Boek 34 - Vrae oor die Wêreldruim
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 23

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24.

DIE OPDRAG OM DIE WOORD TE VERSPREI
B.D.8333 - 20 November 1962
Dra dus My Woord uit in die wêreld. As Ek hierdie opdrag Self vir u gee, dan kan u ook seker wees daarvan dat Ek alles sal doen om u die moontlikheid te verskaf om dit uit te voer. Ek sal u lewenslot Self so lei dat u My versoek sal kan nakom. En Ek sal Self die weë bepaal wat u in u aardse lewe moet gaan.
Niks kom daar sommer op u af nie, alles is so beskik dat dit die verbreiding van My woord ten goede kom. En ook die medemens sal u lewensweg so kruis soos wat Ek dit as suksesvol sien, dat ook hulle tot `n ryper wording van hulle siel kom, as hulle wil homself nie daarteen verset nie. En al lyk dit vir u nou asof die geleenthede u ontneem is om vir My en My Ryk te werk - Ek sal steeds weer moontlikhede skep, omdat Ek weet hoe nodig dit is dat die mense My Woord hoor, wat Ek u regstreeks van bo kan toestuur.
My teenstander sal egter netso ywerig sy bes doen om u te verhinder om My opdrag te vervul. Maar hy sal die oorwinning nie behaal nie, want My woord is die lig wat in die donker van die nag moet uitstraal, wat van My Self uitgaan en u ook deurstraal. En die lig sal by die teenstander verbygaan, omdat dit reeds te helder straal en hy dit nie meer kan doof nie.
Daarom, verlaat u steeds op My hulp, wat nie sal uitbly nie en weet, dat Ek My werk nie in gevaar laat bring nie, dat Ek steeds weer ligbodes na die aarde stuur, wat in My opdrag werksaam is, al herken u hulle ook nie as bodes van die lig nie. Van ewigheid af ken Ek al die wil van die mense, en so weet Ek ook of en wanneer dit nodig sal wees dat Ek bereidwillige dienare na u toe stuur, wat hulleself daarvoor instel om My Woord van bo te verbrei, sodra My teenstander slaag om hindernisse op te werp, of die arbeid in die wingerd deur sy invloed in gevaar te bring.
Ek sal u steeds weer aanspreek, u wat u oopstel as opnamehouer van My Gees en u hoef ook nie te vrees, dat die stroom van My barmhartigheid minder sal vloei nie. Want solank u uself aan My oorgee, kan Ek in en deur u werk en solank ook sal My Wil aan u aardse lewe vorm gee, soos wat dit vir die verbreiding van My Woord dienstig is. Ek sal egter ook nooit `n mens dwing om My te dien nie - wanneer sy wil homself daarteen verset, as hy homself deur My teenstander laat beïnvloed, want slegs die vrye wil kan `n geseënde arbeid vir My en My Ryk tot stand bring. En steeds weer sal daar mense te vinde wees wat vir My hulle dienste uit vrye wil sal aanbied, omdat die ligwêreld die groot nood op aarde ken en ligwesens hulleself vrywillig aangebied het om in hierdie eindtyd na die aarde te kom, en nou as mense `n geestelike sending op hulleself neem. Die Woord wat van My uitgaan moet verbrei word, want dit is die enigste middel om die mense te help om hulle siele te red, omdat dit hulle tegelykertyd lig en krag skenk en omdat `n direkte hulp van My kant nodig geword het. Dus sal Ek ook daarvoor sorg dat My Woord verbrei kan word. Ek sal alles so beskik, sodat dit suksesvol sal wees en ook die geskikste dienare kies, wat dan in My opdrag werksaam sal wees.
Want My mag is groot en My liefde vir u is die rede waarom My mag homself ook uiter en dat u daarom dinge meemaak, waardeur Ek blyke wil gee van My eindelose liefde vir u. U kan daarom u arbeid onbesorg in My wingerd uitvoer, omdat Ek Self daaroor waak en die werk van My liefde vir u nie in gevaar laat bring nie. Want u mense het My Woord nodig, u het `n lewende kontak van My kant af nodig, sodat dit lig kan word vir alle siele wat nog in die duisternis ronddwaal.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205