Boek 34 - Vrae oor die Wêreldruim
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24.

HULPVERLENING UIT DIE HEELAL?
B.D.7043 - 15 Februarie1958
U, My aardse kinders, u is bestem om die hoogste graad van saligheid te bereik, want U, wie op hierdie aarde leef, moes deur die diepste dieptes heengaan, omdat u uself as oergeskape geeste in hierdie diepste dieptes gestort het, wat egter nie deur My daarheen verban is nie. En as u uself nou - al is dit ook met My hulp - uit hierdie diepste duisternis omhoog gewerk het en nou as mense die laaste gang op aarde moet aflê, dan hoef u eintlike ek (u siel) nog maar net die laaste wilsbeproewing aflê, wat u lot in die ewigheid sal bepaal.
Hierdie wilsbeproewing eis egter juis, van die wese wat deur die diepste dieptes heen moes gaan, `n geweldige verandering van sy denke en strewe van weleer, wat van hom nou egter ook besonder gewaardeer word, wat vir u begryplik word as u daarvan in kennis gestel word dat My ander leer-institute verblyfplekke is vir die geestelike wesens, wie se val nie so eindeloos diep was nie en wat daarom ook nie so buitengewoon moet stry om weer in die sfere van die lig te kom nie.
U mense was dus buitengewoon belas gewees deur u vroeëre afvalligheid van My. U ek - die eens gevalle oergees dus - moes daarom ook buitengewoon worstel en ofskoon die langsame opklim plaasgevind het onder die wet van "jy moet", is tog die laaste vrye wilsbeproewing ook nog buitengewoon swaar, maar nie uitsigloos nie. Want die barmhartigheid van die verlossingswerk staan elke eens gevalle wese ter beskikking. En bowendien staan ligwesens u almal by in `n eindelose hoeveelheid, wat vervul met liefde, alles doen om u te help om reg te beslis. En al is die voorwaardes op hierdie aarde dus hoe swaar, dit kan tog nagekom word en die heerlikste loon wag vir hulle wat dit sal vervul.
Maar alles geskied in die kader van My wetlike ordening. Daar kan nie willekeurig hulp verleen word waar dit nie afgesmeek, of afgewys word nie. En so kan die ligwesens ook nie willekeurig hulp verleen nie, maar hulle sal altyd in ooreenstemming met My Wil werksaam wees. Want My Wil is ook hulle wil, sodra hulle hulleself in die lig bevind. En My Wil bring hulle dus daartoe of verhinder hulle om te werk vir die welsyn van die siele wat op die aarde beliggaam is. Dit moet u weet, dat Ek regeer en dat My Wil geëerbiedig word deur al die geestelike wat My dien, dus My ligryk bewoon.
En nou sal u ook begryp dat ook die ligwesens elke dwingende invloed agterweë laat, omdat dit nie volgens My Wil is nie, want Ek verlang `n wilsbeslissing in vryheid. Ewemin as wat Ek die mense sal dwing om My Woord aan te neem, dat hulle die hoogste liefde en barmhartigheidsbewys toegestuur word, as sterkste hulpmiddel vir die vrye wilsbeslissing, ewemin sal Ek My toestemming gee dat My ligbodes dwingende bewys van hulle werksaamhede aan die mense gee. Hulle sal dit ook nooit doen nie, omdat hulle My liefdes- en heilsplan ten duidelikste insien en ook weet, dat deur dwang en bewys geen sukses behaal kan word nie.
Dit sou egter `n bewys wees van buiteaardse werksaamheid, as uit die heelal wesens met die aarde kontak soek wat sogenaamd in My opdrag u hulp sou bring. Hulp in aardse nood kan slegs Ek u bring, en hulp in geestelike nood geskied nie op `n manier wat tot geloof dwing nie. Hulp in aardse nood - wat dit ookal is - kan wel ook deur My ligwesens uitgevoer word, maar nooit sal hulle hulleself vir sulke hulpverleninging voor u sigbaar materialiseer nie. Want die ligwesens het sulke materialisasie nie nodig nie en bowendien weet hulle dat die mense op die manier nie beïnvloed mag word nie, sodat hulle gedwing word om aan boaardse wesens en in `n boaardse mag te glo nie. Sodra u mense hulp verwag kan dit u ook verleen word, maar altyd onder die voorwaarde dat u geestelike arbeid sal aanvaar en dus ook geestelike inwerking sal toelaat, maar dit gebeur nooit op `n sigbare manier vir u nie.
