Boek 32 – Reïnkarnasie
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17.

DIE AARDSE WEG VAN DIE ENGELE
B.D.6858 - 26 Junie 1957
Om die weg oor die aarde te mag gaan is ook die wens van nie gevalle wesens, wat wel in onvoorstelbare saligheid lewe, maar tog nog nie tot die hoogste volmaaktheid kan kom nie, tot die kindskap van God, waarvoor die gang oor die aarde vereis word. Die wens van hierdie wesens word ook vervul en hulle gaan nou deur matelose swaar lewensomstandighede heen oor hulle weg. Hulle sal meestal ook die laaste doel bereik, ofskoon hulle as mens nie weet waar dit vandaan kom nie.
Hulle word dikwels bomate en swaar beproef en hulle aardse lewe is ook besonder swaar en vol leed. Hulle siele is egter in toenemende mate tot liefde bereid, omdat dit van Bo kom. Daarom kom hierdie mense baie vinnig tot die insig in die doel van hulle aardse lewe, en hulle streef die doel vasberade na, ondanks `n uiterlike swaar lot, ondanks siekte en nood van allerlei aard. Om die kindskap van God te bereik, is vir hierdie wesens uit die geestelike ryk die allerhoogste doel, wat egter slegs deur die oorwinning van die afgrond bereik kan word.
Daarom sal, vernaamlik in tye van `n geestelike lae peil van die mense, sulke wesens hulleself juis laat beliggaam, om lig in die wêreld te bring waar diepe duisternis heers. Want waar `n liefdevolle mens op aarde werksaam is, sal steeds `n sagte lig skyn wat die siele van die mense weldadig sal ontroer. En die ligwese neem altyd so 'n sagte ligskynsel met haarself saam na die aarde, omdat die liefde in die siel nie meer ontsteek hoef te word nie, maar reeds as vlammetjie straal by die begin van haar aardse lewe.
Maar sulke mense sal ook meer as normaal vyandelik bejeën word en moet dit daarom ook self naleef, dus ook die wilsproef aflê wat vir elke gang oor die aarde vereis word. Want op hulle sal die teenstander sy kragte ook in besondere mate beproef, omdat hy hoop om hulle tot `n val te bring, wat hom eertyds nie geluk het nie. Die mens is egter nie weerloos aan sy mag oorgelewer nie, omdat sy geestelike vriende hom tersyde staan en hom die krag laat toekom wat hy ook altyd van God sal afsmeek. Want die verbinding met God gee `n siel van Bo nooit op nie, ofskoon dit volkome vry is in haar wil en handeling.
En in tye van geestelike vervlakking staan daar steeds weer onder die mense lig - en liefdesbodes op, mense wat hulleself openlik vir God uitspreek en vir Hom en Sy ryk besig is. Mense wat deurdronge is van Sy Gees en wat die goddelike Verlosser Jesus Christus met ywer en oortuiging verkondig. Hulle sien hulle lewensopgawe (lewenstaak) daarin, om ook die medemens na die kruis te lei, "omdat hulle die betekenis van die kruisoffer beter begryp”, en ook op hoogte is van die gevaar waarin die mense hulleself bevind. Want hulle lewe in liefde skenk hulle die insig - en daarom kan hulle ook ywerige aanhangers van Jesus Christus wees.
Juis in tye van groot geestelike nood kom hierdie helpers van Bo na die aarde, maar sonder om iets te weet oor hul afkoms. Want ook hulle moet die wilsproef aflê. Hulle moet dikwels die swaarste gang oor die aarde gaan, terwille van hulle doel, en mag daarom in geen geval van die geestelike kant so beïnvloed word dat hulle op `n gedwonge manier dink, spreek en optree nie.
Maar hulle kan steeds hulp verwag as hulle dit nodig het, omdat hulle steeds hulle weg tot God sal neem, van Wie hulle besef dat Hy hulle Vader is en wat hulle met hulle hele hart liefhet. Daarom is hulle harte voortdurend geopen vir die toevoer van krag uit die geestelike ryk en die bereiking van hul doel staan vir hul meestal goed vas en is dan slegs in gevaar, as hulle as mens op aarde bande aanknoop wat hul omlaag wil trek.
`n Val in die diepte hoef die siel nie te vrees nie. Maar die gevaar bestaan dat sy nie die hoogste liggraad sal bereik nie, ofskoon sy tog haar vorige saligheid sal behou. Maar dit is nou nie meer die geskape hemelse wese wat nie anders kan as om volgens die goddelike wil te dink, te wil en te handel nie - maar sy het nou ook oor die aarde gegaan en het ook haar vrye wil en die keuse daarvan bewys, sodat sy nou ook in die hoogste ligsfere kan ingaan om onbeskryflik salig te wees.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205