Boek 20 - Oor die ware gebed
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 18

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

GOD SE SEËN MOET AFGEBID WORD
B.D. 7603 - 20 Mei 1960
Versuim nie om My om My seën te vra nie, waarmee u ook begin, want dan toon u dat u My tot u Leidsman uitgekies het, dat u niks sal wil doen sonder My nie, dat u dus met My verbind sou wil wees. En dit verseker u ook van My seën en My leiding op al u weë.
En weet dat u geen mislukking sal hoef te vrees nie, wanneer u vooraf om My seën gebid het, dat die versoek u waarlik teen mislukking beskerm. Want ook dit wat u miskien as `n mislukking beskou, sal dan in waarheid alleen tot voordeel van u siel wees. U moet steeds maar net aan My dink, meer verlang Ek nie van u nie, maar gereeld skuif u My uit u gedagtes opsy en u begeef u dan steeds in die gevaar dat My teenstander homself daarmee bemoei en u op `n ongunstige wyse beïnvloed.
Daarteen wil Ek u waarsku, omdat u dan die weg oor die aarde vir uself verswaar, omdat u dit baie makliker kan aflê, wanneer Ek u Begeleier onderweg is en bly. En steeds weer sal u My moet vra om My bystand, want die band met My is nodig om beskerm te wees teen My teenstander, wat nie nalaat om u in die noute te bring nie. Hy het baie mag in die tyd van die einde wat net u self hom sal kan beperk, want u wil en u denke wat op My gerig is, is vir u `n groot skild in die stryd teen hom, dit is die beste wapen wat u teen hom sal kan gebruik omdat u dan My Self in u nabyheid roep, van Wie hy wegskram en bygevolg u met rus laat.
En hy stig baie verwarring, ook onder Myne, omdat hy elkeen wat aan Myne behoort, baie erg sal lastig val, en omdat sy kwellings op so `n manier geskied dat hy hulle teen mekaar ophits en homself daartussen probeer indring. En dan is alleen u band met My u redding en u sal hom kwytraak. Want uself en u wil is deurslaggewend of hy homself van u Heer kan maak. Daarom hoef u hom ook nie te vrees nie, omdat hy totaal magteloos is wanneer u wil My geld, en wanneer u uself dus aan My in Jesus in volle vertroue oorgee en My om beskerming vra. Maar hy het groot mag oor u wanneer u alleen u weg gaan sonder My en My liefdevolle leiding.
Daarom sê Ek steeds weer aan u: "Begin niks sonder om My seën eers af te smeek nie" en gee My daardeur blyke van u wil om met My verbind te wees en u sal waarlik u daaglikse werk ook onder My seën ten einde bring, en dit sal suksesvol wees. U sal in rus en innerlike vrede u weg gaan en u sal die teenstander geen doelwit meer hoef te bied om aan te val nie, want Ek gaan aan u sy, en vir My vlug hy, omdat hy My lig nie kan verdra nie, in Wie se helder skyn u uself nou bevind.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205