Boek 40 - Aanmanings en waarskuwings
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 17

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

WAARSKUWING TEEN SKYN EN UITERLIKHEID
B.D.6833 - 18 Mei 1957
Ek ken al u gedagtes, Ek is op hoogte van u mees innerlike hartsgevoelens en daarom sal u My nooit om die bos kan lei nie. Dit wil Ek aan al diegene sê wat anders dink as wat hulle monde spreek, wat wel hulle medemense sand in die oë kan strooi, maar wat nooit hoef te glo dat Ek beoordeel wat die mond spreek nie, inteendeel steeds net na die hart kyk, hoe haar gevoelens is.
En so sal u mense ook kan insien dat elke na buitentoe sigbare manier van doen, sin- en doelloos is, dat dit steeds net geskik is om die innerlike gevoelens en opwellinge vir die medemens te verberg en dat dit alleen tot leuenagtigheid en veinsery aanspoor, wanneer die denke en gevoel van die mens anders is. Maar by My bly niks verborge nie. Ek sien tot in die uiterste verborge hoekie van die hart en Ek sal ook alle handelinge van die mens in ooreenstemming daarmee beoordeel.
Daarom sou Ek u graag net tot waaragtigheid opvoed. Ek sou graag in u die gevoel vir verantwoordelikheid wek, sodat u uself aanpak, dat u streng selfkritiek beoefen oor u denke en handelinge en dat u elke speletjie teenoor My agterweë laat, dat u uself heeltemal blootlê en u My so nader soos wat u werklik is - om dan ook u foute en gebreke in te sien en dan ook in alle erns aan uself te werk. Want al die mooipraat wat u graag doen, help u nie om u werklike daaronder te verberg nie. En Ek vra u: Is die oordeel van u medemense u meer geleë as Myne? Wat u wêrelds doen, sou so nou en dan wel aanleiding kan gee om u te verberg, vir u `n masker op te sit.
Maar u speel ook wegkruipertjie op geestelike vlak. Waar dit oor die heil van u siel gaan, sou u dit waaragtig moet los, of u laat maar net blyk dat u nie in My ,as hoogs volmaakte, alles deurdringende Wese, glo nie.
En daarom is die mens wat alles nalaat ,wat as arbeid aan sy siel te beskou is, en dit ook openlik toegee, nog onnoembaar beter as diegene wat die indruk wil wek om goed en vroom te wees en tog geen enkele sorg aan hulle siel bestee nie. Want hulle weet wat hulle taak op aarde is, maar kom dit nie na nie, maar veins dit. En elke leuen is van die teenstander, dus skik u uself ook vrywillig na sy werkingsfeer.
Wie ernstig daarna streef om volmaak te word, werk in alle stilte aan hulleself en die medemens sal maar weinig daarvan merk, slegs die lewenswandel in liefde is herkenbaar na buite. Ook werke van liefde kan voorgegee word en in waarheid gerig wees op `n bepaalde doel, maar ook dit word nie deur My gewaardeer nie, want ware liefde ontwaak in die hart van die mens en is nie deur uiterlike handelinge te vervang nie.
Dit sou alle mense vir hulleself goed aan die ore moet haak, dat Ek ware erns verlang, waarby die heil van die siel nagestreef word, dat Ek geen genoegdoening neem met uiterlikhede, wanneer die erns van die liefde daarby ontbreek nie en dat niemand hom teenoor My kan voordoen nie. In gees en waarheid moet u bid en so moet u ook in gees en waarheid handel.
Maar elke uiterlikheid is skyn en bedrog, wat die hart ook soms insien en die mens moet daarom alle uiterlikhede vermy sodra daar in sy hart die diepe en ernstige verlange is om homself met My te verbind. Dan is vir hom elke uiterlikheid net storend om homself innerlik te konsentreer, dan sal hy homself ook ver hou van tradisionele gebruike wat niks anders is as simbole waaraan die eintlike betekenis ontbreek nie.
By baie mense ontbreek dit natuurlik ook aan die korrekte erns om hulle wese te verander, op te hef en tog sal dit hom maar net `n lewe in geluksaligheid oplewer, want `n verkeerd gevormde siel kan nie in `n sfeer geplaas word waar hy sou vergaan nie. Hy kan die ligryk nie ingaan, wanneer hy homself vooraf nie so gevorm het, dat hy ontvanklik geword het vir lig nie. En met die doel van hierdie omvorming bevind hy homself op aarde.
En daarom sou hierdie omvorming, die verandering van die wese, met alle erns uitgevoer moet word, want daar is maar `n kort tydjie wat die mens ter beskikking staan daarvoor, wat egter voldoende is, wanneer hy die wil het om My te bereik.
Dan sal Ek hom waarlik bystaan en hom op elke manier help om ryp te word, dan sal hy homself herken en vanuit sy hart roep na My en Ek sal sy roep verhoor, omdat dit in gees en waarheid na My opgestuur word.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205