys op die korrekte weg, u moet My liefdesleer aan hulle verkondig en haar nadruklik op die hart bind, dat hulle hulleself moet verander tot liefde.
Luister hulle na hierdie aansporinge, dan is hulle ook al geestelik en liggaamlik geholpe, want sodra hulle hulle bes doen om in die liefde te lewe, sal hulle aardse lewensomstandighede ook `n verbetering ondergaan, omdat Ek dan geen so harde opvoedingsmiddel meer hoef te gebruik om hulle te help nie, as hulle eenmaal die weg gegaan het wat na My lei - die weg van die liefde.
Spoor hulle aan tot liefde en wys hulle op My en My aardse lewenswandel, waar Ek hulle `n lewe van Liefde voorgeleef het en hulle gebied het om My na te volg in hulle lewe. Stel hulle nadruklik die seën van `n lewe in liefde voor die gees en die groot gevaar van hulle ondergang, as hulle geen ag slaan op My gebod van die liefde nie, en kondig hulle die nabye einde aan en met gevolg die noodsaaklikheid van `n verandering tot liefde. En u sal energieke arbeiders wees in My wingerd en seker kan wees van elke ondersteuning van My kant.
U hoef self geen enkele aardse sorg te maak oor u lewenslot nie; net soos dit goed is vir u, so lei Ek u, en die versekering van My beskerming kan vir u waarlik waarborg wees vir `n sorgelose bestaan, as u maar vasstaan in die vaste onwankelbare geloof.
Maar wie Ek as arbeider in diens geneem het, sy geloof sal ook die sterkte bereik wat nodig is vir sy amp op aarde. Ek laat u wat My wil dien, nie in liggaamlike en geestelike nood nie, en My krag sal u deurstroom as u uself inset vir My Naam. Wees daarom nie bang en aarsel nie, vrees geen aardse las nie, maar verhef u oë en harte tot My, Wie u seën op aarde, omdat u liefde vir My en die naaste u aanspoor om vir My werksaam te wees.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205