Boek 20 - Oor die ware gebed
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

DIE WARE GEBED: "VADER, LAAT U WIL GESKIED"
B.D. 4372 - 11 Julie 1948
Geen gebed is vergeefs wat in volle vertroue op My hulp na My opstyg nie. Want dié vertroue getuig van die geloof aan My Liefde en My Mag. En deur so `n gebed het die mens ook die regte verhouding tot My tot stand gebring, hy kom na My toe as `n kind na sy Vader. `n Vader weier sy kind egter nooit iets nie, behalwe as die kind iets vra wat geheel en al vir hom nadelig is, dan sal die Vader hom beskerm, maar die ook onderrig, sodat die kind nie in sy vertroue teleurgestel sal word nie. Dié onderrig gebeur sodanig dat daar in die mens vanself bedenkinge opkom of sy gebed wel gepas was, dat hy self twyfel of hy die reg gehad het om so `n versoek uit te spreek, en dan sal `n ware kind steeds by sy vraag toevoeg: "Vader, laat U Wil geskied."
En Ek sal inwillig wat vir hom dienstig is, en sy versoek in `n ander vorm vervul, want My Liefde sal vervul en gelukkig maak as Ek op die korrekte manier aangeroep word. En daarom moet u steeds poog om die standvastigheid van u geloof te vergroot, omdat die vervulling van welke gebed dan ook, vir u gewaarborg word. Vergrote standvastigheid van die geloof sal steeds `n verhoogde werksaamheid in die liefde met haarself meebring, verhoogde werksaamheid in die liefde verseker `n toenemende kennis en sodoende sal die mens wat vasstaan in kennis en in waarheid ook niks vra wat vir hom nadelig sal wees nie, en bygevolg steeds vervulling vind omdat hy glo.
Weet dat u nie anders kan as om in die korrekte denke vas te staan nie, sou u deur die liefde oor `n korrekte geloof beskik en in hierdie toestand `n gebed na My opstuur. En dink aan My belofte: "Vra, en aan u sal gegee word, klop en vir u sal oopgemaak word." En so mag u altyd u verlangens aan My voorlê en Ek sal u geloof nooit laat verlore gaan nie.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205