Boek 34 - Vrae oor die Wêreldruim
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 14

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24.

AAN DIE (VOORMALIGE) U.F.O. KONGRES (O.V.V. KONGRES)
B.D.7742 - 11 November 1960
U kan seker wees daarvan dat Ek My hande beskermend oor Myne sal hou, wanneer die einde gekom het. Ek het waarlik genoeg engele aan wie Ek Myne toevertrou - wat Ek opdra om `n muur om hulle te vorm. En sodoende kan u almal wat in My beskerming is, veilig voel, wat daar ookal mag gebeur.
Daarom wil Ek u waarsku om u nie aan kragte toe te vertrou en op hulle hulp te bou nie - van wie u dink dat dit van êrens anders is, as van My geestelike Ryk, wat dus nog nie die volmaaktheid besit, wat My opdrag as geestelike ligbodes kan uitvoer nie. Ek wil u waarsku om nie met bewoners van ander wêrelde kontak te soek nie, wat u ook maar net geestelik tot stand sou kan bring - wat u egter geen sekerheid bied dat hulle u die waarheid sal oorbring nie.
Dit moet steeds weer aan u gesê word, dat slegs die volmaakte geeste in My Ryk sulke opdragte kan en mag uitvoer wat u beskerming en hulp waarborg. Want wesens wat hierdie volmaaktheid nog nie bereik het nie, sal hulleself altyd nog vir hulle verdere ontwikkeling op sulke skeppingswerke bevind, waar hulle volgens die natuurwet ook daaraan gebind is. U moet dus onderskeid maak tussen: Ligwesens wat My wil in My opdrag uitvoer, wat by My vertoef in die ligryk - en wesens wat self nog gebonde is, dus nog nie die volle geestelike vryheid het nie, solank hulle op hemelliggame van die mees uiteenlopende aard lewe, met die doel om tot geestelike rypheid te kom. U mag nie vertrou op mededelinge wat deur `n mediumiek deurgegee word uit die wêrelde, wat vir u mense op aarde onbereikbaar is en bly nie, soos wat dit ook omgekeerd die geval is.
Reken nie op hulp van die wêrelde, wanneer die einde van die aarde gekom het volgens die plan van ewigheid nie. Want Ekself sal Myne beskerm en red uit hulle nood, omdat slegs Ek ook weet wie tot Myne behoort. Glo u, dat u gered sal word as u slegs simpatie vir die anderkantste bewoners van ander hemelliggame sou hê en glo wat hulle mag opbring? Deur welke dwaling is u bevange - dit ontbreek u aan elke helder insig in My heilsplan, wat sekerlik uitgevoer sal word as die tyd gekom het. En sou Ek u nie Self daarvan in kennis stel nie, as dit My Wil was dat u uself aan hierdie wesens, wat mense vir die medemens aanneemlik probeer maak, toevertrou? As Ek die waarheid na die aarde gestuur het, dan sou Ek ook nie die kennis van u weerhou nie, as dit sou ooreenstem met die waarheid.
Maar u twyfel eerder aan My Woord, as aan die berigte wat aan u deur die beïnvloeding van My teenstander oorgebring word. En Ek wil dat u in die waarheid wandel. Ek wil u steeds weer die versekering gee dat Myne behoed word, en dat tallose engele hulle beskerming op hulleself neem, omdat hulle in My wil werksaam is en omdat hulle ook die krag het om u te help en daarom geen aardse hulpmiddele nodig het nie. Want My Liefde, Mag en Wysheid sal Hulleself duidelik aan die einde openbaar, hoewel My ingryping dan ook strydig sal wees met die natuurwet en ook so kan wees, omdat Myne glo en alles as moontlik beskou en die ongelowiges van die aarde weggevee sal word. Maar Ek vra nie van Myne die geloof aan verskynsels of berigte, wat op `n manier na die mense kom, wat nie volgens My Wil is nie.
Waarom verbind u mense u nie met My nie? Waarom roep u wesens aan wie se graad van rypheid u nie kan beoordeel nie? Waarom vertrou u uself aan hierdie wesens toe en glo dat hulle u kan beskerm, as die dag van die einde gekom het? Ek vra maar net om die geloof in My in Jesus Christus. En wie homself in die geloof innig met My Self verbind, het waarlik geen sigbare of onsigbare helpers nodig nie, want vir hom staan My engele voortdurend tersyde wie die krag en mag in oorvloed besit en altyd sal handel volgens My wil. En hy sal ook geen kontak wil opneem met bewoners van ander hemelliggame, wie se graad van rypheid vir hom onbekend is nie - want so-iets kan slegs op mediumieke manier gebeur, `n weg wat weens groot gevare deur u mense, nie sou begaan mag word nie. Want u kan My waarlik Self verneem as dit u wil is en u na My toe kom vir die waarheid. En dan sal u ook waarlik in die waarheid onderrig word.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205