Boek 34 - Vrae oor die Wêreldruim
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 15

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24.

ONBEKENDE VLIEËNDE VOORWERPE
B.D.8840 - 16 Augustus 1964
Wat u vertel word oor "onbekende vlieënde voorwerpe" kan u gewoonweg verwerp as leuens, want dit is niks anders as fantastiese wensdrome van hulle, wat hulleself daarvoor in die hande van die teenstander begewe, omdat hulle geen verbinding met My het nie, Wie hulle dan ook opheldering sou kon gee. Die verlange van wêreldse mense is te groot, wat nie aan `n komende einde as `n sekerheid wil toegee nie en daarom na uitweë soek om die einde te ontgaan. En dit alles behoort tot die tekens van die eindtyd, dat hulle hoop op redding van ander wêrelde, sonder om daarby te bedink dat daar geen verbinding bestaan tussen die aarde en die bewoners van die wêrelde nie.
Soveel is seker, dat mense wat beweer om sulke voorwerpe te gesien het, hulleself in `n sekere sin met die kragte van die onderwêreld verbind het, wat hulle nog deur die mag van die vors van duisternis gekry het en wat hy in die laaste tyd besonder gebruik, en hulle in die duister gehou word wat hulle sinne na hom toe wend. Hy openbaar homself in die vorm van verskynsels wat ten slotte tot in detail beskryf kan word, wat ook weer `n teken is van die houding van die mense teenoor My. Diep gelowige mense sal sulke verskynsels nie belewe nie, want vir hulle geld die wegneming van Myne voor die einde, wat egter nie op die manier sal plaasvind dat Ek My dienare na die aarde sal stuur nie, maar Self kom in die wolke, soos wat Ek dit aan u gesê het.
Die sogenaamde afgesante is kragte van die duisternis, wat teen die einde wel `n groot mag sal hê wat deur hulle tot stand gekom het van sigbare drogbeelde, wat egter ook net so sal vergaan soos wat dit verskyn het, wat egter slegs gesien kan word deur die mense wat, óf alreeds ten prooi geval het van die teenstander, óf deur hulle, wat nog nie die korrekte houding teenoor My gevind het nie. Want wie hom self aan My vashou, hy word deur My gees onderrig en dit waarlik in alle waarheid.
Wat verwag u mense egter van die verskynsels? U glo tegelyk die beloftes wat u op mediumieke wyse oorgebring word en daardeur wandel u meer as ooit in die duisternis. Wat u meen te sien is geen sigbare skeppings van My nie, maar bedrieglike beelde van hom wat self die wense en die verlange van hulle ten nut maak wie die lewe wil behou en sy mag deur hierdie verlange versterk. En ook die insittendes van sulke "sigbare" voorwerpe kom uit sy wêreld wat hulleself vir `n kort tydjie materialiseer, maar dan ook weer vergaan.
Die teenstander het aan die einde groot mag, dit word u steeds weer deur Myself vertel. En met die oog op die einde gebruik hy die mag, om hulle te verlei wat nie vas staan teenoor My nie en maklik deur hulle wil beïnvloed word. Maar uit die sfere wat aan My behoort, sal u geen boodskap van die aard gestuur word nie, want waar Ek My lig Self laat straal, daar het die teenstander geen toegang nie. Wie homself egter reeds op sy terrein bevind, die sal steeds weer bewyse kan aanvoer, wat egter nie anders te beoordeel is as skyn en bedrog nie.
Hou vas aan My Woord, dat daar geen verbinding bestaan tussen die bewoners van die verskillende hemelliggame nie en dat - wanneer die einde nader, niemand die einde sal kan ontgaan nie, maar deur My weggeneem sal word in lewende lywe, of aan die hernieude kluistering ten prooi sal val. Maar daarvoor het Ek waarlik geen bodes uit `n ander wêreld nodig nie, anders sou ook aan u uitsluitsel daaroor gegee word, u, wat die waarheid moet uitdra in die wêreld. Daarom, hou u vas aan dit wat Ek vir u sê en laat u nie in die war bring nie, want My teenstander is ook u vyand en hy probeer u in die verderf stort, wat hy egter nie kan doen met hulle wat My trou toegedaan is nie, wie Ek sal red uit alle nood op die jongste dag.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205