Boek 20 - Oor die ware gebed
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

DIE INNIGHEID VAN DIE GEBED VERSTERK DIE GELOOF
B.D. 3778 -23 Mei 1946
Die innigheid van die gebed bevorder die ontvanklikheid om My woord op te neem, en so sal u te alle tye krag en barmhartigheid toegestuur word, as u in gees en in waarheid tot My bid. En al mag die wêreld homself ook gereeld as `n skeidsmuur tussen u en My wil plaas, sal hy nie in staat wees om die verbinding wat u met My het, te verbreek nie, soos wat hulle My ook nooit kan verhinder om nader aan u te kom met die woord nie, solank u nie versuim om My om hulp aan te roep nie. Maar in die gebed tot My, moet Ek vereis, solank u nog nie so `n sterk geloof het nie, dat ook die grootste wêreldse gevaar die bewussyn van My aanwesigheid nie meer vernietig nie. Dan eers is u onlosmaaklik met My verbonde. Die swak geloof maak die band egter losser en dit moet steeds weer opnuut vaster geknoop word deur die gebed.
Maar Ek gee u die versekering dat hy nooit stukkend geskeur sal word nie, want Ek ken Myne en trek hulle na My toe, totdat hulle onafskeidbaar met My verbonde sal wees vir ewig. Wat die aarde nog te wagte staan, is so ontsettend, dat dit `n sekere krag vanuit die geloof vereis, sou die mens dit wil deurstaan, sonder om skade te ly aan sy siel. En elke aardse noodsituasie is `n voorbereiding vir hierdie tyd, wat onherroeplik sal kom, ooreenkomstig My aankondiging.
Ek lê die mensdom wel `n groot las op om te dra, Ek laat baie leed oor hulle kom, maar Ek ken ook die uitwerking daarvan en dink slegs aan die sieleheil van die mense, wat Ek wil help in hulle geestelike nood. Maar rus en vrede sal oor u kom as u diep gelowig is, en ook die grootste nood sal u geen skrik meer aanjaag, of swak van geloof laat word nie. Trag om die geloof te bereik, probeer om steeds weer die verbinding met My tot stand te bring, slaan nie so baie ag op die wêreld en haar verpligtings nie, maar verdiep u meer en meer in My woord, neem regstreeks die krag van My in ontvangs deur My woord, laat u spys en laaf deur My, sodat u met krag vervul word en geen angs meer ken nie, sodat u in die bewussyn van My aanwesigheid leef en u onbesorg aan My Liefde en barmhartigheid toevertrou.
Ek ken al u node, Ek is op hoogte van die vrees van u siel, van die angs van u hart en beoordeel alles volgens u wil, hoever dit vir My geld. En daarmee in ooreenstemming, lei Ek alle gebeurtenisse, sodat hulle u siel tot voordeel strek. Verloor nooit die innigheid van die gebed uit die oog nie, soek My in elke nood en elke gevaar, en Ek sal u roep hoor en u help. Want u moet Myne word met elke vesel van u hart, u moet die innigste aaneensluiting met My soek, sodat u geloof die krag sal bereik waar u niks meer sal vrees nie, wat daar ookal mag gebeur.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205