Boek 20 - Oor die ware gebed
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

WOORDE VAN DIE VADER DIE GELOWIGE GEBED - VOORSPRAAK
B.D. 1862 -24 Maart 1941
Wie homself in volle geloof aan My toevertrou, sy gebed verhoor Ek. Die lewe sonder stryd bring geen rypheid van die siel tot stand nie, die mens moet stry en slegs dan kan hy die stryd gespaar word, wanneer hy uit eie aandrang sy hele lewe in My Hande lê, wanneer hy homself aan My toevertrou en gelowig op My hulp bou. Dan is hy soos wat Ek My kinders wil hê. Hy erken My as sy Vader, Wie se Almag en Liefde so groot is dat Hy Sy kind nie in nood sal laat nie. En hy gaan nooit alleen nie, maar hy roep My steeds aan Sy sy. Hy is nie besorg en twyfelagtig nie, maar vol vertroue. Hy vrees nie, maar glo. En dié geloof stel Ek nie teleur nie. Wie so in My glo, sal geen vergeefse versoek rig nie. Ek sal hom bystaan en sy verwagtings vervul, en daardeur sal sy geloof steeds dieper en meer onwankelbaar word.
Dit sal vrede in hom wees, want hy vrees niks meer nie, hy weet dat hy nooit alleen en verlaat is nie. En diegene vir wie die gebed bedoel is, sal die krag daarvan bemerk. Dit sal geestelike helderheid teweegbring en krag om te glo. Die mense sal nie gewaarword dat daar krag na hulle toe kom nie, en die geestelike blik sal omhoog gerig wees. Ek sal Self `n flits van insig stuur in die harte van hulle vir wie die gelowige gebed van My kinders geld. Wat hulle vra, word hulle verleen en My Liefde waak oor die swakkes en hulpbehoewendes, dat hulle nie val of verdwaal nie. Want hulle wat op aarde bid vir hulle van wie hulle hou en wat smeek vir die heil van hulle siele, stuur die krag van die gebed na die ander en dus kan die barmhartigheid aan hulle oorgebring word.
Die voorbede is `n werk van naasteliefde. Die voorspraak is die doeltreffendste middel om hulle te help. My Gees soek nou die vereniging met hulle en voer hulle na die insig. Wat die mens nie uit eie krag kan nie, dit bereik `n gelowige gebed wat vir hom na My omhoog gestuur word. En Ek ontferm My in die besonder oor hierdie siele. Ek laat hulle nie in onwetendheid nie. Ek neem hulle in beskerming met My barmhartigheid, met My Gees, want die liefde van `n mensekind smeek nie vergeefs om My bystand nie. En so, wees onbesorg, ieder gaan die weg wat hy moet gaan na sy voltooiing. Soos dit kom, so is dit goed vir die positiewe ontwikkeling van die siel. En as u My vol geloof vertrou, lei Ek u deur alle node die ewige vaderland tegemoet.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205