Boek 40 - Aanmanings en waarskuwings
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 14

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

GOD SE WAARSKUWING VIR DIE KWELLINGE VAN DIE HERNIEUDE KLUISTERING
B.D.6694 - 20 November 1956
Daar kan ewighede verbygaan, alvorens u siele die weg na My sal vind; maar dit is verseker dat hulle eenmaal na My toe sal terugkeer.
Maar hierdie woorde moet u mense nie lou laat word in u geestelike strewe nie, u sal nie - in die sekerheid om eenmaal tog die doel te bereik om nie vir ewig verlore te gaan nie - onverskillig deur die aardse lewe mag gaan en die arbeid aan u siel agterweë laat nie, want u weet nie hoe vol kwellinge die tyd op hierdie aarde is vir die siele wat beskore is om te faal nie.
Want dit is die tyd van die einde, dit beteken u dood - as u nie voortydig sal sterwe nie - wel ietwat anders as tot nou toe. Want die geestelike ryk sal na die einde van die aarde vir u geslote wees, wat andersins die siele opgeneem het wat van die aarde skei en wat ook in die geestelike ryk nog hulle proses om heeltemal ryp te word, kon voortsit as hulle dit sou wil.
Maar nou, na die einde van hierdie aarde, begin `n totaal ander ontwikkelingsfase, oral word die orde weer tot stand gebring, wat My ewige wet is, en dit beteken ook `n hernude inkarnering vir al die geestelike - beginnend met die kluistering in die hardste materie en opname van die tot nou toe gekluisterde in die ontwikkelingsproses wat steeds verder voortgaan. Al die onryp geestelike word ook weer geïnkarneer in die mees verskillende skeppings van hierdie aarde; en ook vir die geestelike ryk sal daar `n tyd van rus en vrede wees, omdat die duistere kragte nou geen stryd meer kan voer nie, want ook hulle is gekluister in die vorm. Die boeie is vir My teenstander aangeslaan, want sy aanhang is gebonde.
En so weet u dat u `n vreeslike lot tegemoet gaan na die einde van hierdie aarde, al het u ook die sekerheid om eendag vry te word van alle kwellinge en salig te mag wees. Maar die tyd tot dan toe mag u nie onverskillig benader nie en daarom sou u alles moet doen om nog voor dit, die weg na My te vind, want dit sal ewighede wees wat u dan nog op `n verre afstand van My sal deurbring. Maar deur u eie skuld, want voortdurend laat Ek u mense die kennis daaroor toekom, maar net baie min neem dit aan.
En die dae gaan verby en bly onbenut. En u kan dit glo dat u My vir die swaarste leed ewig dankbaar sal wees, wanneer dit u tot ander gedagtes gelei het, wanneer u deur die leed, nog voor die einde, die weg na My gevind het.
Maar die leed is nog maar die enigste middel, die leed kan `n seën vir u wees wanneer dit u tot rede bring sodat u uself sal moet verander, voordat dit te laat is.
My Liefde wil nie dat die mense ly nie, maar My Liefde wil u deur weinige leed `n onmeetlik lange lydensweg bespaar, want Ek is op die hoogte van die mate van kwellinge, en wat Ek nog op aarde oor u gaan laat kom om u verandering te bewerkstellig, is onbeduidend te noem teenoor sulke kwellinge. Maar die verharde harte van die mense is nie anders te tref as deur oorgrote nood nie.
En daarom moet daar so 'n nood kom, as Ek nog `n paar wil wen, ook wanneer u mense nie sal kan begryp dat Ek oor alles swyg wat die mense mekaar aandoen, of wanneer Ek Self die mense hard aangryp deur gebeurtenisse, veroorsaak op natuurlike wyse.
Ek laat baie toe, want hierdie nood op aarde sal spoedig ophou. Maar die nood van die siele wat nie die weg na My vind nie, sal weer eindeloos lang tye duur.
U sal eendag sekerlik by My beland, maar wil u self die tyd wat u ver van My afstaan, die tyd van rampspoed, wat die gevolg is van die verwydering van God, verleng? Terwyl dit tog vir u moontlik is om dit nou op hierdie aarde al te laat ophou!
Ek besweer u dringend: Glo hierdie woorde en keer in uself. Laat u gedagtes maar net vraend dwaal in die oneindigheid, sodat u opheldering kan verkry oor wat u dink nie geglo kan word nie.
En waarlik, Ek sal aan u vrae gehoor skenk, Ek Self sal u vasgryp en u help om die korrekte weg nog voor die einde te gaan, die weg wat na My en die ewige geluksaligheid voer. Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205