Boek 34 - Vrae oor die Wêreldruim
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24.

ONGEÏDENTIFISEERDE VLIEËNDE VOORWERPE. BEGOGELING DEUR DIE TEENSTANDER – O.V.V. (U. F. O.'S.)
B.D.8623 - 22 September 1963
U sal nog dikwels in groot twyfel gedompel word en daartoe gebring word om vrae te stel, want in die eindtyd moet u nog bedag wees op groot verrassings wat vir u van die kant van My teenstander berei word. Hy sal vir geen middel terugdeins, om u mense in die war te bring en u van die waarheid af weg te hou nie - hy sal alles doen om u gedagtes af te lei van u eintlike siele-arbeid en hy sal daarby listig te werk gaan, sodat dit moeilik sal wees om sy aktiwiteite te herken as satanies, want steeds sal hy homself met `n liggewaad kamoefleer. Hy sal aan u voorgee dat u beskerm word, dat daar vir u hulp in aardse nood kom van "bo" in die gedaante van ligwesens, van bewoners van ander hemelliggame, wie hulleself oor die mense ontferm. Want hy sien die chaos wat daar op die aarde heers baie goed in en benut dit ook nog vir sy eie doeleindes – om die verwarring nog groter te maak.
Weliswaar is daar, in My opdrag, tallose ligwesens bereid om u mense wat hulp wil hê, dit dan ook te verleen, sowel geestelik asook aardse, maar hul werksaamheid sal slegs suiwer geestelik wees. Hulle sal op die denke van u inwerk, hulle sal u met sagte drang na My in Jesus Christus lei - hulle sal u lotgevalle lei sodat u siel voordeel daaruit kan trek. Hulle sal u deur middel van gedagtes goeie raad gee en u kan hulle ook in al u nood om hulp aanroep, sodra u met My verbonde is, sodat Ek dus die ligwesens die opdrag kan gee om u by te staan.
Maar vir al hierdie hulpverlening is daar waarlik geen dinge nodig wat vir u sigbaar sal wees nie. Die ligwesens sal u nie benader deur hulleself te laat manifesteer of, hulleself van sulke voorwerpe te bedien wat u met u oë sou kan waarneem nie. Want die bewoners van die ligwêreld, die bewoners van My ryk, wat Ek die opdrag gee om u hulp te verleen, het geen omhulsel wat vir u sigbaar is, nodig om hulle wil `n werklikheid te laat word nie. Dit is geestelike wesens wat altyd net geestelik op u inwerk.
My teenstander werk egter anders op u mense in - hy probeer u verblind - hy wil die mense laat glo dat boaardse wesens hulleself die lot van die bewoners van die aarde aantrek - en hy dra sy aanhangers op om skynligte te laat opflikker, want dit is sy doel om die mense van `n oorgawe aan hulle God en Skepper te laat afsien, dat hulle hulleself na hierdie wesens wend, hulleself aan hulle toevertrou en daardeur onder sy heerskappy raak. En hy het teen die einde groot mag wat hy waarlik goed vir homself sal benut.
Ek kan u mense steeds maar net waarsku teen liggelowigheid. As u glo dat wesens van ander hemelliggame die aarde nader om u die een of ander hulp te verleen, dan moet u eers nadink dat alle sigbare hemelliggame bewoon is deur wesens wat tot volle ontwikkeling moet kom, en wat hulle toegewese hemelliggaam ewenwel nie kan verlaat nie, vanweë die wet van ewigheid - dat daar wel `n geestelike verbinding kan bestaan, maar dat so 'n verbinding deur bewoners van die aarde nie met bewoners van ander hemelliggame gesoek mag word nie, omdat u niks weet van die rypheidsgraad van hierdie wesens, wat hulleself geestelik aan u te kenne wil gee nie.
Hierdie wesens kan u weliswaar op `n mediumieke manier geestelike boodskappe laat toekom, - wat u egter nie op waarheidsgehalte kan kontroleer nie.
En sulke boodskappe moet u daarom as twyfelagtigheid afwys; want as u van My af onderrig moet word, geskied dit regstreeks, of deur ligwesens uit My ryk, wie die leerstof direk van My ontvang wat dit vir u moet bring. Solank u nie geleer het om die geeste te onderskei nie, moet u uself ver weg hou van `n omgang met hulle. My teenstander sal egter altyd daar tussenbeide kom waar die mense hulleself bereidwillig oopstel vir mededelinge uit die ryk van die geeste. Die verlange na die bonatuurlike gee My teenstander reeds `n houvas en hy sal vir hulle wat dit verlang, steeds van diens wees, maar nooit tot heil van hulle siele nie.
In die eindtyd sal hy ook die mense probeer mislei, deurdat hy self sy toevlug sal neem tot materialisasie, deurdat hy voor die oë van afsonderlike mense voorwerpe sal laat verskyn wat nie materieel bestaan nie, maar homself as `n skim vir hulle aanbied wie die abnormale wil belewe en daarom ook maklik deur My teenstander beïnvloed kan word. En daarby kom nog die omstandigheid dat die mense ook proefobjekte die heelal instuur, (vuurpyle en ander vlieënde voorwerpe: VERTALER) wat as materiële voorwerpe te sien is. Daarom kan die mense ook geen onderskeid meer maak tussen skyn en werklikheid nie. Maar beide is van sataniese oorsprong, of dit van mense uitgaan, of van die geestelike wêreld, wat tog altyd die ryk van die duisternis is, soos wat die mense ook by hulle pogings deur die vors van die duisternis aangehits word.
Dit loop ten einde en dit is ook die rede vir die ongewone aktiwiteit van Satan. Maar Ekself werk ook op ongewone wyse, deurdat Ek die mense die suiwer waarheid laat toekom - en Ek sou waarlik aan u mense ook berig laat toekom, as hierdie bewoners van ander hemelliggame handelend in My opdrag moes optree - Ek sou u nie in die onsekerheid daaroor laat nie. Desondanks sê Ek steeds weer aan u: Laat u nie deur sulke betowerende ligte van styk bring nie. Want hy van wie dit uitgaan, wil u nie red nie maar u verderf. En u sal voor die einde nog baie belewe en sy aktiwiteite duidelik kan nagaan, as u maar opmerksaam sal wees en met My verbonde bly, sodat Ek Self u denke steeds kan verlig en u ook vir hom en sy optredes in die lig van die waarheid herken.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205