En dat u nou glo dat die aarde as sodanig die beskerming en die hulp van die geesteswêreld nodig het - as u glo dat die vernietigende invloed deur menslike wil deur hierdie ligwesens verhinder of afgeweer sou kan word, dan word u deur die geloof van hulle hulp verseker, maar nooit op die wyse dat bewoners van ander wêrelde u hierdie hulp sal verleen nie, dat dit u toegestuur word om My Wil uit te voer. Bedink tog hoe klein u u God en Vader daardeur voorstel, dat Hy hierdie sterrebewoners nodig het om u onder Sy hoede te neem.
En bedink wat ook hierdie bewoners van andere sterre is. Dat ook hulle hulleself in `n opgaande ontwikkeling bevind - wat geestelike wesens is, wat sekerlik ook as My skepsele eenmaal salig sal word - wat deur `n diep verlange onophoudelik gedryf word om nader aan God te kom - wat egter steeds in die omgewing van die hemelliggaam sal bly, waarop My Liefde en Wysheid hulle geplaas het. Wel kan alle goeie wesens die uitstraling van hulle gedagtes stuur na die worstelende, ongelukkige wesens in die heelal, en so `n uitstraling van gedagtes kan wederom met krag die wesens aanraak. Maar om hulle sfere te verlaat, kan die wesens nie en hulle hoef ook nie, want Ek het engele en ligbodes in `n eindelose aantal, wat elke afsonderlike hemelliggaam waarlik op die beste wyse versorg.
En elke afsonderlike hemelliggaam het `n onuitputlike toevloei van krag - My woord, wat oral weerklink, - dat as die uitstraling van My liefde ook die krag het om vir elke afsonderlike wese - vir elke eens gevalle oergees die terugweg tot My moontlik te maak. Word die Woord van My egter nie benut nie, word daar geen ag op My Woord geslaan nie, dan bewys die wese nog sy weerstand, wat ook nooit met geweld gebreek sal word nie, ook die engele kan dit nie breek nie, selfs al sou hulle na die aarde toe afdaal. Tensy hulle hulleself so openlik as My afgesante sou kenbaar maak, dat `n geloof deur dwang bereik sou word, wat egter nooit My Wil is en ook nooit My toestemming sou kry nie.
As u mense nou glo om in verbinding te kan tree met bewoners van ander wêrelde, dan wil u uself daardeur, met ander woorde, `n bewys verskaf dat hierdie wêrelde bewoon is. Maar as u gees ontwaak is, weet u dit egter ook sonder bewys. Is u egter nog nie geestelik ontwaak nie - staan u nog heeltemal ver af van `n geestelik strewe en van die kennis oor die doel en die bestemming van die skepping, dan sou ook die bewys u nie op die geestelike weg bring nie, u sou dan maar net aardse ondersoekinge onderneem en geestelik niks bereik nie. Reeds daarom sal die ligwesens hulleself nooit aan u mense bekend maak en u deur "mededelinge" inligting laat toekom wat nie met My heilsplan van ewigheid ooreenstem nie.
Want die doel is geensins onbelangrik wat bereik word en alle geestelike wesens wat vol lig is, wat in My opdrag werksaam is om u mense in hierdie tydjie van die einde te help, sal steeds net die geestelike welslae nastrewe, dat die mense hulleself na My keer, hulle God en Vader van ewigheid, sodat hulle hulleself losmaak van die wêreld, van dit wat aan My teenstander behoort - sodat hulle die hoogste doel kan bereik op aarde en in alle wilsvryheid die laaste proef kan aflê, om weer in hulle oertoestand te kan binnegaan, wat hulle onmeetlike saligheid in lig en krag en vryheid bring.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205