Boek 32 – Reïnkarnasie
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17.

DIE LEER VAN DIE REÏNKARNASIE
B.D.4559 - 5 Junie 1949
Wat u verlang om te weet sal aan u bekend gemaak word, sodra u u vrae ter beantwoording aan My voorlê. Dit is vir alle mense van die grootste betekenis, as hulle self die doel stel om gedurende die aardse lewe hul siel tot voltooiing te bring. As sy vas daarin glo dat sy self eendag verantwoording moet doen voor `n regverdige God, in hoeverre sy haar aardse lewe benut het.
In `n geestelike opsig spoor die geloof die mens aan tot die grootste aktiwiteit. Dus is dit begryplik dat `n geloof aan meer moontlikhede van `n opwaartse ontwikkeling, die mens louer sal laat word in die arbeid aan sy siel. En dat hulle glo om in `n ernstige gevaar te wees omdat dit in `n sekere sin die strewe na die hoogste moontlike sielerypheid verminder, en bowendien ook My regverdigheid in twyfel trek.
Want hoe sou Ek die een of ander tot verantwoording kan roep, wanneer Ek nie vir elke mens die herbeliggaming op aarde sou toelaat nie? Op welke manier moes die beloning dan wel plaasvind van hulle wat hulle self na My wil tot liefde omvorm tydens hulle lewe op aarde, wanneer Ek hom, wat gefaal het, dieselfde geleentheid sou gee om homself een of meermale te beliggaam, met die doel om homself opwaarts te ontwikkel. Dan sou elke mens ten laaste dieselfde graad van volmaaktheid kon bereik het!
Die ligsterkte bepaal in die geestelike ryk ook die graad van saligheid. Die ligsterkte, wat die mens deur vrye wil op die aarde bereik het, is beslissend vir die arbeidsveld wat hom in die geestelike ryk toegewys word, waar hy nou meer en meer kan toeneem in wysheid en krag - dus ook in saligheid.
En sy werksaamheid is weer die bring van lig en krag tot die wesens wat lig- en kragteloos is, wat dus hulp nodig het, sowel op aarde as ook in die geestelike ryk. Hierdie dinge is bomate verblydend, sodat geen werksaamheid op aarde aan haar gelykgestel kan word nie. Daaruit volg, dat elke wese wat in staat is om lig en krag aan behoeftige siele uit te deel, hierdie werksaamheid ook wil verrig, omdat sy haarself onuitspreeklik gelukkig daarmee maak. Want hulle neem die krag van My op, en is dus in `n sekere sin `n deurgeestasie van My kraguitstraling.
Hierdie saligmakende ontwikkelingsgang probeer elke wese te verwesenlik sodra hulle maar `n sprankie van insig het, en dus nie meer in die diepste duister van die gees verkeer nie. Dan ruil die wese egter nooit meer vrywillig sy verblyf in die geestelike ryk om vir `n lewe op die aarde nie, wat nooit meer na die stoflike omhulsel sal terugkeer nie, want die moontlikhede om opwaarts te gaan, is in die geestelike ryk ewegoed aanwesig, wanneer die wil tot liefde eenmaal ontwaak het by hulle wat al `n krieseltjie insig het.
Om haarself te beliggaam kan die siel goed doen, as sy self die wil daartoe het en daar `n edel motief aan hierdie beliggaming ten grondslag lê, soos hulpverlening aan die medemens, of die aflos van `n groot skuld wat belemmerend teenwerk om `n hoër graad van sielerypheid te bereik. Dan is dit geen terugplaas na die aarde deur My wil nie, maar die wil van die siel self is deurslaggewend.
Waar elke siel egter nou die vermoë om haarself iets te herinner van vroeër, ontneem word, is so 'n beliggaming aan die grootste gevaar verbonde, omdat die siel ewegoed kan wegsink deur haar vrye wil, omdat sy netsoos elke mens die ontwikkelingsgang moet aflê en haar vleeslike luste sal daar in die besonder na vore kom, as sy in dieselfde verleiding kom wat haar skuldig laat word het in haar vorige beliggaming.
Stel die siel die werksaamheid in die geestelike ryk daarteenoor, wat haar langsaam maar seker hierdie graad van rypheid besorg - terwyl `n geestelike sukses deur `n herhaalde beliggaming twyfelagtig is, dan kies sy baie eerder die lot in die geestelike ryk. Maar sy bly tog met die aarde verbonde, in soverre, dat sy haarself oor die siele op die aarde bekommer en hul lot begelei. Sy sal steeds help waar sy self op aarde gefaal het, om welke rede egter die veronderstelling dat dieselfde siel haarself weer as mens beliggaam het. Want daarteen moet steeds ingebring word dat die mens op aarde elke geleentheid gebied word om self opwaarts te ontwikkel, dat die toevoer van barmhartigheid onbegrens is, dat die wil van die mens deur die Verlossingswerk, `n sterker word kan ervaar wat alle mislukking onmoontlik maak. Dat dit haar dus heeltemal vry staan om hierdie hoë liggraad te bereik en dat hierdie voordele nie willekeurig afgewys mag word nie - as sy weer opnuut daarna vra.
Die mens het `n vrye wil en hy moet self eendag vir die gebruik daarvan verantwoording doen. Hy moet ook die gevolge daarvan dra wat uit uiteenlopende soorte lotsbeskikking in die hiernamaals bestaan, en wat hy nie eenvoudig kan omseil deur `n hernieude beliggaming nie. Want hiervan is die gevolge weer twyfelagtig, omdat elke herinnering aan vroeër hom ontneem is.
Tog is sy wil beslissend en hy word dus beliggaam as hy wil. Maar hierdie wil is `n seldsaamheid, waardeur daar dus nie van `n meermalige inkarnering gespreek kan word nie. Bowendien is hierdie leer `n groot gevaar vir die mense as hulle hul aardse lewensgang nie ernstig genoeg opneem nie, om altyd rekening te hou met `n herhaling, wat egter agterweë sal bly.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205