Boek 32 – Reïnkarnasie
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17.

ELKE ONTWIKKELINGSFASE IS EENMALIG IN `N VERLOSSINGSPERIODE
B.D. 2873-2875 - 7 September 1943
Die wette van God is sedert ewigheid vasgelê, en volgens die wette voltrek die algehele opwaartse ontwikkeling in die materiële homself in die geestelike ryk. Daar bestaan skeppings van die menigvuldigste soort, stoflik asook geestelik. En al hierdie skeppings het slegs die bedoeling, om die geestelike wat ver van God verwyderd is weer tot Hom terug te lei. Maar elke stadium van ontwikkeling is verskillend, soos wat ook afsonderlike skeppings geheel verskillend is. Dus is hierdie skeppings volgens hulle aard steeds aangepas by die rypheidsgraad van die geestelike waarvoor dit tot verblyfplek sal dien.
Daar is altyd sprake van `n opwaartse ontwikkeling van die geestelike, sodra hulle in die "jy moet" toestand deur die materiële skepping gaan. `n Stilstand of `n agteruitgang in die ontwikkeling kan plaasvind in die laaste stadium van die materiële skepping as mens. Daarna egter, kom die geestelike onherroeplik in die ryk hierna, waar geen stoflike skeppings meer is nie. Maar ook dan kan daar `n stilstand of teruggang op te merk wees, omdat die wese ook in die geestelike ryk sy vrye wil behou, wat slegs uiters verswak is, as die wese slegs `n geringe rypheidsgraad bereik het. Net soos in die aardse lewe hang egter die opwaartse ontwikkeling af van werksaamheid, wat vir die mense op die aarde onbegryplik is en ook sal bly. Hulle begryp nie die betekenis daarvan nie, want hulle dink dat welke werk ookal, afhanklik is van aardse skeppings. Hulle glo dat daar vir elke besigheid (ding) aardse, dit wil sê, stoflike skeppings nodig is. En as gevolg daarvan, verdedig hulle die opvatting dat die siel weer in die sfeer sal terugkom, waarin sy tevore haar opwaartse ontwikkeling negeer het. Dat sy dus weer tot die aarde terugkeer om daar voort te gaan waar sy opgehou het, sodat die siel dus haar onderbroke ontwikkelingsgang altyd weer kan herhaal, tot uiteindelike voltooiing.
En hierdie veronderstelling lei tot `n leer wat nie volgens die waarheid is nie, maar oral byval vind en oral versprei word as die leer van die reïnkarnasie op die aarde. Slegs baie min mense kan begryp hoe skadelik hierdie leer is vir die mensdom, as dit nie weerlê en reggestel word nie.
Want daardeur word in `n sekere mate die wet van God omvergewerp, want volgens die plan van die goddelike wysheid moet alles vooruitgaan, as dit wil hoër gaan. Die herbeliggaming van die siel op die aarde sou `n aweregse ontwikkeling beteken wat van God sou uitgaan, dus Sy wet heeltemal sou teenspreek, wat `n geleidelike vooruitgang eis. Die wese kan homself uit vrye wil wel negatief ontwikkel, maar hy word nooit deur God se wil teruggeplaas in `n toestand wat hy reeds eenmaal oorwin het nie. Nooit mag die wese dus volgens eie besluit `n proses herhaal waarin hy tevore gefaal het nie. Hy het nog baie duisende moontlikhede om homself verder te ontwikkel, egter altyd op ander skeppings en onder ander voorwaardes.
B.D 2874
In die geestelike wêreld is die siel self die skepper van haar omgewing. Sy beweeg self in `n ryk wat sy vir haarself skep deur haar wense en begeertes, deur haar denke en wil. Maar alle dinge is nie meer stoflik nie, maar ook nie geestelik onverganklik nie, maar dit is fantasieë, dit is wensbeelde wat vergaan, hoe meer die siel haarself verlangend daarna wend. In die selfgeskape ryk kan die siel, net soos op aarde, die verlange na die materie bestry en oorwin. Sy kan egter ook voor haar swig en steeds meer die materie begeer, wat sy in haar duistere toestand nog as werklik beskikbaar waan.
Die siel kan dus glo om op aarde te lewe en eindelose lang tye in die waangeloof bly, om dan, óf langsaam haar gebrekkige toestand te herken en van haar verlange na wêreldse goedere af te sien, óf sy kan haarself ook steeds dieper in die materie verstrik, wat gelyk staan aan `n geestelike agteruitgang, wat ten laaste eindig in die hernieude kluistering in die vaste vorm. Want die verlange van die geestelike word steeds in soverre beantwoord, dat die materie waarna sy verlang, ook haar omhulsel word.
`n Negatiewe ontwikkeling in die hiernamaals lewer dus vir die siel die reïnkarnasie op. Sy moet die eindelose lang ontwikkelingsgang op aarde nogeens gaan, om na duisende van jare weer as mens die laaste lewensproef op aarde te kan aflê.
