Boek 40 - Aanmanings en waarskuwings
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

ERNSTIGE AANSPORING OM TE WERK AAN DIE SIEL
B.D.4419 - 26 Augustus 1948
`n Ryk skat staan u ter beskikking, waar die mense egter onverskillig verbygaan. Elke wysing daarop word wel aangehoor, maar laat geen indruk na nie.
Van alle kante kom u kennis toe oor `n toekomstige verandering van die lewe, maar u glo dit nie, en die tyd wat nog as `n laaste tyd van barmhartigheid te beskou is, gaan verby. U mense benut nie hierdie kennis nie, u let nie op My stem, wat u oor op verskeie maniere tref nie.
En so sien Ek My genoodsaak om dit so hard te laat weerklink, dat u dit wel sal moet hoor, ofskoon u ook dan nog nie gedwonge is om daarop ag te slaan nie, want u wil is vry. Die tyd het egter gekom wat die einde beteken, omdat die mense nie meer gewillig is om te verander nie, in weerwil van hulle vermoë om te verander. Hulle lewe heeltemal sonder geloof, hulle staan so ver van My af, dat hulle sonder enige geestelike toevoer van krag is en dus geen geestelike vooruitgang kan boek nie. Hul aardse lewe het volkome doelloos geword, want hulle gebruik dit nie vir die ewigheid nie, inteendeel, dit het vir hulle slegs `n doel vir hulleself, dus in stryd met My ewige ordening. En daarom wil Ek `n einde hieraan maak, sodat die aarde weer nuut verrys, sodat die geestelike ontwikkeling van die mense wat haar dan sal bewoon, weer verder kan gaan en Ek weer onder My skepsels kan vertoef en op hulle die krag van My Liefde kan uitstraal, omdat hulle My sal liefhet en daarna sal strewe dat Ek by hulle aanwesig moet wees.
En so het vir hierdie aarde onherroeplik die laaste tyd gekom, dit is `n uitermate ernstige tyd vir alle mense, want hulle vra `n enorme verantwoordelikheid, omdat dit lewe of dood bring, maar nie alleen vir die liggaam nie, veel eerder vir die siel wat ewig moet ly of ook geluksalig kan word.
U mense moet na My woord luister, neem dit ernstig, berei u voor, probeer die geloof te verwerf, deurdat u met ernstige wil sal nadink oor dit wat u deur My boodskappers verneem, bied geen weerstand wanneer u gevra word om werksaam in die liefde te wees nie, want alleen dit bring u redding, dit bring `n innerlike verandering tot stand en is die lewe van u siel. Let op die nood om u heen en gryp helpend in waar dit moontlik is, plaas die eieliefde opsy en gee die naaste, wat in dieselfde nood is as u, meer aandag. Help hom en u sal ook geholpe word en glo daarin dat die einde naby is. Dan sal u ook u lewe beter benut, u sal u met die gedagtes aan die dood en aan `n voortlewe van die siel besig hou en u lewenswandel sal vanself in goeie weë gelei word, omdat die verantwoordelikheidsgevoel dan in u sal groei en u sal streef na die heil van u siel.
Ek wil u steeds maar net aanmaan, ter wille van uself, dat u aan u siel dink en aan haar welsyn u meer geleë sal wees, as aan die welsyn van die liggaam, wat Ek laat toekom wat dit nodig het, as u maar reken op die lig, op die waarheid, en u weg soek na My. Want vinnig gaan die tyd verby wat nog vir u oorbly, maar onnoemlik baie sal u nog kan bereik met `n goeie wil, omdat Ek elkeen help wat in My glo en probeer om My Wil te vervul.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205