Boek 19 – GOLGOTA
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 15

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23.

DIE REGTE WEG WORD AAN DIE MENSE GETOON
B.D.6958 - 31 Oktober 1957
Ek kan altyd `n lig vir u aansteek en die weg verlig, maar u moet die weg self gaan in u vrye wil. Ek kan u wel My begeleiding aanbied, maar wederom, Ek sal dit nie aan u opdring nie, juis omdat Ek u nie dwing nie, maar u moet uself by My aansluit en My vra dat Ek dan as u Begeleier onderweg steeds aan u sy mag wees. Dan eers kan u nie verkeerd gaan nie.
Van My kant word waarlik alles gedoen om aan u die opwaarts gaan, die weg tot My, moontlik te maak. Maar tog word u nog die vryheid gelaat om na eie goeddunke te wil en te handel. Daarom faal so baie mense egter, omdat hulle hulle vryheid misbruik, terwyl hulle weerspannige wil nie gebreek word nie. Op aarde kan u die mense wel tot gehoorsaamheid dwing en u kan ook u mag aanwend waar u dink dat onregverdige weerstand gebied word. Maar My heilsplan van ewigheid sluit elke gebruik van mag uit, waar dit gaan om die terugwin van die geestelike. Want wat Ek as laaste doel wil bereik, kan slegs die vrye wil van die wese bewerkstellig.
En hierdie doel sal My liefde onophoudelik nastreef en sy sal ook die ware middele vind om die wil van die geestelike op Hom te rig, sodat dit nou weer vrywillig die weg gaan wat terugvoer na die Vaderhuis. Die liefde bereik baie en elke invloed wat `n liefhebbende wese uitoefen op `n geestelike wat nog besluiteloos is, kan suksesvol wees, en kan daarenteen moeilike terrein wen as die wese homself nog tot My teenstander aangetrokke voel.
Maar die wil van die mens word gerespekteer en daar word onafgebroke getrag om hom te wen. Aan die mense word steeds weer die weg getoon, dus `n lig ontsteek. Steeds weer word die mense met My Woord vertroud gemaak dat as die Lig van Bo helder en duidelik aan die mens sy aardse opdrag voor oë stel, en in sy helder skynsel hom die kruis van die Goddelike Verlosser laat sien.
En as die blik van die mens eenmaal op hierdie verligte weg val, dan kan sy wil ook beslis of hy hierdie weg sal inslaan en homself na die kruis begewe. Hierdie weg moet elke mens self gaan. Dit het geen nut om dit wel te sien, maar nie ook te betree nie. Dit help dus niks om kennis te neem van My Woord of van die werk van verlossing deur die Christus nie, want dit is nodig om die weg te gaan wat na die kruis van Golgota voer. My Woord moet kan opbloei, lewe, soos dit deur die mens Jesus op aarde ten volle ontplooi was, dan word ook die weg gegaan wat u mense getoon word in helder lig. En so mag geen mens glo dat dit om te ewe is welke weg hy gaan nie, geen mens mag glo om op sy weg dieselfde doel te bereik nie. En ook mag geen mens glo om sonder die ware leiding te kan gaan nie, want dan sal sy weg hom onvermydelik na die diepte voer vanwaar hy gekom het en waaruit My liefde hom reeds omhoog gehelp het.
Hy moet homself aan Myself toevertrou en om My leiding vra. Eers moet hy die weg bekyk wat hy in `n helder ligskynsel belig vir homself sien, en hy mag nie terugdeins as hy die kruis daarop sien wat hom laat sien dat hy deur leed moet gaan nie.
Hy moet steeds aan die heerlike doel dink wat slegs op hierdie weg bereik kan word, en hy moet steeds, as hy hierdie weg wil gaan, My om krag bid en homself aan My leiding toevertrou.
En hy sal dan waarlik die weg omhoog kan aflê, omdat ek hom altyd so lei dat hy by alle gevaarlike klippe verbygaan, dat hy elke hindernis maklik kan oorwin en die hoogte sonder moeite kan beklim. Want Ek sal hom steeds van krag voorsien, sodat hy nie vermoeid sal raak nie, al lyk die weg vir hom hoe steil. Maar alleen sal hy nooit die doel bereik nie, want sodra hy alleen gaan, sal `n ander hom spoedig vergesel, wat hom baie vinnig weer van die ware weg sal aflei na die diepte. Maar My liefde sal u bly volg, want My liefde gee geeneen van My skepsele op nie.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205