Boek 34 - Vrae oor die Wêreldruim
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 19

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24.

DIE WARE LIGDRAERS - VERBLINDENDE SKYNLIGTE
B.D.7888 - 8 Mei 1961
Steeds sal u weer lig geskenk word, u mag nie in `n nuwe duisternis teruggedryf word nie, want My teenstander probeer bereik dat u nie die weg na die lig vind nie. Ek het u egter voor die eindtyd `n ryk mate van barmhartigheid beloof sodat u nie kragteloos word nie, sodat u nie aan sy intriges ten prooi val nie. Want hy werk onder die vermomming van `n engel. Hy ontsteek skynligte, wat geen lig uitstraal nie, maar die oog verblind van hulle wat hom nie herken nie.
In die defensiewe stryd teen hom, gebruik u dikwels onware middele deurdat u u oë sluit, in plaas van om na die ware lig te strewe, wat u as duidelike barmhartigheidsgawes toestroom. U hou u nie by My Woord nie, wat `n sigbare uitstraling is van My liefde en wat u waarlik met sukses teenoor My vyand kan stel, want dit is die lig uit My wat hy verafsku.
My Woord predik u die liefde en die liefde wederom wek die gees tot lewe. En so kan u altyd hiervan seker wees, dat volledige ooreenstemming van geestelike waardes te sien sal wees, waar die gees uit My homself kan uiter.
Nou ontdek u egter teenspraak. Teen valse profete sit u die voet dwars. Hulle almal wil die Woord uit My verkondig en u vind geen volledige ooreenstemming nie, en dan sal u agterdogtig word en by die een of die ander wat werksaam is deur die gees, in twyfel trek. En dan het My teenstander sy spel reeds gewen, want dan raak die gedagtes in die war, die mense verloor hulle geestelike sekerheid, hulle gaan nie meer saam nie - maar teen mekaar. Die lig word dus verduister, dit wil sê, My Woord van bo word nie meer herken en ter wille van die onwaarheid nie meer so gewaardeer, wat onder die dekmantel van vroomheid veld wen en baie eerder instemming vind by die mense wat geen ernstige ondersoek instel nie.
En weer beslis slegs die graad van liefde by elkeen persoonlik of hy self van die dwaling bevry is, of hy haar herken en self in vrye wil na die waarheid keer.
Die lig skyn in die duisternis, maar dit mag nie verberg word nie, dit moet helder kan straal, wat egter altyd afhanklik is van die wil van elke mens afsonderlik. En die lig wat werklik helder straal, gaan van My uit, van die ewige Lig.
Ek het egter maar min ligdraers, mense, wat so vervul is van die verlange na die waarheid dat hulle My as "houers" kan dien waarin die waarheid nou ook instroom. Mense, wat dan ook die lig verder dra, wat nie moeg word om die waarheid te verkondig nie, wat egter ook sien waar die dwaling binne gesluip het en wat haar nou probeer blootlê, omdat ook hulle medemens hulleself in die stralende lig kan verheug, wat slegs die waarheid vir hulle kan bring.
Ek wil dat die lig versprei word. Ek wil dat My Woord tot die mense gebring word, en Ek seën hulle wat hierdie diens vrywillig aan My bewys: Dat hulle My tot hulleself laat spreek en dan My Woord uitdra in die wêreld. En almal wat My dus wil dien, sal ook dieselfde woorde van My verneem, en daarvoor instaan.
Hulle sal ook insien waar My teenstander aan die werk is, wat op dieselfde wyse probeer werk om verwarring te stig onder Myne - wat die lig uit My sou wil doof, wat die intensiteit daarvan wil roof, omdat dit weer duister word.
En daar sal vir die waarheid ook die bewys gelewer word. Slegs dit verlang Ek van u mense, dat u My woorde sal glo, wat u van bo toeklink, wat steeds weer as My woord herken kan word deur hom wat van goeie wil is. En hou u aan die woord van My.
As daar aan u `n lig geskenk word, as u opheldering ontvang oor dit waar u tot nog toe vrae gestel het, as daaruit duidelik sigbaar word die Liefde, Wysheid en Mag van u God en Skepper en as u uself aangespreek voel deur My as u Vader, dan weet u ook dat Ek u Self aanspreek en glo dan onvoorwaardelik, want Ek bring u slegs die suiwer waarheid en dit op `n wyse, wat elkeen kan begryp, dat niemand hoef te twyfel oor die sin van My woorde nie.
Ek spreek helder en duidelik tot u mense, sodat u waarlik lig sal ontvang, sodat die duisternis van gees sal verdwyn, want Ekself is die Lig van ewigheid en omdat Ek My skepsele liefhet, wil Ek ook die lig vir hulle bring, wat hulleself eens vrywillig weggegee het, maar dat dit weer onherroeplik vir u moet skyn, as u weer die korrekte weg wil vind na My in u Vaderhuis.
Lig kan slegs van My as die ewige Lig uitgaan. En u moet ook glo dat u Vader Self die lig aan u stuur, omdat u dit dringend nodig het, en omdat daar nie baie tyd meer is nie. U moet egter ook bereidwillig wees om die lig aan te neem, u moet die ligdraers bereidwillig aanhoor. U moet weet dat hulle self in die lig wandel en u daarom ook volledige opheldering kan gee. En u almal sal waarlik die weg na My vind as die ligdraers u voorgaan en u hulle gewillig volg. AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205