Boek 32 – Reïnkarnasie
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17.

VRAE OOR RASSE - DIE LEER VAN DIE HERBELIGGAMING
B.D. 884 - 22 Augustus 1964
Hierdie vrae is nie so maklik om te beantwoord nie, omdat u alles vanuit die gesigspunt bekyk dat u mense, uself slegs in die aardse lewe positief ontwikkel. Steeds word aan u gesê, dat die aardse lewe die enigste weg is om die kindskap van God te bereik en dat u dit met goeie wil ook kan bereik. Tog is dit maar net vir baie min mense moontlik, en in die besonder in die tyd van die einde - waarin die liefde totaal afgekoel het.
U dink egter nie daaraan dat die ontwikkeling in die ryk hierna verder gaan nie. Dat Ek baie skoolgeboue het, waarin, weer met `n goeie wil, voortgesit kan word wat op hierdie aarde versuim was, ofskoon die doel van die kindskap van God nie meer bereik kan word nie. Waarin die wese egter ook weer kan wegsink in die diepte, en dat My erbarmende liefde, wat om u voorbede vra, die wesens te hulp kom.
U moet steeds met ewige lang tye reken, sodra `n verlossing deur Jesus Christus nie plaasgevind het nie. Maar vir My is duisend jare soos één dag. En as u nou die vraag stel of daar `n moontlikheid tot vereffening is vir diegene wat deur My wil as "kleurling" beliggaam is, dan stel Ek u die teenvraag: Weet u dan of `n blanke sy beliggaming nie misbruik en teen God in handel nie? Welke nut het dit wanneer hy in kennis ver bo die eersgenoemde staan, as hy totaal ongelowig is en sy lewe sonder liefde deurbring. Terwyl die inbors van die eerste daarenteen goed kan wees en hy dus ver bo die ander staan.
Die grootste euwel wat `n mens eie kan wees is die ongelowigheid, want dan bevind hy homself nog in die mag van hulle wat hom na benede trek. Sulke mense kan ook nie in één aardperiode verlos word nie. Hulle keer egter nie weer as mens na die aarde terug nie, maar hulle word weer in die materie gekluister net soos wat hulle hulleself in die hiernamaals bevind, wat in die diepte weggesink het en by wie die Verlossingswerk geen resultaat gehad het nie. In so 'n geval is één verlossingsperiode nie voldoende nie. Net soos wat die sogenaamde halfwilde menserasse hulle eerste beliggaming op hierdie aarde belewe, en net soos hulle in die hiernamaals, nie hulle opwaartse ontwikkeling nastreef nie, wegsink en weer opnuut gekluister word.
Hierdie kluistering vind dus steeds plaas by die omvorming van die aarde met as doel om die goddelike ordening weer te herstel. Maar tog is dit geen herbeliggaming soos wat u mense dit vir uself voorstel nie, naamlik, dat u hierdie herbeliggaming volgens geloof begeer, en dat hierdie begeerte dan ook in vervulling sal gaan. U stel alles vir uself as begrens voor, sowel met die oog op hierdie tyd, asook op die gebied waarheen u verplaas word. U reken nie met ewigheidsbegrippe nie, wat ewenwel vir u mense belangrik is. En voor so 'n ewigheidsbegrip staan u as die omvormingswerk van die aarde plaasvind, want dan sal alle mense die weg van ontwikkeling van vooraf aan moet begin. Maar nie soos wat u dit begeer nie, naamlik dat u weer ter vervolmaking na die aarde sal terugkeer nie. Die volmaak wording is op hierdie aarde moontlik, maar dit vra u volledige wil en u algehele inset. Dat die doel egter nie meer nagestreef word nie, daarvoor gee die mense self die verklaring aan u, want hulle is liefdeloos en heeltemal sonder geloof. Waar Jesus Christus egter ernstig aangeroep word in gees en in waarheid en waar Hy nog as Verlosser gesien en erken word, daar is ook liefde. En die liefde waarborg ook dat die mens volmaak sal word soos wat sy Vader in die Hemel volmaak is.
`n Siel wat nog nie tot rypheid gekom het nie, word in die hiernamaals deur tallose helpers bygestaan, wat haar verseker omhoog lei. Is sy egter onwillig, dan sink sy weg in die diepte, maar kan ook daar nog verlossing vind. Is alle bemoeienisse van die ligwêreld egter tevergeefs, dan word sy weer aan die einde opnuut gekluister.
As u dus weet dat die mate van liefde beslissend is vir die mate van insig wat die siel het by die skeiding van hierdie wêreld, dan kan u ook begryp dat alle geestesrigtings, wat hulleself beywer om die liefde tot ontplooiing te bring, asook die herkenning van Jesus Christus, voor of na die oorlye `n gevolg het. En weer sal hierdie siele ook verlossing vind, sodra hulle Hom herken. Dit sou dan dus ook nie nodig wees om nogmaals op aarde beliggaam te word nie, om nou sodoende die geloof in Hom te vind nie.
Maar dit moet u in die oog hou, dat ook hierdie geestesrigtings eers op hoogte moet wees van die goddelike Verlosser en dat dit dus by hulleself lê of hulle My om hulp versoek om hulle die korrekte opheldering te laat toekom. Want hierdie eis van My is tereg, dat mense aan Myself om opheldering vra oor sulke probleme wat slegs Ekself kan oplos en dat Ek ook vir hulle sal onderrig wat die ernstige wil het om die waarheid daaroor te ken. En so gou as wat hulle dit nie nalaat nie, kan hulle ook aanspraak maak op die kindskap van God. Want hulle sal dan, waar hulle dit kan, hulle kennis ook versprei.
Die reïnkarnasie op hierdie aarde is dus in geen geval noodsaaklik nie. Daarenteen word van die kant van die ligwêreld `n tweede beliggaming afgesmeek terwille van `n missie wat slegs `n liggees op hierdie aarde kan vervul. Die missie kan dan egter ook aan die wese die kindskap van God gee, waar hy egter self nie daarvan op hoogte is nie en dit slegs vermoed deur die missie wat aan hom opgedra is.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205