Boek 40 - Aanmanings en waarskuwings
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

U PLIG OM DEUR TE GEE. WAARSKUWING VIR VREEMDE KENNIS
B.D.5808 - 19 November 1953
Niks moet u daarvan weerhou om vir die waarheid op te kom wat u van My af ontvang nie. En wat u nie deur My gegee word nie, laat dit geen deel van u sprake wees nie; wat Ek u nie gegee het nie, kan u ook nie oortuigend as waarheid verdedig nie, en alleen die oortuigde spreek sukses en kan seën bring.
Die (ware) kennis is onuitputlik - maar vir u lewe op aarde sal u net dit kan ontvang wat u ook sal kan verwerk. En die kennis laat Ek u toekom, steeds in ooreenstemming met u gedagtes en aangepas aan die rypheid van u siel. Ek wil net dat u `n korrekte, doelmatige lewenswandel lei en daarom stel Ek u in kennis van die taak van u lewe op aarde en verklaar u sodoende wat daar aan hierdie lewenstaak ten grondslag lê.
Alleen dit sal u moet weet, dat u gebonde skepsels is, maar wat hulleself in vrye wil van hulle boeie kan losmaak. En sodat u hierdie verlossing nastreef en sal bereik, vermeld Ek die riglyne vir u lewenswandel. Die verantwoordelikheidsbesef in u moet gewek word, wat dan u denke en handelinge sal bepaal.
En Ek gee u waarlik uitputtende opheldering daaroor - maar dit sal steeds net gedeeltelike kennis wees, in vergelyking met die volledige insig van `n tot ligwese ryp geworde siel in die ryk hierna. Wat Ek u gee omvat tog alle gebiede wat vir u wetenswaardig is, sodat u in `n sekere sin sonder leemtes onderrig is, sodat u steeds opheldering sal kan gee as u van menslike kant daarom gevra sal word.
En tog sou dit onverstandig van u wees om alles wat u van My af weet en in ontvangs mag neem, op `n wilde wyse aan u medemense, wat nog nie daarvoor ryp is nie, oor te dra en dit daarom nie sal begryp nie. U sal steeds net kan uitdeel wat die medemens nodig het, maar dit dan ook in volledige waarheid, omdat u uself aangebied het om My te dien en die diens vir My steeds bestaan in die uitdeel van die waarheid, omdat elke dwaling verreikende gevolge het.
Die kennis wat Ek u laat toekom, gee eers vir uself `n helder lig, sodat u goed in staat sal wees om te onderskei of u medemens in die waarheid wandel, en of hy homself in dwaling bevind. En as u nou dwaling ontdek, sal u die waarheid daarteenoor moet stel, omdat u die reg daartoe het, en wel daarom, omdat Ek u Self onderrig en van My waarlik net waarheid ontvang kan word.
Die ontvang van die waarheid lê u die verpligting op om haar deur te gee - dit moet steeds weer aan u gesê word. Daarom, wat u insien, gee dit onbesorg verder, maar swyg oor geestelike sake wat nog nie vir u duidelik is nie - of laat u nie deur medemense onderrig oor sake wat Ek Self van u weerhou het nie. Laat steeds net My woord geld en sluit u ore vir `n leer wat van buite af tot u deurdring. Want omdat Ek u geen uitsluitsel daaroor gegee het nie, vind Ek die kennis nie gunstig vir u nie.
Elke vraag wat u self aan My stel, sal Ek u beantwoord, veral dan, wanneer die kennis deur u gebruik kan word om weer vir My te werk. Maar geensins moet u eie gedagtes as waarheid verdedig, solank as wat dit nie deur My Gees bevestig word nie. En dit is die geval, wanneer u uself deur medemense laat beïnvloed, om hulle idees en opvattinge aan te neem en daarvoor op te kom.
My draers van die waarheid lê Ek die gevoel vir waarheid en dwaling in die hart en steeds sal hulle ag slaan op hulle gevoelens. Steeds moet hulle ernstig na die waarheid verlang en hulle bes doen om slegs die waarheid te dien, dan sal hulle My ook dien en hulle denke sal vry bly van dwaling, en hulle sal bruikbare knegte vir My wees, wat suksesvol arbei vir My en My ryk.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205