Boek 19 – GOLGOTA
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23.

"EK IS DIE WEG, DIE WAARHEID EN DIE LEWE."
B.D. 6693 - 19 November 1956
‘’Ek is die Weg, die Waarheid en die Lewe.”
Julle wat smag na `n ewige lewe, moet slegs Eén ken, Jesus Christus, wat daarom egter ook erken moet word deur almal wat strewe na `n ewige salige lewe. Want Hy Self het op aarde hierdie woorde gespreek: “Ek is die Weg, die Waarheid en die Lewe."
Hy alleen kan die dood gebied om julle vry te laat, slegs Hy alleen het die dood oorwin en daardeur ook vir julle die weg na die lewe gewys, en sonder Hom sal niemand die ware weg vind en die Lewe verwerf nie . “Ek is die Weg, die Waarheid en die Lewe."
Geen enkele mens op aarde kon hierdie woorde uitspreek nie, want voordat God Self in die Mens Jesus op aarde gekom het, was daar geen weg vir die mens wat tot die Lewe gevoer het nie, omdat hy, wat die dood in die wêreld gebring het, nog nie oorwin was nie, omdat sy mag nog nie gebreek was nie en daarom die mensdom wat in duisternis was, nie bekend was met die waarheid deur die aardse lewensgang nie. Die Mens Jesus het die werk egter volbring.
Hy het met Sy teenstander die stryd aangegaan, want Hy wil vir julle mense die weg tot die lewe moontlik maak, Hy wil julle mense verlos van die dood. Want vóór Sy koms op aarde het alle mense die dood ten prooi geval. Toe Jesus op aarde gewandel het, het daar `n Lig opgegaan, en Hy het die Lig die duisternis binne gedra. Hy het die mense onderrig en hulle kennis bygebring oor dit wat hom afspeel op aarde en in die geesteswêreld. Hy het hulle die Waarheid gebring, Hy het `n Lig ontsteek in die harte van hulle wat hom gewillig aangehoor het, en Hy het hulle in Liefde onderrig.
Aan die mens moes die waarheid allereers gebring word, sodat hulle ook die betekenis van Jesus se lewe op aarde kan erken, waardeur `n einde gemaak was, deur die mees pynlike dood aan die kruis. En Hy het die ewige Lewe beloof aan hulle wat in Hom glo, wat Sy Woord aanneem as evangelie, wat Sy leer van die goddelike Liefde uitleef en so die weg gaan, waarop die Mens Jesus hulle voorgegaan het.
Hierdie mense sal die ewige Lewe verwerf. En hierdie weg voer langs die kruis van Golgota. Daar is geen ander weg tot die Lewe in saligheid as hierdie enkele Weg nie, wat die Mens Jesus gegaan het en wat na Golgota lei, omdat in hierdie Mens Jesus, God Self die Weg gegaan het na die kruis, sodat die Ewige Liefde, wat Haarself in die Mens Jesus beliggaam het, die kruisoffer kon bring.
Julle mense moet glo dat dit God Self was, Wie vir julle gesterf het, Wie verrys het na drie dae, Wie die dood oorwin het, en daarmee ook vir hom wat die dood in die wêreld gebring het. Dus moet julle God Self volg op Sy Weg, want God Self is die Waarheid en die Lewe. God Self het julle die ewige Lewe beloof en omdat hy Hom Self nie sigbaar kon maak nie, omdat die siele vroeër, en nou die sondige mense Sy aanblik nie kon verdra nie, het Hy die Verlossingswerk in die vorm van die Mens Jesus volbring.
Want die oersubstansie van God is Liefde, en die Liefde het Homself beliggaam in die Mens Jesus. Die Weg na die ewige saligheid lei slegs langs Jesus Christus. Hom moet julle herken en erken, Hom moet julle navolg, deur Hom moet julle jul laat onderrig en binnelei in die Waarheid, en slegs deur Hom kan julle binnegelei word in Sy Ryk, waar julle in saligheid vir ewig sal lewe. En alle Engelekore, alle salige geeste, alle Ligwesens, roep julle toe: Erken Hom, haas julle tot Hom, gee julle aan Hom oor, die goddelike Heiland en Verlosser Jesus Christus. En julle sal die ewige Lewe verwerf en die Lewe nooit meer verloor nie.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205