Boek 20 - Oor die ware gebed
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

GEBED IN DEEMOED
B.D. 3682 - 10 Februarie 1946
Tot die ware gebed hoort ware deemoed van die hart, dan eers is dit vir My welgevallig, want die deemoed teenoor My is ook `n bewys van liefde tot My; omdat die liefde nooit wil heers nie, maar inteendeel dien. En wie My dus iets met gevoelens van liefde in die hart vra, die sal ook alleen maar deemoedig voor My kan verskyn, en sy liefde beantwoord Ek en skenk hom My barmhartigheid. Wie dit egter aan ware deemoed ontbreek, sy gebed is slegs `n angsroep tot My, Wie hy wel in sy hart erken, maar nie bemin nie, omdat hy self nog geen suiwer liefde geword het nie, en omdat hy self sy naaste geen liefde betoon nie, en daarom ook van My geen liefde en barmhartigheid kan ontvang nie.
Dit is ook gereeld die rede dat versoeke onvervuld bly, want Ek verlang die deemoed van die hart, omdat dit die bewys is van liefde vir My. Deemoed van die hart skakel elke aanmatigende gedagtes en liefdelose handelswyse uit, want liefde en deemoed gaan tesame, egter nie teen mekaar nie. Daarom is `n deemoedige hart vir My welgevallig en Ek oorlaai haar met barmhartigheid en liefde.
Die diepe deemoed lê egter nie in die uiterlike manier van doen van die mens nie, want hieraan het Ek `n groot hekel. Die deemoed teenoor My kom alleen tot uitdrukking in die gebed, die deemoed teenoor die naaste in dienende naasteliefde. Uiterlike gedrag weerspieël egter gereeld deemoed, terwyl die hart niks hiervan voel nie. Maar Ek kyk na die bodem van die siel, Ek laat My nie mislei deur die skyn nie, en daarom sal die blyke van My barmhartigheid selde daar te vinde wees, waar die skyn van deemoed na buite toe gewek word, waar die medemense dink hulle sien die deemoed in gebare, die houding of deemoedig klinkende woorde.
Ek let alleen op die deemoed van die hart en aan sulke mense dink Ek (met barmhartigheid), ofskoon hulle na buite toe hulle man staan, en geen onderworpenheid ten toon stel nie. Wie egter in dienende naasteliefde werksaam is, laat homself nie daarop voorstaan nie, en bly altyd `n dienaar van die Heer, want hy vervul My gebod, hy doen soos sy Heer beveel het, hy onderwerp homself aan My Wil, sonder om daartoe gedwing te wees.
En as hy dus tot My bid, sal sy versoek netsoos dié van `n dienaar teenoor sy Heer wees, of soos dit van `n kind tot die Vader aan Wie die kind homself in liefde onderwerp, en sy sorg diep deemoedig aan Hom toevertrou, die sal nie eis nie, maar smeek, `n teken van deemoed, die erkenning van die Ene Wie sy versoek kan vervul, `n erkenning van Sy Mag en Liefde, en sy versoek sal nie onvervuld bly nie.
Bid op die goeie manier, dan sal u ook altyd verhoor word. Vra, maar eis nie. Bly diep deemoedig in u hart, sodat My barmhartigheid u kan vervul, en weet dat Ek nooit `n uiterlike teken nodig het nie, dat uiterlike tekens vir My nooit welgevallig is nie, omdat hulle maklik `n dekmantel kan wees vir diegene wat nie uitermate waaragtig is nie, wat wil mislei en wie se harte ander gevoelens het as wat dit lyk. Betoon daarom die ander ook geen agting of volg hulle na nie, maar dien u naaste in liefde en die ware deemoed van die hart sal u versier, waarin Ek welbehae vind en wat Ek met ryke barmhartigheid kan beloon.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205