Boek 32 – Reïnkarnasie
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 16

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17.

BELIGGAMING VAN BAIE LIGWESENS IN DIE EINDTYD
B.D.8245 - 9 Augustus 1962
Dat daar in die eindtyd baie ligwesens op aarde beliggaam word, het noodsaaklik geword, omdat die mense so weinig liefde aan die dag lê, waardeur die geestelike duisternis ook so toegeneem het. Daarom moet klaarheid nou aan die mense gebring word. Vanuit hulleself ontsteek hulle nie die vlam nie, wat hulle die nodige lig sou gee. Dus moet daar `n lig van buite af tot hulle gebring word, dit wil sê, hulle moet onderrig word deur mense wat self wetend is, dit wil sê, self lig besit.
Die beliggaamde ligwesens sal deur `n lewenswandel in liefde as mens wetend word, want in die begin van hulle beliggaming is die kennis ook vir hulle vreemd. Hulle moet, net soos elke ander mens, hulleself tot ligdraers ontwikkel. Maar hulle sal maklik slaag, omdat hulle bereid is om lief te hê en die liefde wat lig is, sal hulle van binne uit verlig.
Deur hulle bring Ek dus My woord na die aarde. Ek skenk die mense opheldering, sodat hulle ingelig kan word in die kennis oor hulle oertoestand, hulle afvalligheid en hulle opdrag in hulle bestaan as mens. Hulle is dus nie geheel onwetend nie, ofskoon hulle sonder liefde voortlewe, maar daar word vir hulle opheldering verskaf en hulle hoef maar van goeie wil te wees om nou ook die opheldering aan te neem en hulle lewe ooreenkomstig daarmee te lei.
Maar juis die ligdraers, die beliggaamde wesens, word maar selde aangehoor. Want hulle verlang `n lewe van liefde, terwyl hulle medemens nie hierdie eise wil nakom nie. En so sal daar van die kant van die ligwêreld nog baie geworstel word oor die siele van die mense, wat hulle oë en ore sluit en liewer na die stem van die wêreld wil luister. Daar sal dus duidelik twee rigtings te sien wees. In diepe geestelike duisternis sal die mense deur die lewe gaan wat alle lig afwys. En ander mense sal weer lig uitstraal en so invloed hê op hulle medemens, terwyl hulle `n lewe lei wat aan My gebod beantwoord. By hulle sal die lig dan ook toeneem en hulle sal oor kennis beskik wat hulle gelukkig maak, omdat hulle nou die doel van hulle aardse bestaan insien.
Die mense het ondersteuning nodig, want hulle doen niks meer om self die weg uit die geestelike duisternis te vind nie. Hulle wil is verswak omdat dit gebind is deur God se teenstander, vir solank die mens geheel sonder liefde leef. Want solank is hy ook nog `n deel van hom, wat hom in die duisternis binnegetrek het. Juis daarom moet steeds weer aan die mens gepredik word om die liefde te beoefen. En van die kant van die ligwêreld sal bystand ook steeds aan hom verleen word, omdat dit in homself lig word en hy nou insien om welke rede hy op die aarde is.
Daarom spreek God die mense aan deur tussenpersone, deur ligwesens wat hulleself op aarde laat beliggaam het en wat self die wil het om hulleself hegter te verbind met hulle God en Skepper van ewigheid. Hulle wil hulle medemens verlossing bring en wil graag vir hulle Hemelse VADER Sy kinders terugbring, as hulle hulleself tenminste nie verset teen hulle pogings nie; as hulle die lig aanneem, wanneer hulle die EWIGE Lig deur hulleself heen laat straal, wat steeds gebeur as die mense geneig is om God se Woord aan te hoor en ook daarna lewe.
Dan sal die duisternis oorwin word. Die mense sal wetend word en tot insig kom dat hulle `n Vader het, wat hulle wil help, sodat hulle tot Hom terugkeer en daarom Sy bodes na hulle stuur, dat hulle die lig uitstraal wat hulle van God Self gestuur word. Daar sal nog geworstel word oor alle siele wat in geestelike duisternis verkeer, want die mense moet nog gered word vóór die einde - sodat hulle die smartlike lot ontgaan om opnuut gekluister te word in die skeppings van die nuwe aarde. AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205