Boek 40 - Aanmanings en waarskuwings
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

AANMANING OM STANDVASTIG TE BLY IN DIE GELOOF
B.D. 4904 - 24 Mei 1950
U sal vir alles beloon word wat u om My ontwil sal moet verduur. Bly daarom standvastig en dink steeds daaraan dat die liggaam wel van u afgeneem kan word, maar nie die siel nie, dat mense wel die liggaam kan dood, maar dat die siel nie deur haar vyande gedood kan word nie. Bly standvastig in die geloof in My as God se Seun en Verlosser van die wêreld, want hierdie geloof wil mense van u afneem, mense wil My wegdring uit die gedagtes van die mense en dit bereik hulle deur brutale maatreëls, wat gemik is om hulle, wat swak van geloof is, aan die wankel te bring.
Vertrou dan tog op My, Wie u bystaan in elke aardse nood en u ook teen die maatreëls kan beskerm as Ek dit as goed beskou. Versterk u geloof, laat dit so standvastig word dat u vir uself niks daarvan aantrek wat die wêreld u aan wil doen nie. Dink aan My woorde: Ek wil u vir alles beloon wat u om My ontwil sal moet ly. As u geloof sterk is, raak die maatreëls van die aardse maghebbers u nie, dit maak u nie bang nie, omdat u in My u Heer sien, Wie Sy kinders in Liefde met sorge omring en hulle behoed teen die vyand van hulle siel.
Deur hom aangespoor, sal die wêreld u erg in die noute bring, maar u sal haar kan weerstaan as u uself maar by My aansluit, as u My in die stryd teen die vyand na u toe trek, Wie waarlik aan u sy stry, om ook die sege te behaal oor hom. U sal hom nie mag vrees nie en openlik van My en My Naam getuienis moet aflê, u mag nie swyg nie, want u moet praat waar mense My wil doodswyg.
Ek het u nodig, sodat u van My sal getuig wanneer die mense vrees om My te bely.
Dan moet u My werke in u, en My bestemming vir u, hardop verkondig, dan sal u hulle die bewys moet lewer wat standvastigheid in die geloof vermag, u moet nie vrees vir u lewe nie, wat geen waarde het as u u siel verkoop het nie, u moet inteendeel ook bereid wees om u lewe te gee en dit inruil vir `n heelwat heerliker lewe in die geestelike ryk.
Maar eers wanneer dit My Wil is, sal u van die aarde af weggeroep word, want teen My Wil in sal mense u geen leed kan berokken nie.
En daarom roep Ek u toe: Hou vol en bly standvastig tot by die einde - glo in My belofte dat Ek in die grootste nood kom om u te red en u na My toe te roep, weg uit die plek van verderf, uit die ryk van die duiwel.
Verwag My en vrees nie, want My woord sal vervul word wanneer die tyd daar is. En Ek laat die myne waarlik nie in die hande van My teenstander val nie. Ek kom u haal om u te bring in `n ryk van vrede, en salig sal die wees wat sterk is en volhard tot aan die einde.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205