Boek 34 - Vrae oor die Wêreldruim
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24.

DIE GEÏSOLEERDHEID VAN DIE HEMELLIGGAME
B.D.6323 - 31 Julie 1955
Ontsaglike afstande lê tussen die skeppings wat u mense as hemelliggame aan die uitspansel aanskou. Afstande, wat vir u nie te skat is nie, en daarom ook nie te oorwin is nie, omdat elke afsonderlike hemelliggaam self `n wêreld op sigself is en hierdie wêrelde hermeties van mekaar afgesluit is in soverre, dat dit geheel verskillende lewensfere besit, steeds in ooreenstemming met die aard van die hemelliggaam en ook met sy bewoners.
U mense mag nie glo dat My skeppende Gees nie veelsydig genoeg sou kon skep en voortbring nie - u mag nie glo dat u u lewensvoorwaardes op ander hemelliggame ook net so sal terugvind soos op die aarde wat u bewoon nie - en u mag nog veel minder glo dat die hemelliggame u dieselfde lewensmoontlikhede sou bied wat vir u bestaan noodsaaklik is - in geval u ooit in die gebied van so 'n hemelliggaam sou beland.
Dit sou dog `n vergeefse onderneming wees, want u sal nooit slaag om ook maar 'n enkele verbinding met ander hemelliggame aan te knoop nie, tensy dit op `n suiwer geestelike manier geskied - dit kan plaasvind deur die stuur van gedagtes, wat vir u egter altyd tot 'n geestelike vooruitgang sal dien, egter nooit op die manier wat betrekking het op dit wat deur u mense oor die wêreld beplan word nie.
U mense kan weliswaar groot bekwaamhede ontwikkel, u kan skeppend en vormend besig wees op aarde. U kan die kragte van die natuur deurgrond en dit vir u op elke manier nuttig maak. U kan op grond van u verstand diep in natuurwette binnedring en nou met al u insigte na vore kom, maar u arbeidsveld is en bly altyd net die aarde. En as u nou al u verstandelike insigte probeer gebruik tot heil van u medemens, dan sal My seën u werk ook ondersteun, want dan word aan My wet van die ordening voldoen. U moet egter ook in hierdie ordening bly, u moet die wette wat Ekself uitgevaardig het, in ag neem, en wat aan alle skeppingswerke duidelik te sien is.
En daartoe behoort ook die ontsaglike afstand van die hemelliggame tot u aarde, daartoe behoort die geïsoleerd wees van elke aparte hemelliggaam van die andere, wat afgesluit word deur die lugleë ruimte, wat deur die stratosfeer gekenmerk is, wat `n verblyfplek van `n mens in hierdie ruimte onmoontlik maak en u daarom duidelik moes laat sien, dat Ek u self afgesonder het. Want al glo u ook om sulke "hindernisse" te kan oorwin, u mense sal by sulke pogings skipbreuk ly, u sal ten gronde gaan as u uself in gebiede waag wat deur My vir u afgesluit word.
U bewys maar net daarmee dat u baie arrogant van inbors is om te glo dat u goddelike natuurwette ongeldig kan maak - u bewys dat u nòg hierdie wette, nòg die Wetgewer erken en u bewys dat u mense ryp is vir `n totale verandering van hierdie aarde, omdat die vernaamste insig u ontbreek, naamlik: Dat daar Een bo u staan, Wie die laaste Woord spreek en dat u die EEN nie moet onderskat nie, aangesien u andersins nie iets sou onderneem het wat nie aan u as bewoners van hierdie aarde toegestaan is nie, naamlik, om ander hemelliggame, wat vir u heeltemal onbereikbaar is en sal bly, tot die doel van u ondersoek te maak.
Elke hemelliggaam dien die geestelike wesens om hulleself te voltooi, en die rypheidsgrade van hierdie wesens is so verskillend, dat hulle almal ander skeppings nodig het. Skeppinge waarin u mense nie kan bestaan nie en daarom kan daar ook nooit `n verbinding tussen die wêrelde bestaan nie.
My skeppende Gees en My skeppende Wil het waarlik niks sonder wysheid laat ontstaan nie, maar u mense sal nooit kan deurgrond wat buite u aardse sfeer bestaan nie as slegs dit, dat die bestaan van ontelbare sterre en wêrelde vir u as `n vaste feit te staan kom, omdat dit nie tot nadeel van u siel sal strek nie - alle verdere kennis kan egter slegs geestelik vir u ontsluit word.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205