Boek 34 - Vrae oor die Wêreldruim
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24.

ONGEWONE VERSKYNSELS
B.D.7205 - 10 November 1953
As u uself tot My wend, kan u altyd daarop vertrou dat u korrek onderrig sal word, dat Ek u opheldering sal gee. U sal dit ook in u denke ondervind, dit wil sê, omdat u na die waarheid soek, sal u denke homself met die waarheid besighou. U sal dus volgens u gesindheid op die korrekte weg wees, selfs as skynbaar nog onopgeloste probleme u besig hou. Want dit is die voorreg van hulle wat hulleself met My as die ewige Waarheid verbind, dat hulle `n innerlike afkeer bespeur sodra verkeerde gedagtes hulle raak.
U het in die eindtyd met baie ongewone verskynsels rekening te hou en u kan dit volgens u eie oordeel nou op My of ook My teenstander aanreken, wat in die eindtyd net so op ongewone wyse sal optree om sy slagoffers binne te bring. U sal moet leer om onderskeid te maak en daarby mag u nie vergeet dat die wêreld sy gebied is en dat hy homself dus ook in die wêreld en deur heidense meganismes sal vertoon. Verder moet u weet dat daar geen mag is wat My in My werksaamheid sou kan hinder en dus My heilsplan van ewigheid, waarin `n einde van hierdie aardse periode voorsien is, ongedaan kan maak nie. Want Ek streef `n doel na wat steeds net gerig is op die verlossing van die gevalle geestelike, wat hulleself in die diepte bevind. En Ek weet presies wanneer die korrekte tydstip daarvoor gekom het.
Dit is wel seker dat My planne nie met die planne van My teenstander ooreenkom nie, dat hy nie dieselfde doel nastreef nie, naamlik, om die gevallenes te help, maar dat hy steeds net daarop bedag is om My planne geen deurgang te laat vind nie, dit te deurkruis en Myself in `n sekere sin te oorwin, waarmee hy egter ewig nie sal slaag nie. Enersyds dryf hy nou die mense aan tot ondersoekinge van die mees uiteenlopende aard om skeppingswerke te verwoes, omdat hy glo om die gekluisterde geestelike daardeur te bevry en vir homself te wen. Aan die ander kant wil hy die mense laat glo dat daar geen gevaar voor die einde te vrees is nie, om hulle te verhinder om bewustelik aan hulle siele te werk, wat met die oog op die einde tog ernstig geneem word deur hulle - wat die tekens van die tye te voet volg en daarom weet welke uur geslaan het.
En daarom werk hy met alle lis en veroorsaak `n verwarring, wat ook die mense gryp wat nie aan hom wil behoort nie. Hy probeer om reële dinge vir die mense weer te gee, wat, solank dit vir hulle moontlik is om dit sigbaar te bly behou, sodat die mense wat vir die dinge ontvanklik is, dit opmerk. Mense, op wie God se teenstander ook invloed het, weens hulle gesindheid en gedagtes – die wat selfs van die idee van `n einde van hierdie aarde niks wil weet nie - wat ook die onwaarskynlikste gebeurtenisse of voorsorgmaatreëls om so 'n einde te verhinder liewer sou wil aanvaar, as dat hulle hulleself met die waarheid, wat hulle steeds weer verkondig word, tevrede stel.
Hierdie mense skep deur hulle gesindheid vir My teenstander `n goeie klankbodem - hulle glo om hulleself in die invloedsfeer van goeie kragte te bevind en het tog `n speelbal van My teenstander geword, want hy gebruik hulle om homself in te stel vir die verbreiding van valse leerstellings en sataniese aktiwiteite. My teenstander het aan die einde groot "mag". Dit is sy teenaksie op My buitengewone barmhartigheidsvolle werksaamheid by die mense, wat Ek nog wil help om die korrekte weg na My toe te vind. Ook werk Ek wel op `n buitengewone wyse, maar nie deur op `n onnatuurlike manier op die denke en gevoelens van die mense indruk te maak nie.
Ek werk in stilte en wil op die harte van die mense `n invloed verkry. My teenstander imponeer egter die geestesvermoëns - die verstand van die mens. Hy bevestig maar net die verlange na die onverwoesbaarheid van die aarde en na `n einde, wat op die laaste oomblik verhinder sal word.
My teenstander werk My en My aankondiginge teen en slegs dit moes al hom ontmasker het, dit moes `n bewys wees wie aan die werk is, as die gemoedere van die mense verontrus word deur onverklaarbare gebeurtenisse, waardeur dit deur My voorspelde einde van hierdie aarde in twyfel getrek word. My Woord is Waarheid, so ook is die aankondiginge nie deur My teenstander te ontsenu nie, al dink hy om homself nog so listig en slu te kan voordoen. En die mense self kan dit ook insien wie hy onder sy invloed probeer bring, as hulle maar altyd die weg na My, Wie hulle die waarheid nie sal weerhou nie, sal neem.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205