Boek 32 – Reïnkarnasie
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 1

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17.

HERBELIGGAMING – LIGWESENS
B.D.4758 - 11 Oktober 1949
Wanneer u na die suiwer waarheid verlang, sal Ek u nooit aan dwaling prysgee nie. En waar dit u aan die korrekte kennis ontbreek en u self `n verkeerde voorstelling maak, daar sal Ek Self vir u opheldering verskaf - omdat Ek nie wil hê dat u denke foutief moet wees nie.
U is weliswaar maar `n kort tydjie as mens op hierdie aarde, maar tog is hierdie tydjie nie te kort om salig te kan word nie - want u kan tydens u aardse lewe u wese geheel verander. U kan die eieliefde, wat in die begin van u aardse lewe nog sterk ontwikkel is, totaal aflê, en verander na onselfsugtige naasteliefde. U sal daardeur `n graad van geestelike rypheid bereik wat dit vir u moontlik maak om die sfere van die Lig binne te gaan, sodat u dus salig kan word.
Maar tog is die graad van saligheid in die geestelike ryk baie verskillend, na gelang die aard van die siel, in welke mate sy geskik is om die uitstraling van lig in haarself op te neem, wat haar direk aanroer, wat van My uitgaan en wat dus ook My teenwoordigheid vereis; wat `n vereniging met My beteken, wat egter slegs kan plaasvind met `n wese wat homself tot liefde omvorm het. Sodoende sal die graad van liefde ook die graad van saligheid bepaal. Die mens kan dus al op aarde hierdie graad van liefde bereik en dan as `n ware kind van My van hierdie aarde skei, en dan is onbegrensde saligheid sy lot. Hy kan egter nog hierdie volmaaktheid bereik, deur werke van liefde op aarde, om sy siel ontvanklik te maak om lig te kan ontvang.
Dan het hy dus die aardse lewensproef deurstaan, omdat sy wil self na My toe gekeer is, wat hy My deur werke van liefde bewys het. Die ligryk neem nou sy siel op, waar dit self nou verder kan ontwikkel. Maar sy sal nooit die graad bereik wat `n mens, wat op aarde ernstig na volmaaktheid strewe, kan bereik nie, omdat sy siel deur My vasgegryp word en My liguitstraling geen weerstand meer ondervind nie, omdat dit deur die liefde gekristalliseer is, en My lig haar nou geheel en al kan deurstraal.
Nou kan u begryp dat aan hierdie graad van saligheid slegs één aardse lewe ten grondslag kan lê, anders sou die verdienste beperk wees en moes die loon dus verminder word. U moet begryp dat die verbinding met My reeds op aarde gemaak moet word, in `n geheel vrye wil en met inspanning van alle kragte. Die saligheid van My gawe aan u is vir die totale oorgawe aan My, wat Ek dan ook met My onverdeelde liefde beloon. Dit maak ook duidelik dat dit `n daad van onregverdigheid van My sou wees, wanneer Ek `n gelyke loon aan die siele gee, sou hulle die aardse lewe nie op dieselfde wyse benut het nie.
Elke mens het `n reg om op allerlei moontlikhede tot voltooiing te kom, vir hom staan alle hulpmiddele ter beskikking en hy kan om barmhartigheid vra – oftewel dit in onbeperkte hoeveelheid benut. By die korrekte gebruik van sy wil, kan elke mens sy doel bereik en tot voltooiing kom, omdat slegs `n selfomvorming tot liefde verlang word en elke mens kan liefde beoefen as hy dit maar wil doen. Ek verlang van u mense, waarlik niks wat u nie kan volbring nie, omdat daar vir u tog altyd die Een ter beskikking staan, naamlik die hulp van Jesus, wat daarin bestaan dat die korrek gerigte wil versterking ervaar om in onselfsugtige goeie dade omgesit te word. U mense sou almal salig kan word as u dit maar wil, derhalwe moet die goeie wil ook ooreenkomstig beloon word. So 'n siel moet dus in die geestelike ryk anders beloon word as een wat nalatig was tydens haar aardse lewe in die opvoeding van haarself, wat die strewe na volmaaktheid nie so ernstig geneem het nie. So 'n siel moet begryplikerwys in `n ander graad van rypheid staan, ofskoon dit ook salig genoem kan word. Sy het haarself uit die duisternis opgewerk uit `n toestand van onwetendheid tot `n ontvanger van lig, al is dit in `n mindere mate.
