Boek 32 – Reïnkarnasie
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17.

OPHELDERING OOR REÏNKARNASIE
B.D.8495 - 13 Mei 1963
Dit is volkome foutief om te veronderstel dat deur `n terugkeer na die aarde, om vir die sondeskuld te kan betaal, of dat dit afgelos is, ofskoon die wet van die goddelike geregtigheid `n vereffening van alle skuld vereis.
Vir My staan daartoe egter baie moontlikhede tot beskikking, sodat alle skuld ook eens verseker gedelg sal wees. Die wese sal weer opgeneem kan word in die ryk van Lig en Saligheid, wat vir hom in `n skuldige sondige toestand geslote was. Die ryk hierna, waarin die siel na die dood van die liggaam binnegaan; beantwoord aan haar staat van rypheid. Sy kan haarself, sowel in die diepste duisternis, asook in die helderste Lig bevind, waardeur haar lot of smartlik of heerlik kan wees. En beide die kwellinge, asook die heerlikhede is nie te beskrywe nie, en kan ook nie aan u mense beskrywe word nie.
En so kan ook die kwellinge - dus die lot van die onverloste siele - ontsettend wees en die siel ly dus onvoorstelbaar vir haar skuld of terwille van die skuld, en sy betaal dus ook deur die lyding baie van haar skuld. Dog haar smartlike toestand kan nog wel ewige lang tye duur as sy onverbeterlik is en nie die raadgewinge van haar geestelike leiers wil aanneem nie, wat haar uit hierdie ellende wil bevry. Want sy kan die ligryk nie ingaan, alvorens sy nie haar skuld gedelg het nie, in soverre dit gaan om sonde wat sy op aarde begaan het.
Omdat die oerskuld van haar vroeëre afval van God egter baie groter is en hierdie skuld nooit deur die siel self gedelg kan word nie, moet die mens op aarde, of sy siel in die hiernamaals, onherroeplik die weg tot Jesus gaan. Want slegs Hy kan haar vrymaak van hierdie skuld - waarvoor Hy aan die kruis gesterwe het.
Sonder Jesus, kom die siel nooit vry van haar skuld nie, al smag sy nog ewighede lank in die duisternis in die hiernamaals. Die siel moet dus vir Jesus aanroep om erbarming en om vergewing van haar skuld. En haar geestelike helpers sal steeds weer probeer om haar daartoe te beweeg dat sy verlossing soek by Hom, wat Sy lewe vir hierdie skuld gegee het.
En gee die siel haarself nou heeltemal oor aan Hom, word sowel die oerskuld, asook die skuld wat sy op aarde self opgelaai het, gedelg. Dan sal sy vry wees van alle skuld en terwille van die bloed van Jesus word sy opgeneem in die ryk van Lig en Saligheid.
Is die siel egter so verstok dat sy haarself nie tot Hom wil wend nie, ondanks alle teregwysings van die ligwesens wat haar wil help, sink sy steeds dieper. Haar kwellinge is onbeskryflik en sy slaag nie om uit die hel omhoog te kom nie; wat ook nog moontlik is met die hulp van die ligwesens; al moet sy weer die gang deur die skeppingswerke gaan om eendag tog die uiteindelike doel te bereik.
Maar hierdie terugkeer na die aarde is geen reïnkarnasie van die siel soos wat u mense dit vir uself voorstel nie, en dit is ook verseker alles behalwe wenslik. Want dit is vir die siel wat in partikeltjies ontbind is, weer `n eindelose lang toestand van ellende, totdat sy weer die stadium van mens bereik.
Dit moet steeds weer aan u gesê word, dat u nooit van u skuld kan vrykom sonder Jesus nie. Daarom is die Verlossingswerk van Jesus so belangrik, want slegs Hy is die "Deur tot die ligryk" Want al sou u deur groot kwellinge in die hiernamaals boet vir die sonde wat u op aarde op u gelaai het; sou u tog nie die ligryk kan binnegaan as u nie deur Jesus van u oerskuld verlos geword het nie.
En netso sou ook `n lewe nogmaals op die aarde, vir u van geen nut wees waarin u weer nuwe skuld kan toevoeg, terwyl u Jesus eers moet vind; wat u egter ook in die hiernamaals kan vind. Om die redes is dit dus nie nodig om na die aarde terug te keer nie.
Ek maak u mense steeds weer op hierdie dwaalleer opmerksaam, omdat ook die Verlossingswerk van Jesus deur hierdie dwaalleer vir u van geen waarde skyn te wees nie. Omdat u deur hierdie dwaalleer u medemens laat glo dat u self u skuld kan aflaat - en dat u dan vanselfsprekend by Jesus kan verbygaan, waarsonder u nooit vry kan word van u oerskuld, wat nooit deur hoe groot kwellings op aarde, of in die hiernamaals, tot niet gemaak kan word nie.
Laat u tog oortuig van die belang dat u die "weg tot die kruis" moet gaan. Bedrieg uself nie met valse verwagtinge, waardeur u u onverloste toestand verleng en eindelose lang tye in die duisternis moet smag nie. Want slegs Hy is die Lig wat op die aarde gekom het, wat u redding gebring het van sonde en dood, as u Hom maar vrywillig om vergewing gaan vra van u skuld. As u uself maar nie daarop verlaat, om uself in `n volgende lewe van u skuld te kan bevry en deur so 'n geloof u toestand van duisternis en ellende steeds meer verleng nie. Want sonder Jesus en Sy Verlossingswerk sal u vir ewig nie tot die Lig kom nie, tot vryheid en saligheid. Sonder Jesus kan u nie vry kom van u skuld nie.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205