|
Boek 32 – Reïnkarnasie BERTHA DUDDE
Hoofstuk 7
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17. |
|
|
REÏNKARNASIE - JA OF NEE? B.D. 5062 - 12 Februarie 1951 Waar dit in u nog donker is sal u van bo lig gegee word, want My dienare het `n opdrag om die lig beskikbaar te stel aan almal wat daarna verlang. Wat tot verligting van die gees bydra, word aan hulle verskaf, omdat hulle duidelik die waarheid van dwaling kan onderskei en Hom steeds voor oë hou, wat die Ewige Waarheid Self is. U, My aardse kinders is bestem vir die hoogste saligheid wat Ek vir u kan berei. Maar steeds na u eie wil sal ook u mate van saligheid wees, want u wil bepaal Ek nie. Die hoogste saligheid veronderstel egter ook die hoogste eise aan u wil. Want om die kindskap van God te bereik, wat u verseker van die erfdeel van die Vader, moet u volmaak wees, soos wat ook u Vader in die Hemel volmaak is. Ek vra oneindig baie van u sterflinge, maar Ek gee nog oneindig baie meer. Wat Ek van u vra is om uself geheel volgens My wil te voeg en uself om te vorm tot `n hoë graad van liefde. Oneindig verskillend kan die graad van saligheid wees in die ewige lewe, steeds volgens die graad van liefde wat u in u laat opvlam en tot werksaamheid ontplooi. Die werke in liefde bepaal dus die graad van rypheid en tewens ook die van die saligheid, waaruit volg dat die kindskap van God `n volledige lewe in liefde op die aarde vereis. Dat die wese van die mens tydens die aardse lewe omgevorm word tot liefde, tot My ewebeeld, tot My ware kind, vir wie Ek al die salige vreugde berei het soos Ek dit beloof het. In `n eenmalige lewe op die aarde moet die siel die kindskap van God bereik het, omdat hierdie hoë graad van rypheid in die ryk hierna nie meer bereik kan word nie, ofskoon `n wese ook daar nog tot `n ondenkbare volheid van lig kan kom. Wel kan `n Ligwese die kindskap van God verwerf, as hy ten behoewe van `n leiersfunksie homself nogmaals op die aarde in die vlees beliggaam. Wat egter `n besondere swaar lewe vol leed met hom saambring, saam met `n verlossende taak op aarde, wat die aanleiding is van sy hernieude beliggaming. Slegs wesens wat al `n hoë graad van lig bereik het, strewe `n herbeliggaming op aarde na, maar slegs uit liefde tot die dwalende mense, om hulp aan hulle te wil verleen in tye van die grootste geestelike nood. Daarenteen is elke lig ontvangende siel in die geestelike ryk in `n sekere mate ook salig te noem. En hierdie saligheid is voldoende om die wil tot hulp in haar op te wek vir die wesens wat nog in duisternis smag, en waarvan hulle die toestand ken en wil verbeter. Daar is geen ligsiel wat nie hierdie wil tot hulp in homself het nie, want die ontvangs van lig vereis eerstens liefde, en liefde wil haarself steeds weer uiter. En elke buitengewone werk van liefde in die geestelike ryk verhoog die saligheid van die wese en so 'n wese verlang nooit meer na die aarde terug nie. Sy sien immers `n groot arbeidsveld vir haar liefdeskrag en ondervind ook die steeds toenemende volheid van lig en saligheid. En teen sy wil in word geen wese weer op die aarde geplaas nie, omdat dit teen My goddelike ordening sou wees. Bowendien is hierdie wil by wesens, met maar `n geringe mate van lig, nie aan te tref nie. Slegs buitengewoon hoë geesteswesens daal na die aarde neer om die bogenoemde taak te volvoer. Sodra die siel maar `n geringe graad van insig haar eie gemaak het, ken sy ook die moontlikheid om haarself verder te ontwikkel in die geestelike ryk. Want dan het die liefde in haar ontvlam, anders sou sy nog in totale duisternis verkeer het. Is `n siel egter nog geestelik blind, dan kan die verlange na die aarde in haar opduik. Maar nooit met die doel om tot geestelike voltooiing te kom nie. Dit is slegs die verlange na die materie wat haar na die aarde dryf, en die verlange word nie van My kant af vervul nie. Want daardie verlange is in die hiernamaals makliker om te oorwin as op die aarde, en sonder oorwinning van die verlange is daar geen lig, geen geestelike vooruitgang nie. Wie op die aarde versuim het om self `n sprankie insig te verwerf, die is ook in die hiernamaals in diepe duisternis en `n hernude plasing van hom op die aarde sou geen daad van erbarming wees nie, wel `n handeling teen My ewige ordening, wat `n geleidelike vooruitgang nastreef en alle agteruitgang