Boek 20 - Oor die ware gebed
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 21

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

SLEGS DIE GEBED BESKERM ONS TEEN DIE AKTIWITEITE VAN DIE TEENSTANDER
B.D. 8955 - 15 Maart 1965
Hoe meer dit na die einde toe gaan, des te hewiger sal die aktiwiteit van My teenstander wees. En u almal sal dit gewaarword, want daar sal geen dag verbygaan waarin u nie verontrus word, of op `n ander manier sy boosaardigheid sal bespeur nie. En niks sal help, as dat u bid, as dat u uself met Hom verbind, Wie gebieder is, ook oor hom Wie Hy oorwin het, deur Sy dood aan die kruis. `n Innige gebed gee u die vrede weer, wat hy van u wil roof. Want as u uself na My keer, is sy mag gebreek, al span hy homself hoe ywerig in om u in onrus te stort.
Die gevegte met hom sal steeds hewiger word, want hy laat nie na om u in die noute te bring nie, en steeds weer moet Ek u sê dat slegs die gebed u beskerm teen sy aktiwiteite. Want dan gee u blyke daarvan dat u My soek en van hom bevry wil word, en dan kan Ek ook My Mag teen hom gebruik, Ek kan hom verhinder om met sy kwellings deur te gaan, want u gee My dan self, deur u wil, die reg bo hom.
Maar in die eindtyd sal sy woede steeds sterker word en tog sal hy geen sukses hê met Myne nie, met hulle, wat met alle innigheid na My verlang en My aanroep om My beskerming. En wie sou Ek tog eerder wil beskerm, as Myne, wat altyd met My verbonde wil wees en wat hulle dienste vir My aangebied het. U moet slegs glo dat Ek ook Mag oor hom het, dat u nie weerloos aan hom oorgelewer is nie, en dat u die krag sal hê om elke aanval van hom af te weer.
En hierdie krag moet u uit My Woord haal, u moet u altyd verdiep in dié Woord, en dit sal lig om u wees, dat hy egter sal vlug en u van hom bevry is. En laat u nie gevange neem deur die wêreld nie, want dan vind sy `n opening om binne te sluip, en lok u met haar goedere. Dan het hy ook `n sekere mag oor u en u besef dit nie, omdat hy u kan mislei. Ek kan u egter dan nie te hulp kom nie, want u het u oorgegee in sy hande en My vergeet, en dan sal u moet worstel oor u innerlike band met My, en dan sal u eers ondervind wat dit beteken om uself van My losgemaak te hê, want hy hou dit vas wat hy eenmaal besit. Dog laat Ek niemand val wat ernstig na My verlang nie, hy sal slegs erg moet worstel om weer die trap te bereik waarop hy eers gestaan het.
Sorg daarvoor dat die teenstander nie die Mag oor u verkry nie, en roep My aan in u nood, want Ek is altyd bereid om te help, wanneer hierdie roep uit die hart kom. Laat die wêreld net nie die oorhand oor u kry nie, want dan sal die een u van diens wees wat die Heer van hierdie wêreld is - en dan kan Ek maar net nog wag totdat u die weg na My toe sal terugvind.
Amen

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205