Boek 40 - Aanmanings en waarskuwings
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

GOD SE VERMANENDE STEM - NUWE TYDPERK
B.D.6079 - 15 Oktober 1954
Laat die stem van God nie ongehoor aan u ore wegsterwe nie, want daar breek `n nuwe tyd aan - `n nuwe tydperk wat u wel sal kan meemaak, wanneer u ag slaan op dit wat God Self aan u sê, wanneer u aan Sy stem gehoor gee en u korrek vorm, net soos die nuwe tydperk dit van u verwag. Want hierin sal slegs die mense op aarde vertoef wat in die nouste verbinding staan met God, WIE dan ook te midde van Syne sal vertoef op aarde.
En hierdie omgang met God vra ook `n gesteldheid van die mens wat so 'n noue band toelaat. Maar dit sal u mense nog in hierdie laaste tyd kan bereik, want daarom spreek God u Self aan, dat u uit Sy woorde die noodsaaklikheid kan insien en ook die krag kan put om uself te omvorm tot wesens van liefde, waarsonder `n lewe op die nuwe aarde ondenkbaar is.
Wat u nie uit eie beweging doen nie, moet u doen wanneer God dit vir u op die hart bind, so nadruklik en begryplik as wat u onder die indruk daarvan sal kan wees, wanneer u maar op Sy stem sal let, wanneer u Sy woorde ter harte neem en dit navolg.
Om in die lawaai van die wêreld die stem van God te hoor, stel u wil voorop, dan sal Sy in u klink, regstreeks of u sal tevredegesteld luister wanneer God deur Sy boodskappers tot u spreek - u sal die stem van die VADER herken, Wie besorg is oor u en u wil help wil om die weg uit `n toestand van die dood te vind - Wie die lewe vir u toeganklik sou wil maak.
Maar u sal self die weg moet gaan wat na die lewe voer. En op hierdie weg wys God u deur Sy woord. Hy Self onderrig u en Sy onderrigting is waarlik duidelik en ondubbelsinnig en sy kan in u `n helder lig ontsteek, wanneer u maar ag daarop sal slaan en haar nie in u ore laat wegsterwe nie. Of u dit wil glo of nie - die aarde gaan `n nuwe tydperk van ontwikkeling binne en ook hierin sal sy deur mense bewoon wees, maar wat in `n ander toestand moet wees as wat u wat tans op aarde is. Maar daar is vir u nog `n verandering moontlik, u sal self die graad kan bereik wat `n verblyf op die nuwe aarde toelaat, maar steeds net met God se hulp.
Daarom klink Sy stem steeds weer vir u en spoor u aan om hierdie verandering van u wese na te strewe en so 'n innige verbinding met Hom aan te gaan, sodat u geskik sal wees om op hierdie nuwe aarde geplaas te word, wanneer die uur slaan. Want dit staan vlak voor die deur - spoedig is die termyn verby wat God vir u mense op hierdie aarde gestel het en spoedig sal Hyself die omvorming van die aarde voltrek wat `n nuwe tydperk van ontwikkeling inlei.
En met alles wat ongeskik is vir die nuwe aarde, sal dit gedaan wees en passend by sy geestelike rypheid, weer gekluister word in `n nuwe vorm.
Luister na God se stem, wat u aanmaan en waarsku, sodat u tot diegene hoort wat deur Sy Wil gered word, wat Hy op die einde sal plaas in die paradys van die nuwe aarde.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205