Boek 20 - Oor die ware gebed
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 15

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

BID IN STILTE. GETUIENIS AFLÊ VIR DIE WÊRELD
B.D. 6012 - 30 Julie 1954
Hulle wat My aanbid, moet dit doen in gees en in waarheid. Slegs wat uit die grond van die hart kom, is My welgevallig en bereik ook My oor. Ek kyk dus alleen in die hart van die mens en slaan geen ag op die woorde wat die mond uitspreek wanneer die hart nie daarby betrokke is nie. U moet u nou volledig kan afsluit van die wêreld om met My innige samespraak te hou, dan loof u My al sonder woorde deur u wil, om met My in verbinding te tree.
Dan is dit `n swyende gebed wat u in gedagtes tot My rig, `n egte aanbidding wat u siel ryke seën oplewer, want die verbinding met My laat u in die besit kom van krag en barmhartigheid welke die siel ervaar as hulp om ryper te word.
Hierdie innige manier van bid is die egte gebed wat My welgevallig is, want dan het u vir My uit uself genader, so naby dat die krag van My Liefde, wat u steeds inniger na My toe trek, u kan aanraak. Sou u met My wil praat, dan is die taal van die mond waarlik oorbodig, want dit kan kwalik iets verberg of weerspieël wat Ek goed deursien, maar wat aan die medemens nie duidelik hoef te wees nie, om welke rede hulle hulleself maklik laat verblind en nou van hulle kant dieselfde gebedsvorm gebruik.
Gaan in die stilte, wanneer u wil bid. Trek u terug in die diepste stilte, daar sal u My baie makliker vind en met My kontak kan hê, soos `n kind met sy vader kontak het. En u sal My alles sê, sonder skroom en in kinderlike vertroue. U sal verhoring van u vrae vind, omdat u gebed alleen maar tot My oor deurdring. Want dit het Ek u verseker met die woorde: Kom na My toe, die wat belas en belaai is, Ek sal u verkwik.
Teenoor hom wat dus na My toe kom, maak Ek ook My belofte waar, en dit des te duideliker, hoe vertrouliker hy na My toe kom, hoe inniger hy homself by My aansluit en homself in stille samespraak op My verlaat. Die spreek met die mond moet deur u gebruik word om iets aan mekaar kenbaar te maak. Maar Ek het geen woorde nodig nie, want Ek weet alles. Ek kyk in u hart en lees u gedagtes en dus sal u My nie om die bos kan lei met nog sulke mooie woorde nie, netsoos daar ook geen woorde nodig is as u My wil prys en loof nie, omdat stille dankbaarheid, `n deemoedige roep tot My, `n lewe volgens My Wil, `n deur die liefde lewend geworde geloof in My, waaragtig heuglikheid en lofprysinge insluit.
Maar u moet My met die mond bely teenoor u medemense. As dit oor u ingesteldheid insake die geloof gaan, moet u uself vry en openlik vir My uitspreek, en geen vrees voel vir die gevolge van u belyersmoed nie, want hierdie getuienis moet weer `n aansporing wees vir u medemense wat nog swak in die geloof is. En tegelykertyd is dit `n blyke, dat u agter die waarheid staan, dat u nie na buitentoe `n indruk wil wek wat nie met u innerlike denke, met u oortuiging ooreenstem nie.
Steeds moet u opreg wees en My en My Naam bo alles plaas wanneer hierdie getuienis van u verlang word. Maar wat u vir My Self te sê het, kan u stil en in die verborgene aan My voorlê, want Ek wil die stem van die hart verneem, nie maar net woorde wat die mond daaruit kraam wanneer die hart nie daarby betrokke is nie. En sulke gebede het `n ongehoorde krag, wanneer hulle verenig na My toe klink, wanneer mense byeenkom om My aan te roep met `n bepaalde versoek, wanneer almal uit die grond van hulle hart dieselfde vra, dieselfde versoek na My opstuur, al is dit maar `n kort roep. Ek sal hom hoor en verhoor sodra hulle tot My bid in gees en waarheid.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205