Daarenteen is die opwaartse ontwikkeling in die geestelike ryk onafhanklik van die materiële omgewing. Want eers as die siel haarself vrygemaak het van die verlange, gaan sy ook weer die weg omhoog. Dan het sy nie meer die aarde as verblyfplek nodig nie, want sy het in die hiernamaals dieselfde moontlikhede om in dienende liefde besig te wees. Die siel het haar dan as`t ware by `n geestelike werkgemeenskap aangesluit, wat buitengewoon aktief is op `n wyse wat vir die materieel ingestelde mense onbegryplik is. Aan alle wesens word die geleentheid gebied om in die hiernamaals opwaarts te strewe, en in die toestand van insig word hierdie moontlikhede ook ywerig benut. Die siele wat nog in volledige duisternis verkeer, moet egter uit vrye wil na God strewe.
Om hierdie wil in hulle op te wek, is die werk van die wesens wat in die Lig staan. Wat deur hulle volmaaktheid die kennis ontvang het en wat dit nou aan hulle, wat nog in die duisternis van gees verkeer, in liefde probeer oorbring. En so is daar in die geestelike ryk nog genoeg moontlikhede om geestelike rypheid aan die siele te verskaf.
BD 2875
Elke ontwikkelingsfase van die geestelike vind maar eenmaal plaas in die tydsbestek van `n verlossingsperiode, selfs al het hy nie die staat van sy vrye wil benut nie. Want dan gaan hierdie ontwikkelingsfase vergeefs by die wese verby en hy moet die gevolge daarvan in die geestelike ryk op homself neem. Maar aan die geheel aan God weerspannige, by wie die eindelose lang gang oor die aarde nie by magte was om die weerstand te breek nie, word die geleentheid nogmaals gebied om in `n nuwe beginnende aardperiode, in die mees vaste vorm beliggaam, `n nuwe fase van ontwikkeling te kan deurmaak. En dan is dus ook die geestelike, wat self vanuit die "jy moet" toestand weer omhoog tot mensesiel ontwikkel, sy verblyf in `n menslike liggaam toegestaan, as laaste proef van die wil. Hierdie herbeliggaming kan dus plaasvind. Maar dit is `n gebeurtenis van so `n enorme omvang, dat dit as die verskriklikste aan die mense voorgestel moet word, ofskoon dit ook `n daad van God se barmhartigheid is, omdat die geestelike na eindelose lang tye uit sy gevangenskap verlos word. Dat die menslike siel egter, nadat sy reeds eenmaal die weg oor die aarde afgelê het, weer op dieselfde aarde geïnkarneer word om tot rypheid te kom, is onwaar.
Plaas God `n siel wat reeds tot die ligryk behoort weer op die aarde, dan is dit slegs `n daad van hulp bereidheid. Want so 'n siel word `n taak opgelê wat tot verlossing van die onvrye geestelike op die aarde vervul moet word. Sodoende beliggaam `n ligwese dus homself, wat reeds die rypheid van siel verwerf het, om nou seënryk op die aarde te werk, al lyk dit skynbaar asof hy die ontwikkelingsgang net so moet aflê soos elke ander mens. `n Terugplasing op die aarde met die doel om tot volle ontwikkeling te kom, om die versuimde uit `n vorige lewe op aarde in te haal, sou nie aan die wysheid van God beantwoord nie, want dan sou die opwaarts gaande ontwikkeling daardeur onderbreek word. Die terugplasing uit die geestelike in die stoflike toestand sou `n agteruitgang beteken en dit sou `n teken wees van die verwydering van God uit eie wil, wat geen geestelike strewe sou kenmerk nie. Maar vir die wat na God strewe, is daar in die geestelike ryk waarlik genoeg moontlikhede, waar die geestelike homself kan bewys en dus ryp kan word en self opwaarts ontwikkel.
Daarenteen kan geestelik hoogstaande wesens, wat nog nie die kindskap van God bereik het nie, deur `n beliggaming op aarde met die doel van `n bepaalde missie, wat dan ook met ongelooflike swaar lewensomstandighede verbonde is, die kindskap van God bereik - wat egter steeds `n bepaalde graad van rypheid in die hiernamaals vooropstel.
Die leer van die herbeliggaming is deur mense opgestel, want dit kom voort uit hulle wense en word daarom steeds weer bepleit, terwyl die suiwer waarheid wat na die aarde gebring word, deur baie verkeerd begryp word, en daarom so verander word soos wat dit vir hulle wenslik lyk. Want die verlange na hierdie aardse wêreld is by hulle nog te groot, daarom is die gedagte om nogmaals tot die aarde te mag terugkeer vir hulle troostend en bevredigend. Maar vir die geestelike ontwikkeling van die mens is hierdie leer van die herbeliggaming `n belemmering, en daarom sal steeds weer daarteen gestry word deur die suiwer waarheid vir hulle te verbrei. AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205