Boek 20 - Oor die ware gebed
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 14

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

DIE AANROEP VAN LIGWESENS. STEL U VOORAF IN VERBINDING MET DIE VADER
B.D. 5675 - 13 Mei 1953
Tree met alle goeie kragte van die geestelike ryk in verbinding deurdat u hulle om hulle beskerming vra, om sorg en hulp in geestelike sowel as aardse nood. Hulle is u in liefde toegedaan en wil u steeds help, maar is ook aan die wette van die ewige ordening gebonde, sodat hulle u nie mag help, voordat u hulle self aanroep nie, omdat u wil self die invloed bepaal van goeie of kwade kragte - al is hulle nog vir My te wen – oftewel, hulle trek die krag van benede, van My teenstander, aan wie hulle hulleself gewilliger toewy as aan My, omdat hulle hulleself verkoop het aan die wêreld met haar goedere, en sodoende aan diegene wat Heer van die materiële wêreld is. En dan is hulle verlore vir ewige tye, dan word die afstand van hulle na My toe steeds groter, en elke barmhartigheidsgawe waardeur Ek wou help dat hulle tot insig kom, wys hulle af.
Waar u mense daarom nood en leed sien, is My sorg duidelik sigbaar, daar worstel Ek nog om die siele, daar het My teenstander nog nie die heerskappy bereik nie, en daarom bestaan daar nog steeds hoop dat die nood hulle die weg na My sal laat vind. En ieder mens wat homself in nood bevind, moet gewys word op die Een, Wie hom nog kan help, wanneer daar aards geen hulp meer moontlik lyk nie. Hy moet hoop op hierdie Een en tot Hom smeek, hy moet vol vertroue sy toevlug neem tot My, en Ek sal My openbaar en hom toon dat Ek die Heer is, ook oor lewe en dood.
Mense wat hulleself in groot nood bevind, neem soms ook `n les aan en gryp die reddingsanker, hulle wend hulleself tot die Een, Wie vir hulle as Redder en Helper aangeraai word. En Ek sal hulle waarlik help om die uitermate swak geloof sterker te maak. Ek sal te voorskyn kom, terwyl Ek My vroeër verborge gehou het, omdat Ek nie geroep was nie. Ek sal waarlik geeneen van My skepsele in nood laat wat smekend na My toe kom nie.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205