Boek 34 - Vrae oor die Wêreldruim
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24.

MISTERIEUSE VERSKYNSELS
B.D.6674 - 22 Oktober 1956
Dink daaraan dat u in die eindtyd leef - en dit sal vir u dan ook begryplik wees dat My teenstander alle middele sal aanwend om u mense te verhinder om na My terug te keer - en daarom stig hy groot verwarring, hy probeer om die denke van die mense in verkeerde bane te lei, met alle middele verhinder hy die stuur van die waarheid. Waar dit vir hom maar moontlik is, ontsteek hy verblindende ligte en versprei duisternis, sodat die weë nie gevind word wat na My en die "lig" voer nie.
Wie homself onder My banier gestel het, kan nie ontken dat dit die tyd van die einde is nie. Die aanhangers van My teenstander bestry dit egter, dus is dit al deur hulle gesindheid te sien, en by hulle is die inspanning om hul gees te verduister nie nodig nie. Maar wat hy vrees om te verloor probeer hy vashou, en wat hy reeds aan My verloor het, probeer hy terugwen en daartoe is elke middel vir hom goed.
Hy mislei hulle onder die dekmantel van geesverwante en hy probeer daardeur slegs te bereik dat hulle hulleself van die suiwer waarheid afwend, en vir haar, as waarheid gekamoefleerde dwaling, aanneem. In die tyd van die einde kan u mense almal rekening hou met sy versterkte invloed, en daarom is dit nodig om op u hoede te wees en u nie deur dwaalligte te laat verblind nie.
Dit is al wat Ek te sê het oor verskynsels van seldsame aard waaraan u te veel aandag skenk, wat u in verwarring bring, vrae laat stel, twyfel laat ontstaan, en laat redetwis, wat vir u onopgehelder bly - dus verskynsels wat van misterieuse aard is. Glo u self dat Ek die soort dinge nodig het om My aan u te openbaar?
Ek sal waarlik elke geleentheid benut waarby Ek My aan u kan openbaar, maar dan gebruik Ek `n menslike "opnamehouer" waarin Ek My Gees kan uitstort. Dan spreek Ekself of My ligwesens spreek die mense deur die "houer" aan. En wat Ek tot hulle spreek, sal altyd slegs die ernstige vermaning wees om die wêreld op te gee en uself tot liefde te omvorm, om dan ook `n hart wat van liefde vervul is, in die waarheid binne te kan lei, in My heilsplan van Ewigheid, om dit dan met korrekte insig te verskaf.
`n Ware kind van die Vader in die hemel neem genoegdoening met wat sy Vader vir hom sê en hy probeer altyd net om Sy Wil te vervul, want dan word hy ook salig. Waarom verlang u egter daarna om `n verbinding aan te knoop wat kennis vir u sal ontsluit, wat nie van belang is vir die bereik van u saligheid nie? Elke wens van die soort is 'n influistering van My teenstander en u stel uself vrywillig aan hom tot beskikking, sodra u sulke begeertes uiter, sodra u kragte in die heelal aanroep waarvan u nie weet welke "Heer" dit dien nie.
Gaan die eenvoudige weg: Verbind u met My deur die liefde en bid tot My vir opheldering, en dit sal vir u gegee word. Wend u egter nie tot onbekende wesens nie, want My teenstander werk met lis en bedrog en hy is ook nie sku om die Naam Jesus uit te spreek nie, want hy gebruik elke middel in die laaste tyd.
Daarom het Ek u gewaarsku oor hierdie tyd, waarin "valse Christusse" en "valse profete" werksaam is en dan moet u waaksaam wees. Vergeet nooit dat u in die eindtyd leef nie, dat die mense self, in opdrag van My teenstander, weliswaar die laaste vernietigingswerk uitvoer, maar dat in My heilsplan van ewigheid, gebaseer op die wil van die mense - die einde van die aarde voorsien is. Vergeet nooit dat Ek die einde deur sieners en profete aangekondig het nie en dit nou ook sekerlik so voltrek sal word, soos wat die een dag op die ander volg.
En in die seker te verwagte einde wil My teenstander u as ongeloofwaardig voorstel. Hy wil u, mense mislei, deurdat hy u deur sy dienare wysmaak, om die einde te kan teëhou en die aarde teen vernietiging te behoed, dus die geloof in u wek dat "dienare van God" aan die werk is om hierdie vernietiging te verhinder.
Alles verloop volgens die plan van ewigheid. U mense moet maar net na die rypheid van u siel strewe. En dit bereik u slegs deur die liefde, deur `n lewe volgens My Wil, deur `n innige verbinding met My. Dan wandel u ook in die lig en u skenk geen aandag meer aan dwaalligte nie.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205