Boek 32 – Reïnkarnasie
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 12

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17.

OOR DIE BELIGGAMING VAN DIE LIGWESENS
B.D.7831 - 20 Februarie 1961
U moet My altyd Self vra vir die suiwer waarheid, dan sal u nie op dwaalweë voortgaan nie. En wederom wys Ek weer op die werke van My Gees in u, sodat u nie die gevaar loop om opvattinge as waarheid aan te neem, wat Myself nie as oorsprong het nie. Ek maak u ook altyd weer opmerksaam op die aktiwiteite van Satan in die laaste tyd voor die einde, wat stryd voer teen die waarheid met alle middele, wat die mense met lis en bedrog probeer vang wat self nie nou genoeg met My verbind is nie, en hulleself reeds deur dwaallere laat verstrik het en nie bereid is om daarvan los te kom nie. Maar Ek sal elke mens die waarheid laat toekom, wat hierdie waarheid ook ernstig begeer.
As in hierdie laaste tyd vóór die einde van "beliggaming van ligwesens" gespreek word, dan is daar ook `n geestelike missie daaraan verbonde. Want die geestelike nood op aarde is so groot, dat hierdie ligwesens hulleself bereid verklaar het om hulp vir die mense te bring. En van hierdie geestelike, vol van lig, is waarlik baie op aarde beliggaam; en hulle gaan, sonder om herken te word, hulle weg deur hulle medemens, en vervul die taak om geestelike waarhede aan die mense oor te dra, of om aan hulle `n lewe in liefde voor te lewe om tot seën van die medemens werksaam te wees, dus om hulle te help om op die ware weg te kom wat tot My lei.
Maar meestal bestaan hul taak daarin, om vir My in My wingerd te werk en sodoende vir hul medemens ware verteenwoordigers van God te wees. Leermeesters wat Ek vir My diens Self onderrig en wat dus in My plek spreek en My ware dienare is. Hulle het hulleself in die geestelike ryk self aangebied vir hierdie verlossingsarbeid en is ook deur My aangeneem, waarvoor `n beliggaming in die vlees op hierdie aarde nodig was. Maar hulle ken nie hulle afkoms nie en hulle ken nie die opdrag wat hulle vrywillig op hulleself geneem het nie, maar hulle lei, net soos elke mens, `n lewe op aarde. Slegs hulle vrye wil beweeg hulle tot hulle lewenswandel en tot hulle arbeid in die wingerd.
Hulle ken ook nie hulle verlede nie. En dit moet so wees, omdat slegs die algehele vrye wil die dryfkrag moet wees, ongeag welke geestelike missie so 'n mens vervul. Dit sou vir u waarlik nie tot seën wees om op hoogte te wees van so 'n menslike beliggaming nie, want u denke sou verward word deur My teenstander wat die swakhede van die mens ken. Hy kan maklik `n opening vind om binne te sluip waar hy maar `n vonkie hoogmoed ontdek. Van My af word so 'n beliggaamde ligwese dus geen kennis gegee oor sy afkoms nie.Tog is daar mense wat dit wil weet en hul vra nie na die oorsprong van sulke kennis nie. Maar nooit sal My Gees sulke kennis aan hulle openbaar nie, veel eerder sal daar onryp geeste aan die werk wees om dwaling te versprei. Hulle stel mense as beliggaamde ligwesens voor, ofskoon daar in werklikheid geen geestelike taak te sien is nie, anders sou hulle opdrag nie op leuens en verkeerde veronderstellings gebaseer gewees het nie.
Die ligwesens werk in die verborgenheid, of hulle tree deur hulle werksaamhede so duidelik op die voorgrond dat daar ook duidelik `n missie in My opdrag te herken is. Maar hulle sal alles wat nie volgens die waarheid is nie, afwys, en sal ook valse mededelinge uit die geestelike ryk as leuens en bedrog herken en veroordeel. Want hulle lewe in die waarheid en stry vir die waarheid, - egter nie vir valse leerstellinge wat van hom uitgaan wat My teenstander is nie.
Ek kan u mense, altyd maar net waarsku teen sy aktiwiteite in die laaste tyd vóór die einde, want hy sal nog alles doen wat moontlik is om My suiwer waarheid te ondermyn. En hy sal steeds weerklank vind by hulle wat die ongewone soek en hulleself nie tevrede stel met die suiwer waarheid, wat Ek hulle laat toekom nie. Ek sal u egter steeds weer opheldering verskaf sodra u dit ernstig begeer.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205