Boek 20 - Oor die ware gebed
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

ROEP MY AAN IN NOOD. DIEPTE VAN DIE GELOOF
B.D. 3681 - 9 Februarie 1946
In ure van nood hoef u alleen maar vol vertroue tot My te roep en Ek is nader aan u as ooit. Elke verbinding met My deur middel van gedagtes, het vir u My nabyheid as resultaat, want Ek is `n Gees wie u in die kleinste maat in uself dra. En as u geroep tot My, uit die diepte van die hart kom, is dit die geesvonk in u, wat na My, die Vadergees van ewigheid toe snel, wat nie van My te skei is nie, en wat My dus na hom toe trek. Weliswaar is Ek altyd naby u, maar merkbaar slegs dan, wanneer u wil bewustelik na My streef en u My teenwoordigheid afsmeek. En in soverre sal u My nabyheid bemerk, dat daar van binne uit `n rus oor u sal kom wat in die vaste geloof in My en My hulp sy grond sal vind.
Roep My aan in nood en Ek sal u verhoor. As u dus glo dat Ek bestaan, en dat Ek u bemin, dat niks onmoontlik is vir My Mag nie, en My Wil sal u roep ook uit u hart kom, en dan sal u, sonder om te twyfel in die vervulling van u versoek, My hulp afwag. En u sal gehelp word. Maar elke twyfel verswak die krag van die geloof, u maak dan die werksaamheid van die gees in u onmoontlik, u hinder hom self om homself na My, die VADERGEES te begewe, en hy kan dan ook nie die krag oorbring wat van My uit deur die geesvonk op u oorgaan nie.
Waarlik gelowige kinders wil Ek My eiendom noem, wat die woord van die Vader sonder enige beperking vertrou, wat hulleself aan Hom oorgee in elke nood en elke gevaar, wat nie bang is en kleinmoedig word nie, omdat hulle hulleself geborge voel in die hoede van die liefdevolle Vader. Hierdie diepte van die geloof maak u baie sterk in die gees, dit verdryf elke aardse en geestelike nood, want `n onwankelbare geloof veroorloof My om ongehinderd werksaam en voortdurend merkbaar teenwoordig te wees. Dan kan Ek ook duidelik sigbaar werk, Ek kan die onmoontlik skynende tot stand laat kom, omdat `n diep geloof `n volheid van krag tot gevolg het, waardeur die mens self, of ook die geestelike krag vir hom, oorwinnaar word van alles wat hom sorg baar.
Glo en u sal altyd gehelp word, laat deur u geloof My krag na u toe binnestroom, en u nou deur die gees in u, rus en sekerheid verskaf, want die groter wordende krag in u gaan van My uit, dit is `n uitstroming van My Self, en dus is Ek Self in en by u, na gelang die sterkte van die geloof en die innigheid van u geroep na My.
Op aarde sal u nooit kan begryp dat Ek Self, die geesvonk in u, Liefde, Krag, Lig, alles een is, dat Ek dus steeds teenwoordig is, waar die gees in u kan werk, waar liefde beoefen word, en Ek as Krag en Lig duidelik sigbaar is. Want wanneer dit alles vir u begryplik sou wees, sou u nie meer kon twyfel nie. U egter moet u beswil doen om dit te begryp, en u moet die gees in u raadpleeg dat hy u onderrig en u opheldering gee oor dit wat vir u nog onverklaarbaar is, wat u nie begryp nie.
En die gees in u sal u onderrig. En weer is Ek Hy Self, Wie u onderrig, Wie u na My toe wil trek en u die waarheid bring, sodat u die weg na My kan vind, sodat u vermoëns geestelik gerig word en u verlang om met die VADERGEES in verbinding te tree. En dan sal u geloof steeds dieper en sterker word, steeds maar sal u My herken, My voortdurende aanwesigheid sal u bemerk en in volledige rus u aan My en My leiding toevertrou. En u sal waarlik korrek gelei word op hierdie aarde, u sal die regte weg gaan, wat na die ewige vaderland lei en u doel sekerlik bereik.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205