Boek 34 - Vrae oor die Wêreldruim
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 24

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24.

NAWOORD
Iets oor die Grootte en konstruksie van die Heelal/heelal.
Om `n maatstaf of meting te hê wat die geweldige afstande tot uitdrukking te bring waarmee mens in die heelal te make het, is die begrip ligjaar ingevoer en ingestel as die afstand wat lig in een jaar sou aflê. Aangesien die snelheid van die lig bereken is as 300.000 km/sek, het `n ligjaar die lengte van 9500,000,000,000 km.
Die aarde het `n omtrek van ongeveer 40,000 km en haar afstand tot die son is 149,5 miljoen km. (dit is ruim 8 ligminute)
Die maan (gevorm uit bestanddele van die aarde) het `n omtrek van byna 11,000 km. Dit is +1 384.000 km (ruim l ligsekonde) van die aarde verwyder.
Ons son is die naaste ster, dit het `n omtrek van byna 44 miljoen km. Dit is een van die hemelliggame uit ons melkwegstelsel en is +1 30,000 ligjare verwyder van die sentrum daarvan. Die son vorm, saam met sy omliggende planete met hulle eventuele mane en nog baie miljarde kleiner voorwerpe soos komete, meteoriete en dies meer, ons sonnestelsel.
Van die melkweg sien ons snags by helder weer die binneste deel as `n bleek ligtende band teen die hemel, bestaande uit miljoene sterre met hulle planete. Saam met die daarbuite nog voorkomende "sterrehope en miljarde sterre " het die stelsel `n diameter van so 'n 100,000 ligjare.
Die nog veel verder waarneembare sterre en sterrestelsels het afstande tot ons van baie miljoene ligjare. Steeds word daar nog nuwe gebiede ontdek met opeenhopings van sterre wat reusagtige kragte uitstraal, sterre met `n gesamentlike massa van + l 100 biljart maal die van die son, dit wil sê, die 100,000 voudige van ons melkweg, die lengte van so 'n superstelsel sou dan +1 500 miljoen ligjare wees.
Die diameter van die heelal word deur die wetenskap momenteel geskat op plusminus 10 - 20 miljard ligjare. Steeds word weer nuwe ontdekkings daarin gedoen: Sterre-melkwegstelsels - groepe van melkwegstelsels - nog weer hoëre stelsels, gevorm uit groepe melkwegstelsels, met `n onvoorstelbare omvang, snelheid en aantrekking. Dit alles gee aanleiding tot die huidige modelle om die ontstaan van die heelal te laat wankel: Superstelsels van sodanige omvang dat dit miljarde ligjare groot moet wees.
En so val die wetenskaplike raaisel oor die samestelling van die heelal in plek deur die openbaringe daaroor deur die profeet Jakob Lorber en ontvou hy die beeld wat God Self vir hom gegee het: `n Steeds hoër ordening vanuit dieselfde beginsels: Hemelliggame draaiend om "hulle " sentrale son, wat in baie gevalle `n volume het, wat duisend tot 10 miljoen maal so groot is as die volume van die daarby behorende hemelliggame wat weer uit hierdie sentrale son ontstaan het.
En so kry ons dan:
1) Die aarde en die ander planete uit ons sonnestelsel draaiend, met hulle mane, om die son.
2) Miljarde sulke sonnestelsels (sonne met hul planete) vorm saam `n sonnegebied (=melkwegstelsel), draaiend om hulle middelson.
3) Miljoene van sulke sonnegebiede beweeg om hulle sentrum en vorm `n sonne-heelal.
4) Weer 'n miljoen van hierdie sonneheelalle, sirkel om hul sentraalson, en maak nou `n sonne-superheelal uit.
5) `n Ontelbare menigte sonnesuperheelalle swerf in groot bane om die oersentraalson, die "oereerste grootmoeder van alle sonne en wêrelde" in ons heelal.
Dikwels onmeetlike snelhede en reusagtige aantrekkingskragte hou al die stelsels telkens in ewewig en al hierdie stelsels en hulle sentraalsonne vorm saam die ‘heelalsfeer’, `n onmeetlike bol met `n eie ordening en lewe.
Vir ons is hierdie onmeetlike groot heelalsfeer, soos wat die Heer sê: "Eintlik maar net `n enkele punt in My groot skeppingsruimte", waarin die baie miljarde heelalsfere, weer op oneindige groot afstande van mekaar, saam die wêreldmens vorm, waarvan elke wese apart en tog ook weer almal saam op weg (moet) wees na die Vader, aangesien die verlossingswerk van Jesus Christus geld vir alle tye en ruimte.
Dit is God se Woord, wat hierdie hele skepping laat ontstaan het om ons val in die diepte op te vang, wat ons ook weer tuis bring, in die Lig van God se Gees.
En as u dan lees dat hierdie wêreldmens minder as niks is in vergelyking met die hemelmens, wat ook weer `n deel is van die volgende hemel ensovoorts, dan verdwyn die idee van die oneindigheid totaal deur sy volkome onvoorstelbaarheid. Dan stel u uself in die Hand van God en weet u telkens dat slegs die "nou" belangrik is, en dankbaar dat dit u plek is in die oneindigheid.
G.F.K.

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205