Die siel kan dus in die geestelike ryk opstyg tot steeds groter saligheid, want die uitstraling van lig wat sy voortdurend ontvang, verhoog haar liggraad. Daardeur word dit duidelik dat `n reïnkarnering op aarde, met as doel om tot rypheid te kom, onnodig en ook nutteloos sou wees in soverre, dat aan die siel die herinnering van vroeër ontneem moet word. Want weer sou die vrye wil slegs beslissend wees, wat self egter net so goed na benede sou kan daal, waardeur die reeds bereikte liggraad in gevaar sou wees. Daarenteen behou die siel in die geestelike ryk wat dit voorheen besit het, en waarmee dit verseker met sukses kan werk.
Die terugkeer van `n ligwese na die aarde om `n bepaalde missie te vervul is `n daad van die allergrootste liefde en barmhartigheid, want vir `n vry geworde siel lyk die lewe "in die vlees" ondraaglik - sodra sy maar `n glimpsie van insig besit. Maar `n wese wat so onvolmaak die aarde verlaat wat haarself in die diepste duisternis bevind, is nog wel in die nabyheid van hierdie aarde, maar meestal onbewus van haar verlore liggaamlike lewe. Haar verlange na die materiële goedere van hierdie wêreld is nog geweldig groot, maar om so 'n wese weer op die aarde terug te plaas sou waarlik nóg wys - nóg liefdevol wees, want haar wil sou ook nooit `n hoëre ontwikkeling nastrewe nie. Die sug na die stoflike moet oorwin word, wat egter op aarde baie moeiliker is as in die geestelike ryk. Daar kan die wese die onwerklikheid van die materie besef, en die vrywording daarvan beteken al `n begin van `n vooruitgang omhoog.
`n Wese wat maar `n swak insig het, voel self in haar geestelike toestand bomate salig, en sy verlang nooit meer na die kettings van die aardse lewe nie. Om `n sprankie insig te hê, beteken reeds om `n geringe kennis te besit volgens die waarheid, en die besit maak die wese al salig omdat hy met sy geestelike rykdom kan werk. Die liefde spoor die wese dus aan om van sy besit aan die siele te gee wat in nood is, want elke daad van liefde vermeerder die toestroming van lig en kennis - en verhoog die saligheid. So 'n wese gee nooit meer sy vrye geestelike toestand op om na die aardse terug te keer nie, en besef dat hy in die geestelike ryk hoër op kan klim en dat sy aktiwiteit daar nodig is.
Beliggaam `n ligwese daarenteen haarself op die aarde, is dit `n daad van die grootste liefde en barmhartigheid, waartoe reeds `n hoë graad van liefde behoort. Want hier gaan dit om hulpverlening aan dwalende mense wat in groot duisternis van gees verkeer, wat `n buitengewone hulp nodig het om nie in die diepte weg te sink nie.
So 'n beliggaming kan die ligwese die kindskap van God besorg, die hoogste graad van volmaaktheid, wat slegs in die lewe op aarde bereik kan word. Die siel (van die ligwese) gaan dieselfde weg in die vlees met alle bekoringe van die kant van die duisternis. Van haar vroeëre rypheid het sy geen enkele voordeel of geheue nie, maar `n wegsinking in die diepte is geheel onmoontlik, omdat sy onder die beskerming van die geestelik volmaakte siele staan, wat haar wel help maar haar wil tog nie afdwing nie.
Sy moet as mens worstel en stry en sy het geen enkele herinnering aan vroeër nie. Sy moet `n lewe van liefde lei om nou vir die medemens as leier te dien. Die aardse lot van so 'n siel sal baie swaarder wees, maar sy bereik haar doel, omdat die liefde haar beweeg om die gang oor die aarde te gaan. Die liefde is die krag wat alles oorwin, wat alles bereik en omdat dit die vereniging met die Ewige liefde Self beteken - ook altyd by My steun sal vind.
AMEN

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205