Boek 20 - Oor die ware gebed
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

GEBED OM BARMHARTIGHEID EN KRAG
B.D. 3714 -15 Maart 1946
As u uself innig tot My wend om die toestuur van krag en barmhartigheid, ontvang u dit ook onbeperk, al is dit soms nie onmiddellik duidelik sigbaar nie, omdat barmhartigheid en krag die siel meer beroer as die liggaam. Die mens as sodanig kan nog aan kwellings blootgestel wees, wat die siel egter nie so onaangenaam ondergaan nie, sodat die mens ook in die grootste nood rustig en bedagsaam bly, omdat sy siel sterk is en die liggaamlike teenspoed tog oorwin moet word. Dus neem Ek hierdie steeds nie van hom af nie, maar gee hom die krag om te dra wat Ek hom oplê. En hy sal niks so moeilik ervaar as `n mens sonder geloof, wat die toestuur van My krag nie verlang of afsmeek nie. Nie die teenspoed self maak die grootte daarvan uit nie, veeleer die toestand van die mens, wat, as hy sonder krag is, elke nood dubbel voel.
My barmhartigheid en krag staan u mense egter voortdurend ter beskikking en as u uself daarvan bedien, sal ook die swaarste bestaan op aarde draaglik vir u wees, en steeds tot voordeel vir u siel. Want haar omhulling word langsaam opgelos, wat bewerkstellig word deur My krag en barmhartigheid. Want sodra die mens homself by My aansluit, sodra hy homself met My verbind deur sy gebed om krag en barmhartigheid, kan Ek My Self teenoor hom uiter in die vorm van die toesending van krag, en in dieselfde mate is Ek werksaam aan sy siel, en verminder sy strewe na die materie. Want die krag van My barmhartigheid dryf die siel die gees tegemoet en weg van materiële goedere af. En daarin laat My barmhartigheid en krag hulleself voel, dat hulle die mens innerlik stabiliseer, hom van die buitewêreld losmaak en hy kontak soek met die gees in homself, en dus geestelike vooruitgang boek as hy met My ondersteuning, deur die toestuur van barmhartigheid en krag, teen die aardse nood wil ingaan. Nooit bly so `n versoek onvervuld nie, nooit vertrek `n mens met leë hande wat My met dié versoek nader nie. En hy sal ook steeds besef hoeveel kragtiger hy is na `n innige gebed tot My, ofskoon die aardse nood nog nie opgehef is nie. Maar dit het enersyds tot doel dat die mens sy swakheid en kragteloosheid insien en homself tot dié Een wend, Wie hom kan ophef, terwyl dit egter andersyds ook die geloof moet versterk wanneer daar duidelik sigbaar hulp kom nadat Ek innig aangeroep is.
`n Siel wat na My streef, trek steeds geestelike voordeel uit die nood van die liggaam, omdat sy steeds na My snel en elke innige gebed krag en barmhartigheid vir haar oplewer, wat al volgens haar toestand van rypheid, homself nou laat voel, sigbaar en voelbaar ook vir die liggaam of alleen merkbaar vir die siel, soos My Wysheid en My Liefde dit as doeltreffend beskou. Maar Ek laat niemand sonder krag, wat dit van My afsmeek nie, want elke versoek om geestelike goedere verhoor Ek, en, as dit u tot seën strek, ook die vra om aardse hulp. En so sal u My ook in die grootste nood kon gewaarword, u sal nie moedeloos of vreesagtig hoef te wees nie, as u uself vol vertroue aan My Liefde en barmhartigheid oorgee, as u `n beroep wil doen op My krag en dit deur innige samespraak met My laat sien.
Ek ken al u node, swakhede en vertwyfelinge, maar Ek wil dat u uself daarvan ontdoen in die gebed tot My, sodat u ook gewaar word wanneer dit deur My Liefde, deur die skenk van My krag en barmhartigheid opgehef word, sodat u My leer herken in alles wat u raak. Want deur die nood spreek Ek tot u, soos Ek My ook bekend maak deur die hulp. En as u innig met My verbind bly, sal geen nood u skrik aanjaag nie, al lyk dit hoe groot, omdat elke hoeveelheid krag u ter beskikking staan deur My Liefde. Ek dra sorg vir u tot aan die einde van u lewe, liggaamlik en geestelik, en as u, sonder om te twyfel, hieraan glo, sal elke vrees teenoor `n groot nood wat u voel,van u wegval, want u sal dit te alle tye te bowe kom met My barmhartigheid en My krag.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205