Boek 20 - Oor die ware gebed
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

GEBED IN GEES EN IN WAARHEID
B.D. 4872 -1 April 1950
In gees en in waarheid moet u bid. Dit veronderstel `n ware geloof in My vooraf, vir Wie u in die gebed aanroep en Wie u moet help. Dus moet u glo dat Ek bestaan. Dat Ek die Mag het om u te help en dat My Liefde u wil help. Dié vaste geloof laat u ook die regte woorde of gedagtes vind, waardeur u uself met My in verbinding stel. U spreek dan met My vanuit u hart - dit is geen gebed van die lippe nie, - dit is die egte samespraak met My, want u vertrou u sorg en node aan My toe en verwag `n antwoord deur die daad. U vertrou dus op My, sodat Ek u gehoor skenk. As u hierdie toestand van vertroue op My hulp tot stand gebring het, sal u nie anders as in gees en in waarheid kan bid nie en Ek sal u verhoor.
Hoe kan `n mens egter in gees en in waarheid bid, deur gebruik te maak van aangeleerde woorde. Dié saam met ander mense se lange gebede, wat nóg van aandag, nóg van innigheid getuig, omdat die hart geen kennis daarvan het wat die mond uitspreek nie, verrig niks. Hoe sou u mense kan verwag dat Ek welgevalle sal hê aan so `n gebed wat iets van alles is, behalwe `n vertroulik gebed van die kind tot die Vader. So simpel en eenvoudig soos die woorde van `n kind moet u gebed wees, sodat Ek by u aanwesig kan wees en u My barmhartigheid ervaar.
Wie so tot My spreek, die hoor en verhoor Ek, omdat Ek u die belofte gegee het: "Bid en vir u sal gegee word, klop en vir u sal oopgemaak word." Maar Ek vind geen genoeë aan verering met die lippe nie, want Ek kyk slegs in die hart wat niemand kan verberg nie. En waar die hart stom is, gaan Ek verby en nóg My Liefde, nóg My Almag gee die mens blyke daarvan dat Ek hom gehoor het. Ek wend My af van diegene wat onophoudelik bid, maar wie se gedagtes nog vir geen part deel het aan wat hulle met die mond uitspreek nie. Want almal wat so bid, ken My nog nie, omdat die korrekte insig in My Self hulle sprakeloos en vol ontsag sou laat word en in diepe deemoed innige woorde stamel, wat Ek baie goed verstaan, omdat die hart dit gespreek het, wat steeds die verbinding met My tot stand bring en wat My sal aantrek.
Slegs selde styg gebede in gees en in waarheid na My toe op en daarom kan Ek ook maar selde `n gebed vervul, ofskoon daar baie biddende mense op aarde is wat hulleself in nood bevind. Maar My ware kinders bid met die hart en sal daarom steeds sukses hê, want `n ware geloof waarborg hulle die vervulling van wat hulle vra. `n Ware geloof hou Ek altyd staande.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205