Boek 32 – Reïnkarnasie
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 15

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17.

BELIGGAAMDE LIGWESENS OP DIE AARDE. AKTIWITEITE VAN DIE TEENSTANDER ONDER `N DEKMANTEL
B.D.8207 - 5 Julie 1962
Ook die ligwesens wat self in die laaste tyd voor die einde op aarde beliggaam is, is slegs volgens My wil werksaam sodra hulle, in `n innige verbinding met My, hulle aardse lewe lei en daar dus van hulle kant af geen weerstand teen My aanwesig is nie, dit wil sê, dat hulle hulleself bewustelik onder My wil stel, waartoe egter `n verbinding met My vereis word wat hulle in vrye wil tot stand moet bring.
Daar is dus geen ligwese op die aarde as mens beliggaam ten behoewe van `n sending, wat deur My tot hierdie missie gedwing word nie, maar die liefde in hom moet die rede wees om homself geheel en al aan My oor te gee en dan sal hy hierdie missie ook waarlik volgens My wil uitvoer. En u mense mag gerus glo dat dit dan ook besig is om so te gebeur, dat dit u tot seën strek, maar steeds as mens wat sy afkoms nie ken nie. Want hierdie kennis sou geen seën oplewer, nóg vir die ligwese as mens, nóg vir die mensdom wat hy te hulp wil kom nie.
Hulle staan wel in die nouste kontak met My en vervul hulle aardse opdrag met vreugde en oorgawe. Maar hierdie wesens wat My nou op aarde help, is nie soos robotte wat van My moet getuig nie. Nee, in geheel vrye wil sal so 'n mens, die beliggaamde ligwese, My Gees in homself laat werk. Hy sal die waarheid verkondig omdat sy geesvonk self verbind met die VADERGEES van EWIGHEID en hy nou dus in My opdrag spreek, dit wil sê, die medemens op hoogte bring van die geestelike Woord wat hy voortdurend van My ontvang.
Maar laat u nie mislei deur valse profete nie, want My teenstander sal homself ook uitgee as verteenwoordiger van die Christus (Christus) om die mense op `n dwaalspoor te bring - in die besonder in die tyd voor die einde. Hy sal homself agter `n dekmantel verberg en ook nie daarvoor terugdeins om goddelike woorde te gebruik wat hy ken, en op sy manier probeer uitlê nie. Laat u nie mislei deur valse Christusse en profete nie, want My teenstander soek vir homself `n dekmantel om toegang te verkry by die mense wat aan My behoort en ernstig na My streef. En hy het daarmee dikwels groot sukses en bedien homself dikwels van My Naam, omdat die wil van die mens hom dit self toestaan. Die liggelowige mediamiek (`n geestelike wese wat homself deur middel van `n mens uiter) aangelegde mens neem alles vir waarheid aan wat My teenstander hom, as sogenaamd van My, vertel. U moet dus `n onderskeid maak tussen die werke van die gees in die mens en wat mens deur die mediamiek ontvang, waarby die eie wil uitgeskakel word en die aktiwiteit van My teenstander daardeur moontlikhede gebied word, wat hy ook waarlik goed gebruik.
Wie egter reeds die lig van insig in homself ontsteek het, die sal ook sy skandelike doen en late deursien en homself nie laat mislei nie. Want wie begeer om in die waarheid te lewe, sal Ek ook die waarheid laat toekom, en Ek gee hom ook die bekwaamheid om My tot die aarde gestuurde Woord te beoordeel en as van My uitgaande te herken. Hy sal My teenstander geen geloof skenk nie, al gaan hy hoe listig te werk om die mensdom te mislei. Want die denke van die mens word goed gelei en daar word vir hom opheldering gegee, sodra hy maar opreg na die waarheid verlang.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205