deur My wil uitsluit. `n Herbeliggaming sou in dié geval `n onregverdige vereffening van die siel vir die faal op die aarde wees. Dit sou geen liefde en barmhartigheid van My kant wees nie, maar `n ontsaglike las vir die siel, as sy vir die tweede keer die verantwoordelikheid op haarself sou moet neem, sonder die sekerheid om haar doel te bereik. En sy sou haar doel ook nie bereik nie, omdat die herhaalde beliggaming begryplikerwys baie hoër eise aan haar sou moet stel, om die buitengewone voorreg te vereffen - terwyl haar wil daarom vry bly. En sy sou dan twee maal `n wilsproef moet aflê, wat net soveel sou beteken, as sou Ek die lewenstyd van `n mens op aarde verdubbel en sodoende `n bestaande natuurwet omseil. Bowendien daardeur, sou `n siel wat eenmaal op die aarde gefaal het, opnuut deur My teenstander gebind word en sou haar wil verswak, want die weg na My, die goddelike Verlosser, sou haar deur die wêreld van Satan versper word, want haar verlange geld vir die wêreld asook die materie. Slegs die wil van die wese is altyd beslissend, maar hierdie wil voel niks vir `n hernieude plasing op aarde as die siel maar `n sweempie van insig besit nie. `n Nog geheel in die donker dwalende siel, word die hernieude plasing egter nie toegestaan nie, omdat My wysheid die gevaar en die meestal vergeefse van `n tweede gang oor die aarde ken. En My liefde bevorder geen agteruitgang nie, maar slegs `n vooruitgang. My wet van ewigheid is opbou en vooruitgang. Van My kant af word slegs moontlikhede tot opwaartse ontwikkeling begunstig, wat weliswaar ook sonder sukses kan bly - maar dan wel vanweë die vrye wil van die wese. `n Agteruitgang word dus slegs veroorsaak deur sy wil, maar nooit deur My wil nie. Enkele gevalle van `n weer terugkeer na die aarde het hul rede, hoewel mense daarom nie mag aanneem dat elke siel willekeurig weer tot die aarde kan terugkom nie, as sy eenmaal hierdie weg afgelê het - sonder of met min sukses. Maar dat die siel altyd weer verpersoonlik word, staan vas, omdat sy haar opwaartse ontwikkeling in die ryk hierna moet voortsit en daarom haar steeds aangewese werksaamheid vereis wat sy uitvoer in `n nuwe beliggaming op een van die ontelbare skeppings - wat vir die geestelike dien as plek om ryp te word. Maar die werksaamheid en die opdragte is anders van aard as op die aarde en word vir u mense ook nie begryplik gemaak nie. Steeds bly die prinsiep van verlossing en voltooiing - die dienende liefde. Ontelbare moontlikhede staan My tot beskikking om op die siele wat nog onryp van die aarde heengegaan het, gunstig in te werk. Die lewe op hierdie aarde was `n buitengewone moontlikheid wat sukses beloof; om dit nie te benut nie, kan egter nooit meer as sodanig goedgemaak word dat die wese dit later kan ewenaar deur `n willekeurige aantal kere weer op die aarde beliggaam te word nie, om welke rede die leer van `n herbeliggaming dus misleidend is. En daarom mag enkele geregverdigde besondere gevalle van `n herbeliggaming van siele op hierdie aarde, u tot hierdie slotsom bring nie, wat baie eerder nadelig as voordelig sou wees vir die siel. Die vrye wilsbeslissing van `n siel moet op aarde in `n eenmalig lewe geneem word, met die hulp van die goddelike Verlosser Jesus Christus. Wie Hom afwys, het vir homself `n buitengewone barmhartigheidsgawe verspeel en hy moet worstel in die hiernamaals totdat hy tot insig gekom het, en daar nog aanspraak maak op Sy hulp. Want die kruisdood van Jesus is van so `n geweldige betekenis vir die verlossing van al die geestelikes, dat al net die wil van die mens om verlos te word, al voldoende is; en dat `n wil wat faal, egter die gevolge moet dra; `n Ontsaglike moeilike ontwikkeling omhoog in die geestelike ryk, of `n wegsinking in die diepste diepte, wat weer `n gang deur die materiële skepping as gevolg het. Dus `n reïnkarnasie, wat `n baie moeilike saak is, `n eindelose, voortgaande, smartlike toestand van kwelling, tot die stadium wat die mens hom weer die vrye wil bring en daarmee weer opnuut die moontlikheid gee om `n wilsbeslissing te neem. Geen wese sal vir ewig verlore gaan nie, maar wanneer sy tot saligheid sal kom, bepaal die wil van die mens self. Maar die wet van die ewige ordening bly bestaan, want My Wysheid en liefde, wat ewig en onveranderlik is, lê dit ten grondslag aan. AMEN
|
|
|
|
|